{"id":12657,"date":"2012-05-22T07:04:07","date_gmt":"2012-05-22T07:04:07","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12657"},"modified":"2012-05-22T07:04:07","modified_gmt":"2012-05-22T07:04:07","slug":"ons-donker-planeet-deel-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12657","title":{"rendered":"Ons donker planeet, deel 2"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><a target=\"_blank\" href=\"feuilleton-magazine-386\/kortverhale-magazine-388\/11671-ons-donker-planeet-deel-1.html\">Ons donker planeet, deel 1<\/a><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos ek grootgeword het, het my vader my al hoe meer besonderhede omtrent die rare gebeurtenis vertel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cKaio,  my seun,\u201d het hy gewoonlik ges\u00ea. \u201cOns was binne enkele ure op die  ongelukstoneel, met ons sweeftuie wat geluidloos oor die boomtakke  skeer. Ons het die swart krater gesien waar die ontploffing plaasgevind  het. Dit was steeds warm van al die energie. Van daar af het ons in  spanne uitwaarts beweeg en oral na oorlewendes of liggame gesoek. Die  grootste deel van die noordelike halfrond bestaan uit water en dele wat  as ekologies sensitief beskou word, daarom ken ons dit net van kaarte en  holografiese beelde. Dwarsdeur die woud was die dierelewe half verskrik  en onrustig en het voortdurend voor ons uit gevlug. In die middag het  dit begin re\u00ebn, daardie deurdringende stortre\u00ebn wat naby die ewenaar  voorkom en ons moes eers skuiling soek en ons ondersoek onderbreek.  Redelik laat in die nag het ons by kunsmatige lig voortgegaan toe die  re\u00ebn eers ophou.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">My  vader, soos die meeste van ons Nemiane, is \u2018n ernstige man wat byna  nooit korswel of skerts nie. Ek kon hom glo, want op Nemia word die  waarheid hoog geskat en dit is byna onbekend vir enigeen om leuens te  vertel. Teoreties bestaan leuens, of onwaarhede, maar ons leer bloot  daarvan in die wiskunde- en logikakursusse wat tuis deur ons moeders met  behulp van die holografiese netwerk gedoseer word. Soos alle Nemiane,  is my vader gewoonlik geklee in \u2018n lang, vloeiende gewaad van \u2018n wit of  ligte pastelkleur wat sag om sy lyf vou. Aangesien dit in ons sektor  byna heel jaar deur warm is, dra hy gewoonlik sandale aan sy voete, wat  van \u2018n sintetiese stof gemaak is. Ons woon in \u2018n semiwoestyngebied met  golwende heuwels, enkele kaktusse of bossies, maar feitlik geen bome  nie. Ons huis is teen \u2018n effense heuwel ver weg van ander huise gebou en  bedags terwyl ek my huiswerk doen, kan ek deur die helder venster ver  oor die dro\u00eb heuwels tuur. Ons huis behoort reeds duisende jare aan ons  familie en bestaan uit geometriese vorms wat uit klip, rots en graniet  saamgestel is. Tydens ons gesprekke, baai die ligbronne wat iewers naby  aan die dak rondsweef die gesig van my vader in sagte lig en laat sy  grys hare blink. Ons Nemiane word met reguit grys hare gebore, wat deur  mans en vroue lank gedra word, en sover ek weet was dit nog nooit anders  nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  nuus van die ruimteskip se neerstorting op Nemia het binne enkele ure  ons hele planeet aan die gons gehad. Holografiese beelde is na elke  huishouding versend en hoewel die meer grusame besonderhede van die bre\u00eb  publiek weerhou is, kon elkeen gou-gou \u2018n indruk verkry van wat aan\u2019t  gebeur was. Wilde gerugte oor die besoek van wesens uit die buitenste  ruim het die rondte begin doen, sodat lede van die opperraad van  ho\u00ebpriesters in hul bedaarde, gewigtige stemme \u2018n beroep op kalmte via  die holografiese netwerk moes doen. Selfs die etnarg, ons planet\u00eare  leier wat onder direkte gesag van God staan, het op die netwerk verskyn  en ges\u00ea dat die neerstorting van die ruimteskip die wil van God was en  dat ons Nemiane daarom die gebeurtenis met respek en ontsag moes  benader.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cAanvanklik  was ons baie gretig &#8211; maar ook half bang &#8211; om \u2018n lewende Oertoek te  vind. Maar hoe meer dooies ons te\u00ebgekom het, hoe meer het di\u00e9 hoop of  begeerte vervaag,\u201d het my vader voortgegaan. \u201cN\u00e1 \u2018n paar dae was ons so  uitgeput deur die soektog en die spanning dat ons geen hoop meer gehad  het om \u2018n lewende Oertoek te vind nie. Ook het ons nie eintlik meer  omgegee nie. Meer as enigiemand was ek as genetikus egter so opgewonde  soos \u2018n klein seuntjie op sy verjaardag. Sover as wat ek gaan, het ek  probeer om DNS-monsters van die vreemde wesens te versamel. Aanvanklik  was ek teleurgestel vanwe\u00eb die verkoolde liggame, maar soos wat ons  verder van die episentrum van die ontploffing beweeg het, het ek al hoe  beter monsters te\u00ebgekom. Ek onthou dat ek my instrumente kort-kort uit  die houers gehaal het en nog DNS in \u2018n medium vir bewaring geplaas het.  Die noodpersoneel het een liggaam na die ander in verkoelde houers begin  plaas om terug na die laboratoria in die suide te verskeep waar die  fisiolo\u00eb hulle sou ontleed. Op die ou einde was daar egter te veel  oorledenes om almal terug te neem en ons het besluit om die res bloot in  die oerwoud agter te laat sodat die natuur met hulle kon handel soos sy  met alle dooies handel.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nemia  is klein en yl bevolk. Trouens, in millennium 3 reeds het etnarg  Piotron VII n\u00e1 vergaderings van die opperraad van ho\u00ebpriesters  aangekondig dat ons bevolking nie verder as vier miljoen moet groei nie.  Van toe af word ons aanwas streng beheer en mag geen Nemiaan sonder  toestemming \u2018n vrou bevrug of mag geen vrou \u2018n kind sonder magtiging in  die w\u00eareld bring nie. Sedertdien verkeer mens en dier en plant op Nemia  in volmaakte ewewig en is daar genoeg oorlewingsruimte vir almal. Ons  glo in orde. Die heelal is volmaak deur God geskep en dit is vir ons om  die volmaakte orde daarvan te interpreteer en ons daarby aan te pas.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n  Jaar<sup>1<\/sup> het verbygegaan. Die genetici, fisiolo\u00eb, neurolo\u00eb en ander  wetenskaplikes het intussen elke aspek van die Oertoeke ontleed en tot  die gevolgtrekking gekom dat hulle diere is. Hul breingrootte is slegs  een kwart van Nemiane s\u2019n en hul intelligensie skaars ho\u00ebr as sommige  primate wie se habitat in die noordelike oerwoude gele\u00eb is. Waar hulle  aan die ruimtetuig gekom het, weet nugter, want self sou hulle nooit in  staat gewees het om so iets uit te dink nie, wat nog te s\u00ea op \u2018n lang  ruimtereis van een deel van die sterrestelsel na \u2018n ander te vertrek. En  met watter doel? Toenemend het die koms van die Oertoeke bloot vrae na  vore gebring. Niks het sin gemaak nie.<\/p>\n<h6>1. &#8216;n Jaar op Nemia is gelykstaande aan ongeveer 3 aardjare, aangesien dit die klein planeet so lank neem om om sy son te wentel.<\/h6>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/allkharkov.ua\/news\/state\/v-harkovskoi-oblasti-naznachen-rykovoditel-mestnoi-prokyratyry.html\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ons donker planeet, deel 1 Soos ek grootgeword het, het my vader my al hoe meer besonderhede omtrent die rare gebeurtenis vertel. \u201cKaio, my seun,\u201d het hy gewoonlik ges\u00ea. \u201cOns was binne enkele ure op die ongelukstoneel, met ons sweeftuie wat geluidloos oor die boomtakke skeer. Ons het die swart krater gesien waar die ontploffing &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12657\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Ons donker planeet, deel 2&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[115],"tags":[],"class_list":["post-12657","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c106-verhale"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12657","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12657"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12657\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12657"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12657"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12657"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}