{"id":12645,"date":"2012-05-20T07:05:53","date_gmt":"2012-05-20T07:05:53","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12645"},"modified":"2012-05-20T07:05:53","modified_gmt":"2012-05-20T07:05:53","slug":"ons-donker-planeet-deel-1","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12645","title":{"rendered":"Ons donker planeet, deel 1"},"content":{"rendered":"<h3 style=\"text-align: justify;\">Proloog<\/h3>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek  is gebore in millennium 1132, jaar 17, maand 2, dag 11; ons kalender  gaan nie verder terug as ongeveer 11 miljoen jaar gelede nie. Ek  veronderstel elke beskawing beskik oor sy jaar nul, sy ontstaansoomblik.  Ons planeet is baie oud, amper so oud soos die sterrestelsel en ons  son, die naaste ster waaromheen ons wentel. Hoe die w\u00eareld gelyk het in  die voortyd, voordat ons begin tel het, weet ek nie. Al wat ons het, is  die fossiele, asook die voorstellings, die hipoteses en teorie\u00eb van  wetenskaplikes.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek  voel dat ek my verhaal m\u00f3\u00e9t vertel, vir diegene wat n\u00e1 ons kom, vir my  kinders en hulle kinders en hoe ver my nageslag ook al in die toekoms  mag strek, wat seker nie te ver gaan wees nie. Want presies twee jaar  voor my geboorte, het \u2018n ongekende ramp Nemia getref. In die verafgele\u00eb  noordelike oerwoud het \u2018n ruimteskip neergestort. Daar was \u2018n groot  ontploffing wat deur die seismograwe en die holograwe opgeteken is.  Latere weergawes van die ruimteskip se noodlanding het dit aangetoon as  \u2018n min of meer ovaalvormige voorwerp wat die oppervlak van Nemia  aanvanklik egalig genader het, maar toenemend onstabiel geraak en toe  neergestort het. Enkele ure n\u00e1 die neerstorting het \u2018n groot ontploffing  gevolg wat die wrakstukke oor \u2018n wye oppervlak versprei het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">My  vader Sarius, wat toe nog betreklik jonk was, was lid van die  ondersoekspan wat na die ongeluksgebied uitgestuur is. Hy het dit  onlangs aan my in groot besonderhede vertel en my jeugdige verbeelding  het die res ingevul. Dit was amper asof ek self daar was. Of die hele  ongeluk via intydse holografiese beelde, sekond vir sekond, gevolg het.  In daardie oomblikke is die lot van ons beskawing en ons planeet  verse\u00ebl. Maar dit sou ons eers enkele jare later agterkom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  tuig was groot, groter as enigiets wat nog ooit op Nemia gebou is.  Volgens my vader kon daar tot soveel as 7 000 Oertoeke aan boord gewees  het. Agterna was daar bloot min of meer verkoolde lyke &#8211; karkasse is  miskien \u2018n meer gepaste woord, want ek beskou nie die Oertoeke as mense  of ho\u00ebr wesens nie &#8211; wat oor die ongeluksgebied verstrooi gel\u00ea het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe  die opperraad van ho\u00ebpriesters van die voorval te hore kom, het hulle  onmiddellik die span wetenskaplikes en kundiges laat saamstel, wat per  sweeftuig na die oerwoud versend is. Die werk was gevaarlik, want in die  ongerepte oerwoud het allerlei gevaarlike reptiele en roofdiere geskuil  wat die lede van die ondersoekspan kon bedreig. Ons Nemiane glo dat  alle lewensvorme heilig is en daarom mag ons nie eens die diere wat ons  aanval, doodmaak nie. Elke lid van die ondersoekspan is met \u2018n  laserskokpistool toegerus om die lastige attensies van roofdiere of  reptiele die hoof te bied.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens  die scenario wat my vader-hulle agterna saamgestel het, het die  ruimtetuig vol Oertoeke die bome se sambreeltakke eers begin breek soos  \u2018n groot bal wat daarop land en toe die grond teen ongeveer 30 meter per  sekonde getref. Onmiddellik n\u00e1 die slag was die meeste Oertoeke  binne-in die tuig dalk beseer, maar nie dood nie. Daar was sitplekke met  gordels aan wat hulle beskerm het, ook die kinders. Hul bre\u00eb, plat,  growwe gesigte moes tegelyk ontsteld en verdwaas na mekaar gekyk het. \u2018n  Geroesemoes van stemme in hul vreemde, frikatiewe taal, onderbreek deur  daardie dierlike gromgeluide wat hulle ook maak, moes losgebars het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of  die tuig se deure nog geredelik gewerk het vir die uitklimslag, weet  ons nie. Mettertyd sou sekere Oertoeke egter hul weg na buite gevind  het, al hoe verder van die gestrande ruimtetuig deur die ruie oerwoud  begin dwaal het. Moontlik sou hulle van die meer intelligente en  ondernemende tipe gewees het. Enkeles sou dalk deur \u2018n skalmoen of \u2018n  basslang aangeval gewees het. Maar gegewe die Oertoek se inherente  aggressie, sou hulle hulself met welslae teen sulke aanvalle verdedig  het, moontlik selfs die doodgemaakte kat of reptiel op die plek verorber  het, want n\u00e1 die lang reis moes hulle honger gewees het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Agterna  het ons fisici en ander wetenskaplikes intens oor die aard van die  ruimteskip se aandrywing gespekuleer. Die mees waarskynlike verklaring  daarvoor, asook vir die ontploffing binne enkele ure n\u00e1 die landing, was  dat \u2018n vorm van kernfusie die energie vir die tuig verskaf het. Hoewel  my vader van beroep \u2018n genetikus is, stel hy ook geweldig in chemie en  fisika belang. Hy en sy kollegas meen dat \u2018n vreemde, glasagtige element  die ontwerpers van die skip in staat gestel het om groot hoeveelhede  gas in \u2018n enkele bal saam te pers, wat eers \u2018n plasma sou vorm en daarna  permanent sou begin brand. Presies hoe die energie van hierdie  fusiereaktor gebruik is om die tuig aan te dryf, weet ons nie. Dit moes  \u2018n pragtige voorwerp gewees het, \u2018n kristalbal wat vir alle praktiese  doeleindes \u2018n draagbare of vervoerbare klein sonnetjie was wat hulle op  die lang reis vergesel het. Die moontlikhede wat so iets ingehou het,  was legio, want met hul eie son aan boord kon hulle ook vars voedsel  kweek. Met die hope energie kon hulle waterstof- en suurstofatome uit  die ruimte onttrek en tot water sintetiseer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vanwe\u00eb  die botsing of \u2018n fout van die bemanning &#8211; met hul klein breingrootte  is die Oertoeke nie baie intelligent nie &#8211; het die reaktor egter binne  enkele ure ontplof. Die oorblywende Oertoeke binne die skip is geheel en  al vernietig. Op die landingsplek was slegs \u2018n groot krater oor, maar  kleiner wrakstukke van die skip is oor \u2018n groot gebied in die oerwoud  gevind. Oertoeke verder van die skip af is verkool en diegene wat reeds  ver in hul verkenning van die oerwoud gevorder het, is bloot deur die  lugdruk van die ontploffing gedood sodat hul bebloede karkasse of  liggaamsdele in min of meer ongeskonde toestand op die grond of in die  blou en groen mikke van boomstamme gevind is. Dit het die span van  ongeveer honderd Nemiaanse wetenskaplikes en ondersoekbeamptes etlike  dae geneem om die gebied vir getuienis te fynkam en vir enige  oorlewendes te soek, maar geen is gevind nie.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/www.rbc.ua\/rus\/news\/harkovskoy-oblasti-prokuratura-razoblachila-1498048589.html\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Proloog Ek is gebore in millennium 1132, jaar 17, maand 2, dag 11; ons kalender gaan nie verder terug as ongeveer 11 miljoen jaar gelede nie. Ek veronderstel elke beskawing beskik oor sy jaar nul, sy ontstaansoomblik. Ons planeet is baie oud, amper so oud soos die sterrestelsel en ons son, die naaste ster waaromheen [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[115],"tags":[],"class_list":["post-12645","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c106-verhale"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12645","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12645"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12645\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12645"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12645"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12645"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}