{"id":12630,"date":"2012-05-16T16:55:20","date_gmt":"2012-05-16T16:55:20","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12630"},"modified":"2012-05-16T16:55:20","modified_gmt":"2012-05-16T16:55:20","slug":"drie-alternatiewe-sportnutsvoertuie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12630","title":{"rendered":"Drie alternatiewe sportnutsvoertuie"},"content":{"rendered":"<p>{jathumbnail off}<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met die plaaslike motormark wat so mededingend geraak het, is daar werklik hordes nuwe voertuie om vanuit te kies. Die gewildste gedeelte van die mark is sekerlik die sportnutsvoertuigsegment. Dit is nou die segment waarin voertuie soos die Audi Q5, BMW X3, Toyota Fortuner of Land Rover Discovery meeding.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons het drie sportnutsvoertuie gekies wat as alternatiewe tot laasgenoemde hoofstroomvoertuie beskou sou kon word, behalwe dan die Fortuner self wat as &#8216;n vierde keuse hier onder aangebied word.<\/p>\n<p><img decoding=\"async\" alt=\"GWM H5\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/05\/gwm%20h5%202.0%20d%20vgt%204x2.jpg\" width=\"550\" \/><\/p>\n<h3 style=\"text-align: justify;\">GWM H5 2.0 D VGT 4&#215;2&nbsp; R249 990<\/h3>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die prys van die H5-reeks is so \u2018n klein trappie ho\u00ebr gestel as die GWM Hover, maar vir baie min geld kry \u2018n mens soveel meer as in die Hover. Die spesifikasielys van die H5 lees amper soos di\u00e9 van \u2018n ML of Land Cruiser. Die H5 het \u2018n meer geronde neus en herinner nogal sterk aan die Mazda CX-7. Verder wil dit voorkom asof die H5 bietjie laer as die Hover is, maar dit is die agterste drukvlerkie op die Hover se dak wat die verskil maak. Binnelangs tref mens die grootste verskil aan. Daar is \u2018n nuwe paneeluitleg met nuwe kontroles, \u2018n raakskerminligtingstelsel, \u2018n truratkamera wat duidelik aan die bestuurder toon wat agter hom aan die gebeur is wanneer hy agteruit ry. Die H5 is van hoek tot kant toegerus met leer. Sowel sagte kontroles vir die kantruite as die klimaatbeheer is standaardtoerusting.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Enjin<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die enjin is geheel en al nuut en ons toetsmotor het met die 2.0-liter- viersilinderturbodieseleenheid gespog. Die enjin ontwikkel 110Kw en 310 Nm se wringkrag. Die H5 4&#215;2 is die intreemodel van die H5-reeks en is werklik \u2018n verbetering op die Hover 4&#215;2 wat deur \u2018n 2,4-literpetrolenjin aangedryf is en slegs 93Kw en 195Nm kon ontwikkel. Die H5 se enjin is glad en die 6-spoedhandratkas is seepglad sonder fieterjasies. Krag is beskikbaar van \u2018n baie lae toerebestek af en dit is net asof die voertuig nou baie meer selfvertroue het as die vorige Hover-modelle.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Gerief<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is meer as genoeg ruimte vir vyf volwassenes en begasie in die H5. Die rit geskied in die grootste gerief met leerbekleedsel vir die sitplekke en deurinsetsels asook die ratkierie. ABS-remme en lugsakke asook togbeheer en glybeheer is standaardtoerusting. Die voertuig se grondvryhoogte is 198mm, hoog genoeg om in die veld oor die meeste klippe te klim, maar tog gemaklik genoeg om in- en uitklim gerieflik te maak.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Op die pad<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die H5 is \u2018n groot verbetering op die Hover. Die kwaliteit en bougehalte is beter, die verpakking is beter en die enjins is beter. Wat rygerief op die pad betref, het die H5 wel verbeter, maar die voertuig voel nog bakkie-agtig. Die rit is efens harder as wat \u2018n mens van di\u00e9 tipe voertuig sou verwag. Daar is wel bakrol, maar niks wat gevaarlik&nbsp; voel nie. Die voertuig voel stabiel in die draaie en veral wanneer daar gerem word kan die gewig van die H5 gevoel word. Teen R249&nbsp;990 is die GWM H5 2.0 D VGT beslis een van die bes bewaarde geheime in Suid Afrika.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons gee die GWM H5 2.0 D VGT 4&#215;2 4 uit 5<\/p>\n<p><img decoding=\"async\" alt=\"Mitsubishi Pajero\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/05\/mitsubishi%20pajero%203.2%20di-dc%20sport.jpg\" width=\"550\" \/><\/p>\n<h3 style=\"text-align: justify;\">Mitsubishi Pajero 3.2 Di-DC Sport GLS R435&nbsp;900<\/h3>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toyota het hulle Fortuner, wat \u2018n waentjie van die Hilux is. Nissan het hulle Pathfinder wat \u2018n toe weergawe van die Navara is en Ford het natuurlik die Everest wat op die vorige generasie Ranger geskoei is. En ja, Mitsubishi het die Pajero Sport, \u2018n waentjie van die Mitsubishi Triton-bakkie.&nbsp; Al die waentjieweergawes van die bogenoemde voertuie is juis net d\u00edt en in die meeste gevalle kan dit gevoel word wanneer een van die voertuie bestuur word. Die Pajero Sport is net soos al die ander waentjies &#8211; of sal ons s\u00ea, sportnutswaentjies &#8211; die \u201clite\u201d-weergawe van die regte sportnutswaens soos die Pajero, Prado en Patrol. Laasgenoemde voertuie is van meet af aan ontwerp om luukse, groter sedanmotors met veldryvermo\u00eb te wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die sogenaamde ligte veldvoertuie is nou weer klein kompakte luikrugmotors wat ho\u00ebr op hulle aste staan en byna geen veldryvermo\u00eb het nie. Dit is natuurlik voertuie soos die Hyundai iX35, Kia Sportage en VW Tiguan. Die \u201cligte\u201d sportnutsvoertuie, dit is nou die dubbelkajuitbakkies wat waentjies geword het, val so tussen die twee groepe. Hulle is groter as die ligte sportnutse, maar kleiner as die groot sportnutse; tog luuks soos beide die klein en groot boeties, maar anders. Di\u00e9 klas voertuie laat my onwillekeurig dink aan die jare negentig se Nissan Sani-ombouings: Dit is eintlik presies wat dit is: ombouings van bakkies.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Enjin<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons het die handratweergawe van die Pajero Sport bestuur. Die enjin is dieselfde 3,2-literdieselenjin wat in die Triton gebruik word. Hier ontwikkel die eenheid net 120Kw teenoor die 118 van die Triton. Trouens die enjin word ook in die groot Pajero ingespan, maar daar stoot hy 140K uit. Wringkrag is \u2018n indrukwekkende 343Nm en ons toetsvoertuig was die handratweergawe met vyf ratte vorentoe. Die Pajero is ook vierwielaangedrewe met \u2018n laebestekratkas en ewenaarslot, dus kan die Mitshi maar in die veld gaan ry. Aangesien hierdie \u2018n gesinsvoertuig is, sou \u2018n mens dink dat hy gemaklik sal kan toer. Dit is wel die geval, maar om eers op spoed te kom, vereis nogal geduld. Togsnelhede van 140km\/u kan maklik gehandhaaf word en enige lae spoed, veral in die wildtuin waar die dieselenjin net sal luier, kan gemaklik gehandhaaf word.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Op die pad<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Pajero Sport ry heelwat sagter as die Triton, maar jy is die heeltyd bewus dat jy \u2018n bakkie\/stasiewa ry. Die gevoel wat die onderstel en die stuur aan jou gee, is net nie dieselfde as in die regte Pajero nie. Die voertuig is luuks met sewe sitplekke en van hoek tot kant met leer bedek. Daar is ABS en lugsakke vir veiligheid, sleutellose toegang, outomatiese ligte en ruitve\u00ebrs. Die agterste kantruite en agterruit is van donker glas wat nie net die insittendes beskerm teen skerp sonlig nie, maar ook teen dwalende o\u00eb. Daar is parkeersensors en misligte voor en agter, dus is hy beslis luuks.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teen R435&nbsp;900 kry \u2018n mens nogal baie motor vir jou geld. Veral as jy dink dat die Pajero \u201cLight\u201d alles bied wat jy in die groot Pajero kry, behalwe die ritgehalte, teen bykans&nbsp; R200&nbsp;000 minder.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gemeet teen die Fortuner 3.0 D-4D 4&#215;4 teen R448 600, Everest 3.0 TDci LTD 4&#215;4 teen R431 740 en Pathfinder 2.5 DCi LE teen R519&nbsp;925, is die Pajero Sport beslis \u2018n tweede kykie werd. Hy bied alles wat enige van bogenoemdes bied en is betroubaar, onses insiens baie mooier as enige van die ander ook.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons gee die Mitsubishi Pajero 3.2 Di-DC Sport 3 uit 5<\/p>\n<p><img decoding=\"async\" alt=\"Jeep Grand Cherokee Overland\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/05\/2012-jeep-grand-cherokee-overland-summit-1.jpg\" width=\"550\" \/><\/p>\n<h3 style=\"text-align: justify;\">Jeep Grand Cherokee CRD Overland<\/h3>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nee kyk, Jeep is nou regtig besig om vinnig harte te steel met die nuwe Grand Cherokee. Ons het so pas die splinternuwe dieselweergawe van die groot Jeep onder hande gehad.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos sy petrolaangedrewe boeties is die CRD, soos hy bekendstaan, ewe hardebaard, net so mooi en nou sommer heelwat meer ekonomies ook. Ons toetsmotor was die Overland-spesifikasie wat die luukser weergawe van die Limited is. Die gewone Limited is al klaar vol luukshede wat jou alledaagse lewe sommer baie makliker maak. In die Overland kry die Jeep benewens al sy standaardtoerusting wat enige van sy mededingers stof in die o\u00eb skop nog \u2018n elektroniese luikdeur wat met \u2018n knoppie oop en toe gemaak kan word, 20-duim- matafgewerke chroomallooivellings, Quadra Trac II viertrekstelsel met lugvering, \u2018n skuifglasdak met dubbele panele, \u201cSelect terrain\u201d-voertuigbeheerstelsel en Quadra-lift \u201csmart beam\u201d-hoofligte met ho\u00eb densiteit. Nie net is Nappa-leersitplekke wat ingeboude waaiers het nie, maar hulle kan sommer in die winter verhit ook. Verdere bykomstighede is \u2018n leerbedekte paneelbord met handgestikte kante, regte olyfhoutinsetsels in die stuurwiel wat verhit kan word vir daardie koue wintersoggende, sleutellose toegang, \u2018n Alpine Premium-klankstelsel met 500w-klankversterker, infrarooi- dubbele klimaatbeheer, voor- en agterste parkeergonsers, \u2018n truratkamera, U-Connect vir jou bloutandselfoon, ingeboude hardeskyf en navigasiestelsel, \u2018n aanpasbare togbeheerstelsel waar die voertuig voor jou se spoed gemonitor word en jou spoed daarby aanpas, blindekolmonitors met gonsers, agterste kruispad monitering en \u201cForward Collision Warning\u201d wat \u2018n ongeluk \u2018n seemyl ver sien aankom en jou waarsku. Dit is werklik indrukwekkend.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Enjin<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Grand Cherokee CRD word aangedryf deur \u2018n 3,0-liter- V6-dieselenjin met re\u00eblbare turboaanjaging wat 177Kw en 550Nm se wringkrag ontwikkel. Dit beteken dat jy tot 3,5 ton kan sleep. Koolstofsyfers word aangegee as 218g\/km. Vir so \u2018n groot en swaar voertuig is dit glad nie sleg nie. Brandstofverbruik, veral gesien in die lig van ons hemelho\u00eb dieselpryse, is 8,3l\/100km in die gekombineerde fase wat stads- en ooppadverkeer insluit. Dit gee die Jeep \u2018n reikafstand van 1100 km\u2026 want sien die brandstoftenk is 93,5 liter groot, eina! Dan kan die diesel-Grand Cherokee jou by 100km\/u binne 8 sekondes kry en sy asem sal eers by 210km\/u opraak.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Gevolgtrekking<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Na my mening kom die Jeep Grand Cherokee CRD Overland die naaste aan die koning van die groot sportnutsvoertuie, die Land Rover Discovery 4. As dit nie vir die Landie se sewe sitplekke en kantkameras was nie, sou ek beslis die Jeep bo hom verkies het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kyk \u2018n mens na die prys vir al hierdie veldryvermo\u00eb en luuksheid, verwag jy dat die Jeep net soos die Discovery 3.0 V6 HSE R798&nbsp;100 moet kos, of die Toyota Land Cruiser Prado R704&nbsp;300 of selfs die Porsche Cayenne 3.0 Diesel R688&nbsp;800. Nee, jy kan hierdie Jeep met alles waaroor ons hier berig het, koop teen R649&nbsp;900.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is bykans R90&nbsp;000 goedkoper as die BMW X5 xDrive 3.0d, R162&nbsp;000 goedkoper as die Mercedes ML 350 CDI, R25 000 goedkoper as selfs die VW Touareg 3.0 V6 TDI en dit is net die veel ouer en minder luukse Mitsubishi Pajero 3.2 Di-DC LWB&nbsp; teen R633&nbsp;900 wat die Jeep met R16&nbsp;000 op die pryskaartjie troef.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Jeep Grand Cherokee CRD Overland verdien sy 5 uit 5.<\/p>\n<p><img decoding=\"async\" alt=\"Toyota Fortuner\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/05\/toyota%2025d-4d.jpg\" width=\"550\" \/><\/p>\n<h3 style=\"text-align: justify;\">Toyota Fortuner 2,5 D-4D Raised Body<\/h3>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kyk net \u2018n bietjie rondom jou as jy werk toe, skool toe, kerk toe of sommer net dam toe ry. Die kans dat jy iewers verby \u2018n Toyota Fortuner gaan ry, is groter as om by \u2018n minibustaxi verby te ry. Toyota se Fortuner is op die baie suksesvolle Hilux-bakkiereeks geskoei. Net soos Mitsubishi se Pajero Sport, Nissan se Pathfinder en Ford se Everest. Die Fortuner het sewe sitplekke, dieselfde hoog aangeskrewe dieselenjin en &#8211; glo dit of nie &#8211; hy het \u2018n mooier pryskaartjie as die Hilux-bakkie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons het die intreemodel uit die Fortuner-reeks, die 2,5D-4D nader bekyk. Hierdie voertuig is slegs beskikbaar in 4&#215;2-aandrywing, maar Toyota noem hom dan ook die \u201cRaised Body\u201d want van buite gesien is hy net so hoog van die teer af as die 4&#215;4-weergawes. Teen R332&nbsp;000 is hierdie dan die goedkoopste manier om \u2018n nuwe Fortuner in jou oprit te parkeer. Dit is R116&nbsp;600 goedkoper as die volgende Fortuner, die 3,0D-4D 4&#215;4 en R9&nbsp;000 goedkoper as die Hilux 2,5D4D Dubbelkajuit 4&#215;2 \u201cRaised Body\u201d teen R341 000. Dus, wat Toyotas betref, is hierdie Fortuner goeie waarde vir geld. Puik bougehalte en \u2018n soliede veilige keuse wanneer na hierdie segment gekyk word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die binneruim is volgens Toyota in pas met die omgewing. \u2018n Amper kakiekleur wat ons baie aan die Ho\u00ebveld se grasvlaktes herhinner, is aan die binnekant gebruik. Die baba-Fortuner het nou wel nie leersitplekke of selfs smukspie\u00ebls in die sonskerms nie, maar dubbele lugsakke, elektries beheerde kantruite en spie\u00ebls, lugversorging voor en aparte verstellings agter, \u2018n klankstelsel van redelike gehalte, misligte voor en agter en sytrappe vir gemaklike toegang, is alles standaardtoerusting. Daar is ook \u2018n agterste ewenaarslot vir daardie los klipperige grondpaaie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons het die voortuig op \u2018n 1000-kilometerrit van Pretoria na Marlothpark en terug geneem. Brandstofverbruik het ons aangeteken as 8,1 l\/100km. Die ritgehalte is stukke beter as in die Hilux en die 2,5-dieselenjin voel net meer lewendig as die 3,0-literdiesel. Die enjin ontwikkel 106 KW en 343NM se wringkrag. Ons voertuig is vol gelaai met reistasse, yskaste en kos vir drie mense vir vyf dae. Ons kon gemaklik ons togspoed van 125km\/u handhaaf en plek plek waar die pad en verkeer dit toegelaat het, is 140 km\/u sonder moeite bereik. In Marloth het ons langs die rivier deur dongas en slote gaan ry met ses insittendes aan boord, baie gemaklik en sonder enige fieterjasies.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek wou glad nie van die Toyota Fortuner hou nie, juis omdat daar so baie op die pad is. Ek wou veral nie van die&nbsp; o\u00ebnskynlike \u201cgoedkoper\u201d weergawe van die Fortuner hou nie, maar as \u2018n motorjoernalis van byna 20 jaar met verskeie soortgelyke voertuie op my kerfstok, is hierdie Fortuner werklik \u2018n goeie kopie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons gee hom 5 uit 5.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/08\/31\/185370.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0438\u0433\u043e\u0440\u0435\u0432\u0438\u0447 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>{jathumbnail off} Met die plaaslike motormark wat so mededingend geraak het, is daar werklik hordes nuwe voertuie om vanuit te kies. Die gewildste gedeelte van die mark is sekerlik die sportnutsvoertuigsegment. Dit is nou die segment waarin voertuie soos die Audi Q5, BMW X3, Toyota Fortuner of Land Rover Discovery meeding. Ons het drie sportnutsvoertuie &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12630\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Drie alternatiewe sportnutsvoertuie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":12626,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[103],"tags":[],"class_list":["post-12630","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c94-padtoetse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12630","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12630"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12630\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/12626"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12630"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12630"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12630"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}