{"id":12620,"date":"2012-05-16T05:19:13","date_gmt":"2012-05-16T05:19:13","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12620"},"modified":"2012-05-16T05:19:13","modified_gmt":"2012-05-16T05:19:13","slug":"cosatu-reageer-op-da-se-uittarting","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12620","title":{"rendered":"Cosatu reageer op DA se uittarting"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die vyandigheid wat Dinsdag deur lede van Cosatu teenoor &#8216;n DA-optog in die Johannesburgse middestad gewys is, is geregverdig, het die vakbond ges\u00ea.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;DA-beleidsrigtings&#8230; sal geen nuwe werke skep nie&#8230; en [sal] lei tot die verarming en onderwerping van werkers en &#8216;n ekonomiese ineenstorting in Suid-Afrika,&#8221; het Patrick Craven, woordvoerder, in &#8216;n verklaring ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit is hoekom werkers so vyandig is teenoor [die DA-leier] Helen Zille se party en hul geregverdigde woede wil uitdruk, veral wanneer hulle gekonfronteer word in die straat buite hul federasie se hoofkantoor,&#8221; het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vroe\u00ebr Dinsdag het die polisie traangas en waterkanonne ingespan om Cosatu-lede wat die DA gekeer het om buite die vakbond se hoofkwartiere te betoog, uitmekaar te jaag. Minstens twee mense is beseer toe Cosatu-lede klippe na DA-lede gegooi het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die DA wil h\u00ea Cosatu moet sy teenkanting teen die regering se beoogde jeugsubsidies, wat volgens die DA duisende nuwe werke vir jong mense sal skep, laat vaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die DA-optog, wat deur Zille, Makashule Gana (jeugleier), Lindiwe Mazibuko (parlement\u00eare leier) en Mmusi Maimane (nasionale woordvoerder) gelei is, het vreedsaam begin.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die polisie het die groepe DA- en Cosatu-lede vir &#8216;n uur uitmekaar gehou terwyl hulle mekaar oor en weer beledig het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe klippe en stukke sement die skare in gegooi is tydens Zille se toespraak en &#8216;n DA-lid op die BBP-voertuig ernstig beseer is, het die DA teruggetrek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Craven het Cosatu-lede daarmee geluk gewens dat hulle die DA gedwing het om &#8216;n &#8220;skandelike terugtog&#8221; te maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ongelukkig was daar verwarring onder die betogers oor waar presies die DA se memorandum oorhandig sou word,&#8221; het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit het gelei tot &#8216;n konfrontasie&#8230; waartydens daar &#8216;n paar voorvalle van klipgooiery deur individue was, wat daartoe gelei het dat verskeie mense aan albei kante van die konfrontasie beseer is. Ons wens hulle almal &#8216;n spoedige herstel toe.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het ges\u00ea Cosatu veroordeel die geweld, maar het ges\u00ea die meeste van sy lede het hulself met &#8220;voorbeeldige dissipline en selfbeheersing&#8221; gedra.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons herken die DA se reg om te betoog, maar ons dring daarop aan dat Cosatu-lede &#8216;n gelyke reg moet h\u00ea om dan d\u00e1\u00e1rteen te betoog.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In &#8216;n teen-memorandum het Cosatu ges\u00ea die meerderheid van Suid-Afrika se werkers is gekant teen alle DA-beleidsrigtings, aangesien dit die belange van sy &#8220;ondersteuners in groot sakeondernemings&#8221; verteenwoordig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die basis vir al hierdie verskille l\u00ea in die feit dat terwyl Cosatu die werkersklas en die armes verteenwoordig, die DA praat vir groot sakeondernemings, die rykes en die bevoorregtes,&#8221; het Cosatu in die memorandum ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit is waarom ons geen voordeel daarin kan sien om hierdie kwessies met hulle te bespreek nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zille, wat betogers in Xhosa en Engels toegespreek het, het ges\u00ea die DA betoog in solidariteit met werklose Suid-Afrikaners.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons wil almal lewens leef wat bydra tot die samelewing. Ons wil almal onsself en ons families onderhou. Ons wil almal seker maak dat ons kinders meer geleenthede het as wat ons gehad het,&#8221; het sy ges\u00ea.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/events\/3868770\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0431\u0438\u043e\u0433\u0440\u0430\u0444\u0438\u044f<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die vyandigheid wat Dinsdag deur lede van Cosatu teenoor &#8216;n DA-optog in die Johannesburgse middestad gewys is, is geregverdig, het die vakbond ges\u00ea. &#8220;DA-beleidsrigtings&#8230; sal geen nuwe werke skep nie&#8230; en [sal] lei tot die verarming en onderwerping van werkers en &#8216;n ekonomiese ineenstorting in Suid-Afrika,&#8221; het Patrick Craven, woordvoerder, in &#8216;n verklaring ges\u00ea. &#8220;Dit &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12620\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Cosatu reageer op DA se uittarting&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-12620","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12620","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12620"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12620\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12620"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12620"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12620"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}