{"id":12606,"date":"2012-05-13T08:32:51","date_gmt":"2012-05-13T08:32:51","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12606"},"modified":"2012-05-13T08:32:51","modified_gmt":"2012-05-13T08:32:51","slug":"taalkundige-lisenkoisme-standaardafrikaans-in-die-spervuur","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12606","title":{"rendered":"Taalkundige Lisenko\u00efsme: Standaardafrikaans in die spervuur"},"content":{"rendered":"<h5 style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/02\/roodt_fbfoto.jpg\" \/>Toespraak gelewer by die jaarvergadering van die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans, Pretoria, 12 Mei 2012.<\/h5>\n<p style=\"text-align: justify;\">Baie  dankie vir die uitnodiging om vandag enkele gedagtes met die Genootskap  vir die Handhawing van Afrikaans te deel. Ons voel almal hartstogtelik  oor Afrikaans, ons unieke Wes-Europese taal wat in Afrika wortel geskiet  het. In weerwil van dekade lange diskriminasie en onregverdige  mededinging van Engels, in sowel die negentiende eeu as meer onlangs in  die sogenaamde \u201cnuwe Suid-Afrika\u201d, verseg Afrikaans om somaar te  verdwyn.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons  mag egter nie op ons louere rus nie, want die aanslag teen Afrikaans is  feller as ooit. Vroe\u00ebr vanjaar was ek stom van verbasing toe ek op 16  Maart verneem het dat sowel die SAUK as \u2018n groep taalkundiges in  die Wes-Kaap beplan om Afrikaans sogenaamd \u201cte herstandaardiseer\u201d omdat  dit glo die eerste keer verkeerd gedoen is. Met ander woorde, die  nasionale uitsaaier beplan \u2018n aanval op Standaardafrikaans.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoewel  daar oor die afgelope tien, vyftien jaar dikwels na \u201cdie taaldebat\u201d  verwys is, word daar eintlik gans te min oor Afrikaans en oor taal in  die algemeen in Suid-Afrika gedink. Taal raak elke faset van menslike  bestaan; selfs Josef Stalin van die ou Sowjetunie het dit besef toe hy  ges\u00ea het: \u201cSynde regstreeks verbind met denke, registreer taal en bring  onder woorde, en deur woorde wat in sinne saamgestel is, die gevolge van  die denkproses en prestasies van menslike kognitiewe aktiwiteit. Dus  maak taal die uitwisseling van gedagtes in die menslike samelewing  moontlik.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou  mag u dit vreemd vind dat ek sommer met die intrapslag uit Josef  Stalin, die beroemde of selfs berugter Russiese kommunis, se opstel \u201cDie  marxisme en taalkundige probleme\u201d aanhaal, maar dis nie om dowe neute  nie. Myns insiens is daar vandag twee probleme wat Afrikaans in die  gesig staar: die aanval op die standaardtaal, asook \u2018n verwante  mistasting oor die Afrikaanse taalkunde.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Albei  hierdie aanvalle op Afrikaans, di\u00e9 op die standaardtaal, maar ook die  wanopvatting van Afrikaans as een of ander vorm van kreools wat deur  taalvermenging tot stand gekom het, kan toegeskryf word aan die  revolusie wat ons in Suid-Afrika beleef. Die huidige bewind roem hom  daarop dat hy besig is met \u2018n grootskaalse transformasie van ons land  wat as die \u201cnasionale demokratiese revolusie\u201d bekendstaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vandaar  dus my beginpunt, by die Russiese revolusie en die woorde van een van  die groot Russiese revolusion\u00eare leiers, Josef Stalin, wat dertig jaar  lank &#8211; langer as enige ander leier in die ou Sowjetunie &#8211; geregeer het.  Stalin, gee dit hom toe, het hom uitgespreek t\u00e9\u00e9n die oorywerige  marxistiese taalkundiges van sy tyd wat selfs Russies aan die  kommunistiese revolusie wou onderwerp. Volgens hierdie taalkundiges,  waaronder kameraad Nicholas Marr, sou daar uiteindelik slegs een  w\u00eareldtaal wees wat proletari\u00ebrs van alle lande sou herenig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In  die uiters radikale aanslag op die Afrikaanse standaardtaal wat tans  beplan word, herken ons heelwat van die fanatieke ywer van  Sowjet-revolusion\u00eare, wat deur Stalin in sy beroemde bydrae oor die  taalkunde betig is. Marr het geglo dat daar iets soos \u201cJafetiese tale\u201d  was wat deur Noag se derde seun, Jafet, nagelaat is. Indien die  Semitiese tale na Sem vernoem kon word, en die Gamitiese tale na Gam,  het Marr gemeen dat die Kaukasiese tale, asook Baskies, na Jafet  teruggespoor kon word. Hy was verder van mening dat dieselfde  marxistiese proses waardeur lande en die w\u00eareld deur klassestryd verenig  kon word, sou veroorsaak dat alle tale uiteindelik in een w\u00eareldtaal  verenig. Terloops was Marr nie van Russiese afkoms nie, maar \u2018n Skot wat  in Rusland grootgeword en die revolusie met godsdienstige drif omhels  het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar  is twee aspekte van die huidige taalsituasie wat parallelle met die ou  Sowjetunie toon: die byna groteske behoefte aan, en aandrang, op  \u201ceenheid\u201d waardeur etniese en talige verdeeldheid oorkom moet word,  asook die manipulering van die taalkunde vir politieke doeleindes. Dit  is laasgenoemde element wat ek \u201ctaalkundige Lisenko\u00efsme\u201d noem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In  die Gerwel-verslag oor Afrikaanse universiteite van ongeveer \u2018n dekade  gelede, het prof. Jakes Gerwel vermeld dat Engels \u2018n sogenaamde  \u201cbindingstaal\u201d is en daarom geskik is om die revolusion\u00eare oogmerk van  \u2018n verenigde nasie te bevorder. Gerwel is self \u2018n marxis en heg daarom  dieselfde ho\u00eb waarde aan supranasionale eenheid, sowel in Suid-Afrika as  in die w\u00eareld. Blykbaar het hy in in 1989 in trane uitgebars toe hy op  televisie aanskou het hoe die Berlynse muur afgebreek word, wel wetende  dat dit die einde van Oos-Europese sosialisme en kommunisme ingelui het.  Daardie taalkundige en etniese verskeidenheid wat \u2018n veelvolkige of  multi-etniese staat soos Suid-Afrika kenmerk, word deur plaaslike  kommuniste as ongewens en \u2018n \u201coorblyfsel uit die pre-revolusion\u00eare  verlede wat oorkom moet word\u201d, gesien.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Waarskynlik  is daar min Afrikaners wat van Lisenko\u00efsme bewus is. Toe ek \u2018n  internetsoektog na die woord in Afrikaans loods, kom ek sowaar op een  van my eie briewe af wat ek in Februarie 2005 aan Beeld gerig het. Of  die brief destyds in die koerant gepubliseer is, weet ek nie; wel is dit  op PRAAG se Yahoogroups-poslys uitgestuur. In Augustus van dieselfde  jaar het ek \u2018n referaat by die Akademie vir Wetenskap en Kuns se  jaarvergadering gelewer waarin ek weereens na Lisenko\u00efsme verwys het.  Die definisie wat ek daar van Lisenko\u00efsme gegee het, lyk vir my steeds  so goed soos enige ander en daarom herhaal ek dit hier:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201c[Lisenko\u00efsme]  verteenwoordig naamlik &#8216;n ideologie wat wetenskapsbeoefening  ondergeskik stel aan maatskaplike doelwitte soos gelykheid of die  oorheersing van &#8216;n bepaalde politieke filosofie soos kommunisme of  Afrika-bevryding.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wie  was Lisenko? Vir diegene wat nie weet nie, verwys ek kortliks na hom.  In Frankryk, die VSA en elders is daar al etlike boeke oor Trofim  Lisenko geskryf. Die kritiek op Lisenko is feitlik universeel, want  selfs die marxistiese filosowe soos Etienne Balibar het sy vorm van  kommunistiese dwangbuis vir die wetenskap verwerp. Omdat Suid-Afrika  egter daartoe verdoem is om die foute van die Sowjetunie te herhaal,  beleef ons veral oor die afgelope tien jaar reeds taalkundige  Lisenko\u00efsme of iets soortgelyks aan Nicholas Marr se Jafetiese  taalteorie in ons land: Engels as \u201cbindingstaal\u201d en taal van \u201cnasiebou\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Lisenko  was van boerse afkoms, maar het onder Stalin \u2018n vername  landbouwetenskaplike geword wat die tradisionele genetika van Mendel  verwerp het. Hy het geglo dat plante en veral sade deur kruisteling en  temperatuurveranderinge verbeter kon word. Hy was veral geesdriftig oor  \u2018n ander Russiese plantkundige, Iwan Wladimirowitsj Mitsjoerin se  eksperimente met kruisteling. As gevolg van die rampspoedige  eksperimente met die Russiese weergawe van grondhervorming en  kollektiewe landbou in die twintigerjare, met gepaardgaande hongersnode  en volslae ontnugtering aan die kant van die Russiese kleinboere, is  Lisenko se pseudowetenskaplike teorie\u00eb as \u2018n wonderoplossing aangegryp.  Uiteindelik is hy deur Stalin tot hoof van die Sowjet-akademie vir  Landbouwetenskappe bevorder. Lisenko het onmiddellik begin om die  sogenaamd \u201cskadelike idees\u201d van plantkundiges en landbouwetenskaplikes,  wat op die ortodokse wetenskap gegrond was, met wortel en tak uit te  roei.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sommige  skrywers hou Lisenko verantwoordelik vir die vervolging en selfs  sluipmoorde op verskeie wetenskaplikes. Daarom het Lisenko se naam  dwarsdeur die w\u00eareld sinoniem met pseudowetenskap en \u2018n soort  intellektuele terreur geword.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vandag  in Suid-Afrika beleef ons natuurlik die linkse revolusie in al sy  glorie, nes in Rusland tydens die 1930s. Sommige idees word as  \u201cskadelik\u201d of \u201cgevaarlik\u201d gesien. Terwyl moord en doodslag hoogty vier  en amper soos verkeersknope of slegte weersomstandighede as \u2018n blote  lastigheid aanvaar word, word daar ywerig jag gemaak op verkeerde  taalgebruik, rassistiese woorde, oorblyfsels van \u201capartheidsdenke\u201d, en  dergelike meer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos  Gerwel reeds te kenne gegee het met sy stelling dat Engels die  \u201cbindingstaal\u201d van Suid-Afrika is, is Afrikaans nie eintlik vir die  revolusie aanvaarbaar &nbsp;nie. Daarom moet Afrikaans sogenaamd  \u201cgetransformeer\u201d word, soos trouens, die totale Suid-Afrikaanse  maatskappy: sy ekonomie, landbou, w\u00eareldbeskouing, letterkunde,  geskiedenis en so meer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie  transformasie van Afrikaans moet sowel sinchronies as diachronies  geskied. Die huidige vorm van die taal wat geskryf en gepraat word, is  vir die revolusion\u00eare nie aanvaarbaar nie, synde geskoei op wat hulle  die \u201cblanke norm\u201d noem, en moet daarom weg. Dit is ook wat die  deelnemers aan RSG se \u201cPraat saam\u201d-debat op 16 Maart 2012 ges\u00ea het. In  die idioom van Lisenko en Mitsjoerin, moet Afrikaans as\u2019t ware deur  \u201ckruisteling\u201d met ander tale, veral natuurlik Engels, \u201cverbeter\u201d of  \u201creggemaak\u201d word. Ook wat uitspraak betref, is die standaardtaal reeds  grotendeels op die radio en TV afgeskaf en word die mees groteske  uitsprake van Afrikaanse woorde, met kolossale aanvaarding van Engelse  fonologie, as die nuwe norm voorgehou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  verwoesting van ons standaardtaal word as \u2018n edele onderdeel van die  revolusion\u00eare projek gesien. Die sentralistiese beheer wat die staat oor  veral die uitsaaiwese behou, verseker dat hierdie proses met redelike  gemak aan ons opgedring word. Afrikaners het so lamsakkig geword dat  hulle blykbaar dit alles gelate aanvaar. Noem hierdie omvorming van die  standaardtaal sinchroniese Lisenko\u00efsme.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As  dit egter by die geskiedenis van Afrikaans kom, het die revolusion\u00eare  nogal \u2018n probleem. Sedert die negentiende eeu en die Eerste Afrikaanse  Taalbeweging, is die geskiedenis van Afrikaans redelik goed  gedokumenteer, vanaf die eerste afwykings van Algemeen Beskaafde  Nederlands, tot die aantal teorie\u00eb rondom die ontstaan van Afrikaans wat  in die eerste helfte van die twintigste eeu gewoed het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een van die beste oorsigte oor ons historiese taalkunde bly prof. Edith Raidt se boek <em>Afrikaans en sy Europese verlede<\/em>.  Die titel s\u00ea eintlik reeds alles: Afrikaans is \u2018n Wes-Germaanse dialek  wat uit sewentiende-eeuse Nederlands onstaan het en in die laat  negentiende en vroe\u00eb twintigste eeue tydens \u2018n soort spelhervorming  gestandaardiseer is. Tydens die twintigste eeu het ons daardie  merkwaardige opbloei van die Afrikaanse standaardtaal beleef waarsonder  Suid-Afrika se opvoedkundige, wetenskaplike, tegnologiese, juridiese en  administratiewe vooruitgang haas onmoontlik sou gewees het. Die aantal  mense wat in Suid-Afrika Engels as moedertaal praat, was eenvoudig te  min om dieselfde te vermag het. As ons na die res van Afrika suid van  die Sahara kyk, waar Engels in Oos- en Suider-Afrika byna uitsluitlik as  taal van die administrasie en van onderwys gebruik word, dan het geen  soortgelyke ontwikkeling daar plaasgevind nie. In \u2018n wesentlike sin het  die sogenaamde \u201cEngelssprekende\u201d lande van Afrika kolonies gebly wat op  allerlei maniere &#8211; hetsy kultureel, hetsy finansieel &#8211; hul afhanklikheid  van Brittanje behou het. Daar is by my ook bepaalde vrae oor die  patriotisme, of gebrek daaraan, van ons Engelssprekende landgenote, iets  wat veroorsaak dat hulle meermale hul eie belang nastreef en kwalik  bereid was tot die soort grootse nasionalistiese opoffering wat  Afrikaners in die twintigste eeu gemaak het ten einde sowel  Afrikaans as Suid-Afrika te laat ontwikkel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Steeds  &#8211; \u2018n mens wil byna s\u00ea, wonder bo wonder! &#8211; lewer die skole waar  Standaardafrikaans as opvoedkundige medium gebruik word die room van die  land se toekomstige wetenskaplikes, ingenieurs, wiskundiges,  IT-deskundiges en skrywers op. Vir die revolusion\u00eare, wat deur \u2018n  millenariese vernietigingsdrang begeester word, verteenwoordig dit \u2018n  teenrevolusion\u00eare hebbelikheid wat so gou moontlik geneutraliseer moet  word. Die huidige aanslag op Standaardafrikaans is daarom \u00f3\u00f3k \u2018n aanslag  op die opleiding, kultuur en identiteit wat die standaardtaal moontlik  maak. Soos wat Lisenko in die Sowjetmedia voorgestel is as die  verpersoonliking van die \u201ckleinboergenie\u201d wat die burgerlike of  \u201cbourgeois\u201d wetenskap met sy re\u00ebls en prosedures uitdaag, word diegene  wat Afrikaans \u201cverkeerd praat\u201d of die standaardtaal in die openbaar  afkraak vandag as taalkundige helde uitgebeeld.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat  die aard en ontstaan van Afrikaans betref, word daar deur die media en  selfs aan die universiteite onder taalkundiges, ten minste diegene wat  hulle aan die regime se grille onderwerp, die mite gevestig dat ons taal  eintlik \u2018n soort kreools soos die uitgestorwe Negerhollands is. Hoeveel  kere oor die afgelope aantal jare het ons nie al gehoor dat Afrikaans  \u201cgemaak is deur Kaapse slawe en die Khoisan\u201d nie? &nbsp;\u2018n Taalkundige van  die Potchefstroomse universiteit het enkele jare gelede by die  Voortrekkermonument verklaar dat Afrikaans \u2018n \u201cgemorstaal\u201d sou wees,  waarmee hy daarop gesinspeel het dat Afrikaans eintlik \u2018n vermenging van  tale sou wees. Hierdie mite word aktief bevorder, asof Afrikaans nie sy  Germaanse sintaksis en woordeskat behou het, in weerwil van sy  vereenvoudigde grammatika nie. Trouens, soos Raidt en ander skrywers al  aangetoon het, is die aantal leenwoorde in Afrikaans vanuit Khoikhoi,  die Bantoetale of Maleis-Portugees, so gering dat ons hulle op die een  hand kan tel. Daarteenoor bestaan daar \u2018n hele horde Franse leenwoorde  wat Afrikaans vanuit sewentiende-eeuse Nederlands behou het en wat ons  nog elke dag gebruik. Die woord \u201cfontein\u201d byvoorbeeld, wat al \u2018n  gemeenplaas van Afrikanerplek- of plaasbenamings geword het, soos in  \u201cBloemfontein\u201d, \u201cSpringfontein\u201d, \u201cBapsfontein\u201d, ens., was oorspronklik  \u2018n Franse woord. So ook \u201ckersie\u201d, \u201cmansjet\u201d, \u201csampioen\u201d, \u201cmedalje\u201d,  \u201ctrofee\u201d, \u201cdebuut\u201d, \u201cdebutant\u201d, \u201ctantieme\u201d en vele ander.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar  toenemend hou die revolusion\u00eare taalkundiges vol dat Afrikaans eintlik  \u2018n kreoolse taal is, met die implikasie dat sy kultuurtaalstatus ook in  die gedrang is. Soos prof. Anna Coetzee, nog \u2018n eertydse  Wits-taalkundige en kollega van Edith Raidt, ges\u00ea het: \u201cOor geen aspek  van Afrikaans is daar vir meer as \u2019n eeu lank al soveel en so polemies  geskryf, as oor sy graad van kreool-heid al dan nie. Politieke ideologie  word buitelands gereeld daaraan gekoppel.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit lyk amper asof ek vanoggend net uit Wits-taalkundiges aanhaal, want nog een van hulle, <a href=\"http:\/\/www.argief.litnet.co.za\/cgi-bin\/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&amp;cause_id=1270&amp;news_id=75742\">Ernst Kotz\u00e9<\/a> (tans sover ek weet verbonde aan die Universiteit van Port Elizabeth)  tipeer die huidige staatsbestel se beleid teenoor Afrikaans as \u201c\u2019n  besliste proses van destandaardisering\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie  gedagtes van Ernst Kotz\u00e9 sluit aan by die stelling wat ek enkele jare  gelede gemaak het, naamlik dat die staat teenoor Afrikaans \u2018n vorm van  \u201cnegatiewe taalbeplanning\u201d bedryf wat doelbewus daarop uit is om die  taal af te takel en uiteindelik tot niet te maak. Die huidige skuiwe  teen Standaardafrikaans verteenwoordig bloot die jongste salvo in \u2018n  proses wat reeds kort n\u00e1 1994 gemanifesteer het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Binne  die verwronge denke van die revolusion\u00eare word \u2018n aandrang op die  standaardtaal en op taalsuiwerheid onmiddellik gelykgestel aan \u2018n  versugting na rassesuiwerheid. Daar word openlik ges\u00ea dat diegene wat  aan die standaardtaal vasklou, eintlik steeds apartheid voorstaan.  Indien die slagspreuk dat Afrikaans die apartheidstaal is oor die  afgelope aantal jare ietwat afgeneem het, word \u2018n nuwe persepsie dat die  standaardtaal eintlik \u2018n \u201cproduk van apartheid\u201d is weereens aktief  bevorder.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ongelukkig  is dit so dat taal en ras in Suid-Afrika so verstrengel geraak het dat  ons die twee moeilik gaan ontstrengel. Deel van die antipatie teen  Standaardafrikaans wat hom die afgelope tyd sigbaar geraak het, spruit  uit \u2018n soort rasseressentiment jeens Afrikaners en blankes in die  algemeen. Terwyl Afrikaners hoop dat Afrikaans so wyd as moontlik  gepraat en geskryf sal word, ook deur bruin en swart, geld die  omgekeerde kwalik. Breyten Breytenbach het gepraat van die bruinmense as  die \u201chekwagters by Afrikaans\u201d wat in die taal \u2018n voertuig vir  regstellende aksie sien en toenemend blankes van gesag of invloed oor  Afrikaans wil uitsluit. Ironies geskied hierdie regstellende aksie in  Afrikaans en by Afrikaanse instellings omdat bruines van die bre\u00ebr  regstellende aksie by Engelse instellings en die staat uitgesluit word op grond van die beginsel: \u201cnie swart genoeg nie&#8221;. Dis sekerlik ironies dat vier uit  die vyf Afrikaanse universiteite in die land (Stellenbosch, Kovsies,  Tukkies en die voormalige RAU) tans deur bruin rektore geregeer word. Nie  net beskik sulke rektore gewoonlik oor groot ego\u2019sn (en salarisse) nie, maar onder hul  heerskappy het daardie instellings ook teen \u2018n rasende vaart verengels  omdat hulle eenvoudig nie omgee vir Afrikaans nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Deel  van die polemiek rondom ras, taal en Afrikaans kan teruggevoer word na  die Amerikaanse kultuuroorlog, oftewel \u201cculture war\u201d, aangaande Standaardengels in die VSA. Daar word reeds geruime tyd ges\u00ea dat \u201cBlack  English\u201d \u2018n dialek of sosiolek van Amerikaanse Engels verteenwoordig en  daarom erkenning behoort te geniet. Swart Amerikaanse kinders mag nie op  skool vir taalfoute gepenaliseer word nie. Oor die algemeen word die  gebrekkige skoolprestasie en ho\u00eb uitvalsyfer van swart leerlinge insgelyks aan  diskriminasie teen hul variant van Engels en rassistiese blanke  onderwysers toegeskryf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n  Aansienlike aantal bruin akademici in Suid-Afrika het in die VSA  gestudeer of staan onder invloed van die denke wat in die sogenaamde  \u201cBlack Studies\u201d-departemente aan Amerikaanse universiteite gepropageer  word. Trouens, hoewel die Naspersgroep in sy koerante dikwels na \u201cbruin  intellektuele en skrywers\u201d verwys, verwerp leidende figure in daardie  groep juis die term \u201cbruin\u201d en beskou hulself as \u201cswart\u201d. Deur swartheid  te omhels, word hulle deel van die groter Afro-Saksiese kultuur en  beweging, in die VSA, maar ook elders op die Afrikakontinent.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  aandrang op die transformasie van Afrikaans en die hernormering van die  taal weg van wat die \u201cblanke standaard\u201d genoem word, kan dus aan so \u2018n  eksplisiete swart selfbewussyn, \u201cmade in the USA\u201d, teruggevoer word. Die  nuwe, revolusion\u00eare Afrikaans van die toekoms, moet \u2018n soort swart  Afrikaans na die model van \u201cBlack English\u201d wees wat van die huidige  \u201csuiwer en Nederlandse\u201d standaardtaal afskeid sal neem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit  ly geen twyfel dat die Afrikaanse standaardtaal, sowel vir Afrikaners  as nie-Afrikaners \u2018n spesifieke identiteit uitdruk nie. Soos Anna  Coetzee dit in die slotwoord van haar artikel oor \u201cAfrikaans,  kreools-dialektiese kerne, identiteit en literatuur\u201d stel:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cElkeen  van ons beweeg elke dag in \u2019n multidimensionele taalruimte. Ons talige  keuses daaruit word soms deur sosiaal-politieke magte gedetermineer en  soms doodnatuurlik deur universeel-pragmatiese tendense. Die talige  keuses wat ons maak, is gedurig maar \u2018acts of identity\u2019 en hulle is baie  belangrik.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir  baie van ons verteenwoordig Standaardafrikaans miskien die enigste  aspek van \u2018n vertroude pre-revolusion\u00eare w\u00eareld en identiteit wat vir  ons oorbly. Die res van die samelewing is reeds getransformeer en met  die nuwe kultuur en identiteit ingevul. In sommige opsigte  verteenwoordig Standaardafrikaans dus \u2018n soort \u201claaste loopgraaf\u201d in die  Afrikaner se identiteitstryd. Verloor hy dit, hou hy op om te bestaan  en kan hy net sowel emigreer en in Australi\u00eb of Kanada gaan verengels  soos vele al doen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  slagordes is reeds opgestel. As \u2018n mens Magdaleen Kruger, die hoof RSG  kan glo, is daardie organisasie reeds verbind tot die transformasie van  Afrikaans en die geleidelike afskaffing van die huidige standaardtaal.  Vanuit die Kaap en gedra deur die magtige Kaapse mediagroep, Naspers,  kom \u2018n golf van anti-Afrikanerressentiment wat die standaardtaal as \u2018n  stuk rou senuwees van die Afrikaner sien wat verder gepynig moet word.  Afrikaners verkeer reeds teen die planke in die sosiopolitieke kryt en  daarom moet die uitklophou nou geplant word deur Standaardafrikaans te  vernietig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een  van die absurdste gebruike van RSG is die afskaffing van die beleefde  voornaamwoordvorm. Almal, selfs ministers, regters of ouer persone, word  voor die voet getutoijeer of ge-jy-en-jou. Blykbaar gaan dit daaroor om  Afrikaans nader aan \u2018n kreoolse norm te kry. Een argument wat ek op die  lug gehoor het, is dat Engels sy \u201cthou\u201d verloor het, daarom behoort  Afrikaans ook daarmee weg te doen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tydens  die RSG-&#8220;Praat Saam&#8221;-debat op 16 Maart 2012, het Magdaleen Kruger, die  hoof van RSG, ges\u00ea :<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die radio, die Afrikaans by die openbare uitsaaier,  is destyds in \u2018n mate, by gebrek aan \u2018n ander woord, gekaap deur  daardie groepie wat die Afrikaans van daardie tyd gestandaardiseer het.  Ongelukkig is daardie kaping nou nog nie heeltemal opgelos nie. En dit  is tot \u2018n mate \u2018n probleem, dat ons die wit Afrikaanssprekers nog moet  help bevry &#8211; ek is een van die wit Afrikaanssprekers &#8211; dat ons moet kyk  na \u2018n nuwe standaardisering van Afrikaans&#8230; Ons is nog te vasgevang in  die Standaardafrikaans wat eintlik nog van vroe\u00ebr jare kom toe daardie  Standaardafrikaans die media gekaap het.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Magdaleen  Kruger het ook \u2018n beroep gedoen op Gerda Odendaal, \u2018n taalkundige en  Ph.D.-student aan die Universiteit van Stellenbosch om \u2018n \u201cnuwe,  gestandaardiseerde Afrikaans\u201d te skep. Kruger het ges\u00ea: \u201cGerda, as julle  ook die leiding daar kan neem, dit sal fantasties wees, dit sal baie  help en ons het dit verskriklik nodig. So vir my is dit belangrik dat \u2018n  nuwe, gestandaardiseerde Afrikaans kom wat dan op \u2018n sekere vlak  gebruik kan word en dat die radio ook vir die wye verskeidendheid  Afrikaans voorsiening kan maak. Maar van die radioluisteraars sal  kopskuiwe moet maak, aan beide kante.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  \u201cverskeidenheid Afrikaans\u201d waarvan daar hier gepraat word, het niks met  streeksverskille of dialektiese verskille te make, soos hoe Duits in  Duitsland byvoorbeeld van Duits in Oostenryk verskil nie, maar met die  kreoliseringsproses waardeur Standaardafrikaans deur Engfrikaans of  Engels-kreools vervang moet word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  vraag is hoe diegene wat met Standaardafrikaans en ons hele liter\u00eare  tradisie identifiseer daarop moet reageer? Oor die algemeen word \u2018n  aandrang op taalsuiwerheid egter as verstok of outyds voorgehou en weens  die invloed van Amerikaanse Engels praat \u2018n groot deel van die jeug  reeds \u2018n vorm van kreools so reg na die regime se  hart.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toynbee skryf iewers in sy <em>Study of History<\/em> oor die verskynsel van dekadensie en kulturele verval wat deur eeue en  millennia heen sekere beskawings en tydperke gekenmerk het. Dat  Suid-Afrika vandag in \u2018n klassieke sin \u2018n dekadente maatskappy is, kan  kwalik ontken word. Steeds volgens Toynbee, ervaar mense wat tydens  oorgangstydperke tussen voortreflikheid en dekadensie leef \u2018n geweldige  frustrasie, smart en sinneloosheid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  meeste Afrikaners wat v\u00f3\u00f3r 1994 op skool of universiteit was en vir wie  Standaardafrikaans \u2018n onaantasbare gegewe was, beleef vandag \u2018n intense  gevoel van vervreemding en van byna universele dekadensie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos  patrisi\u00ebrs tydens die meer dekadente jare van die Romeinse Ryk, kan ons  bloot nostalgies mymer oor d\u00edt wat was en met verbasing die  oppervlakkige vertoon van ons tyd gadeslaan. Of ons fulmineer tevergeefs  oor anglisismes, domheid en gebrek aan kennis van die standaardtaal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vandag  praat die hele Suid-Europa kreole van Latyn. Met die verlies aan sy  Germaanse leksikon en grootskaalse invoer van Franse leenwoorde tydens  die Normandiese inval, is tagtig persent van Engels ook maar eintlik  kreools-Latyn. Dus leef Latyn, die uitgestorwe taal, in die kreole  voort. (Desnieteenstaande &#8211; en dis iets wat Anna Coetzee ook opmerk &#8211;  word daar n\u00earens in die taalkunde na Frans, Duits, Italiaans of Spaans  as \u201ckreoolse tale\u201d verwys nie, want natuurlik het hulle sedert die  Renaissance kultuurtale geword.)<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar  is egter nog iets wat die vergange Romeinse republiek aan die w\u00eareld  nagelaat het: satire. Di\u00e9 vorm van letterkunde word allerwe\u00eb gesien as  \u201cdie weerwraak van die patrisi\u00ebr op die plebejer\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Te  midde van soveel vulg\u00eare mense wat so verkeerd praat en skryf, as hulle  selfs in staat is om te skryf, is daar vandag in Suid-Afrika genoeg  stof vir satire om geslagte Afrikaanse skrywers, dramaturge en  filmmakers besig te hou. Spot en humor is gedugte wapens in die  taalstryd wat ons nog nie na behore benut het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  geskiedenis van moderne kreole wat standaardtale oorwin het, is egter  ook taamlik kort, sover my wete strek. In \u2018n hoogs tegnologiese tydvak,  kan tale of sosiolekte sonder \u2018n tegniese woordeskat kwalik met  gevestigde standaardtale meeding. Afrikaans is een van die tale wat  algemeen op die internet gebruik word en staan op die vooraand van \u2018n  digitale ontploffing as die totaliteit van ons geskrewe letterkunde  waarskynlik op die internet of in e-boekvorm toeganklik gaan raak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In  di\u00e9 opsig is ek optimisties dat ons die huidige taalstryd gaan wen en  dat Standaardafrikaans kwalik die onderspit teenoor Lisenko\u00efsme gaan  delf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar  dis belangrik dat ons hier en daar \u2018n goeie satire oor die  selfversekerde revolusion\u00eare en hul quijotiese transformasieprojek moet  skryf.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/11\/08\/191249.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Toespraak gelewer by die jaarvergadering van die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans, Pretoria, 12 Mei 2012. Baie dankie vir die uitnodiging om vandag enkele gedagtes met die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans te deel. Ons voel almal hartstogtelik oor Afrikaans, ons unieke Wes-Europese taal wat in Afrika wortel geskiet het. In weerwil van &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12606\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Taalkundige Lisenko\u00efsme: Standaardafrikaans in die spervuur&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":11943,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-12606","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12606","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12606"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12606\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/11943"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12606"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12606"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12606"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}