{"id":1260,"date":"2008-02-07T11:36:08","date_gmt":"2008-02-07T11:36:08","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=1260"},"modified":"2008-02-07T11:36:08","modified_gmt":"2008-02-07T11:36:08","slug":"belydenis-van-n-volksverraaier","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=1260","title":{"rendered":"Belydenis van &#8216;n volksverraaier"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-family: Arial\">As die skok en verbystering van so &rsquo;n uitspraak nou eenmaal weggesak het, kan &rsquo;n mens weer probeer om die nugterheid van hierdie stelling te ontleed. Het De Klerk werklik so &rsquo;n lae dunk van sy eie leierskapsvermo&euml;, of van di&eacute; van sy volk, of weet hy iets wat ons nie weet nie? <\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-family: Arial\">Dit is in elk geval verstommend om te sien hoe iemand wat so woedend was in Oslo oor Mandela se haatlike uitsprake teen sy regering tydens die Nobelprysdinee so maklik verkneg is deur sy nuwe meesters. Ek dink so &rsquo;n uitspraak mag selfs swartes met ongeloof vervul om te sien hoe die groot, gevreesde NP-regering eintlik uit sulke papbroekerige wesens bestaan. Dis nou duidelik dat die destydse &ldquo;Bullying, militant hierarchy&rdquo; &ndash; om Jeremy Cronin se woorde te leen &#8211; niks meer as &rsquo;n papiertier was nie.&nbsp;&nbsp; <\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-family: Arial\">De Klerk se uitspraak dui moontlik op &rsquo;n vrees dat as die oorgawe nie plaasgevind het nie sou Suid-Afrika in &rsquo;n oorlogstoestand verval het na die ineenstorting van die Berlynse Muur. N&aacute; die val van Kommunisme in die Oosbloklande was daar o&euml;nskynlik geen morele regverdiging meer gewees vir Suid-Afrika se segregasiepolitiek nie. Om egter so &rsquo;n uitspraak te maak nadat diktator Mugabe die blankes van sy land verdryf het en glad nie omgee dat hy sy hele ekonomie verongeluk het nie, maak De Klerk se uitspraak behoorlik w&ecirc;reldvreemd. Dit lei die res van die w&ecirc;reld wat na hom luister ook op &rsquo;n dwaalspoor oor die ware gesig van (Suid-)Afrika.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-family: Arial\">Toegegee. Die belangrikste rede waarom apartheid ongedaan gemaak is, was nie soseer moraliteit of druk van buite nie, maar vanwe&euml; demografie. In die periode 1900 &ndash; 1960 het die blanke volksdeel &rsquo;n goeie 20% van die bevolking uitgemaak. Onder sulke omstandighede is dit nog moontlik vir so &rsquo;n klein bevolking om soveel swartes te administreer. Daarna het die aantal swartes die blankes vinnig ingehaal en vandag vorm die blankes net minder as 10% van die bevolking, volgens die CIA se <em>World Factbook<\/em>. Vanwe&euml; die toevloei van onwettige immigrante is hierdie syfer moontlik oorskat.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-family: Arial\">Die Nederlandse joernalis Willem Oltmans het in die vroe&euml; negentigerjare met PW Botha gekorrespondeer oor die verwikkelinge in FW se kabinet, en as reaksie op Oltmans se brief antwoord Botha dat hy saamstem met Oltmans se ontleding dat De Klerk besig is om Suid-Afrika op &rsquo;n ramp te laat afstuur. Later sou Botha aan Cliff Saunders verklap dat Mandela vir Botha gevra het om terug te keer na die politiek in De Klerk se plek. Mandela, die groot vredessimbool, het kennelik meer tyd gehad vir die Groot Krokodil as vir De Klerk.&nbsp;&nbsp; <\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-family: Arial\">De Klerk meen verder dat dit &rsquo;n valse vergelyking is om die voordele van v&oacute;&oacute;r 1994 te vergelyk met dit wat sleg is n&aacute; 1994. Met ander woorde die babaverkragtings, volksmoord op die boere, misdaad, kennisdiaspora, onwettige immigrasie, kragonderbrekings en algemene maatskaplike verval is veel beter as dompaswette, daaglikse brood, lae werkloosheid- en misdaadsyfers, asook algemene wetlikheid en orde. Die ANC het gelyk gehad om met terreur, halssnoermoorde, intimidasie, verwoesting en derglike praktyke aan die mag te kom. As die outeurs van die Kerkstraatbom byvoorbeeld stel dat hulle spyt was oor die burgerlike lewens wat vernietig is deur hul daad, maar die beweging nou eenmaal vereis het dat sulke gruwelhede moes plaasvind, dan spreek dit volgens De Klerk van &rsquo;n ho&euml;r vorm van moraliteit as om hierdie dade te probeer voorkom. <\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-family: Arial\">Af en toe dryf daar argumente rond wat voorhou dat apartheid in wese goed, maar die toepassing daarvan verkeerd was. Dis dikwels die somtotaal van introspektiewe denke oor Suid-Afrika se verlede. Niemand betwyfel egter die manier waarop die ANC hul magsbasis gekonsolideer het nie. Dit is in wese geoorloof om swart skoolkinders te mobiliseer teen blanke magshebbers, hul skole en ouerlike gesag te verwerp en chaos te saai pleks van die voordele wat hulle gehad het te benut en hul lewensstandaard te verbeter. Iets wat nie baie bekend is nie, is dat selfs die aangename, innemende Desmond Tutu swart bediendes opgeroep het om hul blanke werkgewers te vergiftig. Het Tutu ooit die hand in eie boesem gesteek hieroor toe hy die WVK gelei het? Met hierdie wete in gedagte, vind hy dit vreemd dat so baie blankes nie wou &ldquo;transformeer&rdquo; nie? <\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-family: Arial\">Terwyl al hierdie dade van terreur plaasgevind het, het die ANC nog nie eens 2% van die swart bevolking agter hulle gehad nie. Die sluwe magshebbers aan die linkerkant van die politiek het hul Machiavelliaanse les baie goed geleer, naamlik dis beter om gevrees as gelief te word. Immers, as jy gevrees word, gaan mense jou oor die algemeen vriendlik behandel; gaan vra maar gerus vir Kim Jong-Il. As rewolusion&ecirc;re organisasie het die ANC maar bitter min tyd vir praatjies oor samewerking, kompromisse sluit, onderhandel, eindelose debatte en derglike. Hulle is nie ge&iuml;nteresseerd om ander se belange op die hart te dra nie, net so af en toe om die skyn te wek dat hulle wel omgee.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-family: Arial\">Noudat blank Suid-Afrika &ldquo;so magteloos soos Jode in (Nazi-)Duitsland is&rdquo;, om NP van Wyk Louw se uitdrukking te leen, probeer De Klerk aan ons voorhou dat dinge nou beter gaan. &rsquo;n Mens wonder of De Klerk bewus is van die feit dat die linkses nog steeds in die nasleep van kommunistiese ideale verkeer wat meen dat apartheid en Sionisme misdade teen die mensdom is. Streng gesproke beteken dit dat Afrikaners en Jode nie oor hul eie soort mag regeer nie, anders word hulle gehoon as verkrampte rassiste wat &rsquo;n ernstige misdryf begaan. Hulle moet blykbaar versink tot magtelose minderhede, onderworpe aan volksvreemde leiers wat nie gunstig gestem is oor hulle belange nie.&nbsp; <\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-family: Arial\">Afrikaners en Jode (of beter gestel: Isra&euml;li&rsquo;s) is hardwerkende, Westersgesinde minderheidsgroepe wat die nadeel het dat hulle hulself te midde van &rsquo;n groot aantal nomadiese volke bevind. Nomadiese volke swerf na waar ook al hulle die meeste hulpbronne kan vind en hul kanse op oorlewing die beste is, en swerf weer verder sodra die hulpbronne uitgeput is. Westerse volke werk hard, dink vooruit en probeer die gebied waarin hulle woon om te skep na hul hand. Dit kos baie moeite, risiko en inspanning, maar uiteindelik het dit &rsquo;n positiewe effek op die algemene welsyn. <\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-family: Arial\">Is die situasie nou werklik beter, soos FW beweer? In nomadiese volkere, waar kompetisie om skaars hulpbronne aan die orde van die dag is, is lidmaatskap van &rsquo;n bepaalde groep van lewensbelang. Dit maak dat al die groepslede onderling hul vaardighede, voedsel en derglike gelyk onder mekaar verdeel, en lidmaatskap word streng gekontroleer. Enige vorm van afwyking word swaar gestraf omdat die hele groep daaronder kan ly. Dit beteken ook dat vreemdelinge wat nie tot die groep behoort nie gewantrou moet word. Hulle is nie daar om te deel met die groep nie, maar om te kompeteer. Die voedselskaarste wat Suid-Afrika tans ondergaan, gaan hierdie tendens hoogs waarskynlik versterk &hellip; en die blankes verder in gevaar stel. <\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-family: Arial\">Ek hoop FW hou rekening hiermee as hy beweer dat dinge nou beter gaan word. Swart volkere se kultuur en leefwyse het ontstaan in toestande van konstante ontberings waar mededinging om skaars middele aan die orde van die dag is. Gevolglik is hulle beter aangepas in omgewings waar armoede, wantroue en onsekerheid heers. Blankes daarenteen steur hulself meer aan kragonderbrekings, vervallende infrastruktuur en derglike Westerse aangeleenthede. Miskien is die huidige skaarste wat gekweek word juis &rsquo;n manier om swartes en blankes saam te verenig in ellende, soos in die geval van Distrik Ses destyds.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-family: Arial\">Hoe dit ook al sy, dink ek nie De Klerk het baie Afrikaanse aanhangers nie &hellip; en ook nie veel swart aanhangers nie. Miskien is dit wat hy eintlik bedoel met &ldquo;beter&rdquo;.<\/span><\/p>\n<p>  <!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\/\">\u0434\u0435\u0442\u0441\u043a\u0438 \u0438\u0433<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/declarations.com.ua\/declaration\/nacp_6db6853a-316d-40e3-b386-777573bedb6b\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0430<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><em><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/Secreveklsw.JPG\" width=\"89\" height=\"109\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>Met al sy foute is die nuwe Suid-Afrika &#8216;n veel beter plek as wat dit sou gewees het indien ons aan die mag vasgeklou het<\/em><span style=\"font-family: Arial\">.&nbsp;&ndash; F.W de Klerk<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-family: Arial\"><a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/www.news24.com\/Beeld\/In-Diepte\/0,,3-67_2263085,00.html\">So s&ecirc;<\/a> die laaste blanke president <\/span><span style=\"font-family: Arial\">van Suid-Afrika. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">Ek kan nie help om te dink wat deur sy gedagtes moes gegaan het toe hy hierdie uitspraak gemaak het nie. Nie net is hy besig om &rsquo;n bespotting te maak van sy eie vermo&euml;ns om as leier te fungeer nie, maar as leier in &rsquo;n Afrikaland vertoon sulke uitsprake &rsquo;n swakheid wat &rsquo;n mens duur te staan kan kom. De Klerk adverteer homself as swak, ruggraatloos en selfs <em>genocidaire <\/em>jeens sy eie volk.<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[43],"tags":[1186,157,21092],"class_list":["post-1260","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c24-joseph-secreve","tag-belydenis-van-n-volksverraaier","tag-joseph-secreve","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1260","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1260"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1260\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1260"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1260"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1260"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}