{"id":12575,"date":"2012-05-06T09:19:00","date_gmt":"2012-05-06T09:19:00","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12575"},"modified":"2012-05-06T09:19:00","modified_gmt":"2012-05-06T09:19:00","slug":"afrikanerpolitiek-quo-vadis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12575","title":{"rendered":"Afrikanerpolitiek &#8211; quo vadis?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/02\/roodt_fbfoto.jpg\" \/>Soms kry &#8216;n mens die indruk dat die buiteland Afrikaners in Suid-Afrika afgeskryf het. Trouens, partykeer lyk dit asof Afrikaners hulself afgeskryf het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Nasperskoerante ignoreer al lankal die politieke doen en late van Afrikaners, behalwe wanneer dit inpas by hul idee van &#8220;nasiebou&#8221; of soos in vandag se Rapport-berig met die opskrif &#8220;ANC vry na Afrikaanses&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Let op die afwesigheid van die woord &#8220;Afrikaner&#8221;. Binne Naspers\/Rapport se heelal is daar lankal nie meer so iets soos &#8216;n &#8220;Afrikaner&#8221; nie. Ons en die bruinmense van die Wes-Kaap word as een minderheidsgroep van ses miljoen beskou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ook Alistair Sparks, Helen Zille se vorige baas by die Rand Daily Mail, het iewers ges\u00ea dat Afrikaners in 1994 die gedagte van Afrikanersoewereiniteit prysgegee het, tesame met die weermag en alle instellings wat hulle op &#8216;n skinkbord aan die Afro-Saksiese alliansie binne die ANC oorhandig het. Radikale Engelse intellektuele en geestelikes het &#8216;n geslaagde alliansie met die rassenasionaliste van die ANC gesmee en die Afrikaner op sy baadjie gegee. Die logiese gevolgtrekking wat baie gemaak het, is dat Afrikaners met hul onvoorwaardelike oorgawe ook tot assimilasie en die verdwyning van die Afrikanervolk toegestem het. Ek meen Naspers en die FW de Klerk-stigting interpreteer die &#8220;ja&#8221;-stem van destyds s\u00f3.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Afrikanerpolitiek het egter nie opgehou bestaan nie. Ons by PRAAG is voltyds daarmee besig. So ook mnr. Jaap Kelder van die Nasionale Belastingbetalersunie. Tydens &#8216;n onlangse vergadering laat val Kelder dat hy die stadsraad van Ekurhuleni meer as &#8216;n miljoen rand skuld omdat hy opgehou het om sy erfbelasting te betaal. Die munisipaliteit het al eenkeer sy water en ligte afgesny. Toe vat hy hulle hof toe en kry &#8216;n bevel dat hulle dit weer moet aansit want hy verkeer in &#8216;n dispuut met die munisipaliteit. Op sy stil, beskeie manier het Jaap Kelder al meer hofsake namens belastingbetalers regoor die land aangepak as wat Soliforum met veel meer grootdoenerigheid gemaak het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die verskil is egter dat die Nasperskoerante met fanfare berig oor alles wat die oranje en groen manne van Lyttelton in die hof doen, terwyl daar blykbaar by Beeld opdrag gegee is dat joernaliste mnr. Kelder en die NBU moet doodswyg. Net soos wat Naspers die meeste Afrikaners met talent ignoreer en verkies om oor die Kaapse kliek van middelmatige ego\u00efste en ewe onnosele &#8220;sterre&#8221; te skryf wat hulle eiehandig in die Naspersmedia geskep het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Rapport-berig oor &#8220;Afrikaanses&#8221; en die ANC vermeld dat daar eerskomende Dinsdag &#8216;n vergadering van Afrikaanse organisasies met die ANC plaasvind, met die inisiatief wat deur drie linksgesinde akademici, Proff. Willie Breytenbach en Albert Venter, asook dr. Piet Croucamp, geneem is. Volgens die drie akademici &#8220;is die &#8216;ideologiese afstand&#8217; tussen die Afrikaanssprekendes \u2013 wat meestal vir die DA stem \u2013 en die ANC nie so groot nie&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hiermee kan &#8216;n mens saamstem, want die meeste intelligente ontleders sien al geruime tyd in dat die ANC en die DA twee kante van dieselfde munstuk is. Net vandeesweek het die ekonoom Dawie Roodt na die DA se ekonomiese beleidsrigtings gekyk en tot die gevolgtrekking gekom dat dit &#8216;n sosialistiese party is wat baie min van die ekonomie verstaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Binne &#8216;n Europese konteks sou die DA, wat homself &#8220;liberaal&#8221; noem, eerder vir &#8216;n sosialistiese party deurgaan, want hy hang mulitikulturalisme fanaties aan en wil die middelklas met ho\u00eb belastings straf. Tussen Helen Zille en mnr. Fran\u00e7ois Hollande, die Sosialistiese kandidaat wat na alle waarskynlikheid vandag se presidentsverkiesing in Frankryk gaan wen, is daar min te kies.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vraag is nou: Het Afrikanerpolitiek nog enige sin in Suid-Afrika, gegewe die feit dat die meeste Afrikaners dit kennelik ten gunste van sosialisme en multikulturalisme verwerp het? Trouens, dit sou maar &#8216;n klein stappie van hier af wees om &#8216;n suiwerder vorm van sosialisme, dit is nou kommunisme, te begin aanhang. In Beeld het daar die afgelope week &#8216;n soort Christelike pleidooi vanuit Zimbabwe vir grondhervorming en die afstaan van grond aan swartes verskyn. Maar die logika daarvan was tegelykertyd kommunisties, synde &#8216;n gelate aflegging van privaatbesit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrika verkeer steeds in die greep van &#8216;n linkse revolusie en skynbaar snel ons voort na &#8216;n onafwendbare toekoms van radikale grondhervorming, nasionalisering en rassekwotas op alle gebiede. Waarskynlik besef die meeste Afrikaners wat kom en hul uiteeenlopende reaksies kan soos volg opgesom word:<\/p>\n<ul>\n<li>Emigrasie. &#8216;n Miljoen Afrikaners het reeds die land verlaat omdat hulle geen toekoms meer in Suid-Afrika sien nie. Vele doen dit nie om ideologiese redes nie, maar omdat die SEB- en regstellendeaksiewetgewing dit baie moeilik vir blankes maak om werk te kry of om klein ondernemings te bedryf.<\/li>\n<li>Aanvaarding van die status quo. Stem vir die DA (of dalk die ANC, as ons die drie akademici kan glo).<\/li>\n<li>Aanvaarding van die status quo met voorbehoude. Sluit aan by Soliforum wat namens jou &#8216;n hofsaak of twee sal maak en die ANC &#8220;bloedneus sal gee&#8221;. Intussen verdedig die ANC hom in die hof met die belastingbetaler se geld. En wat gebeur as die regbank &#8220;ten volle getransformeer&#8221; is, met ANC-skoothondjies vir regters? Dit gaan hier dus om blote simboliese &#8220;opposisie&#8221; en om die onafwendbare te vertraag.<\/li>\n<li>Afrikanerselfbeskikking. Vele groepe, vanaf Orania en Kleinfontein, tot die HNP, die VVK en die Vryheidsfront, het hulle tot selfbeskikking en onafhanklikheid verbind, maar dit word meesal gesien as, in die woorde van die pragmatiese dr. Pieter Mulder, &#8220;nie vir nou nie&#8221;. Die werklikheid is dat die magsbalans so sterk in die guns van die ANC gelaai is dat selfs Orania en Kleinfontein, wat homogene Afrikanergemeenskappe op die periferie gevestig het, op allerlei maniere versigtig moet trap in hul verhouding tot die ANC-regering of -munisipaliteite. Hulle bevind hulle in &#8216;n juridiese niemandsland wat vinnig in &#8216;n nagmerrie kan ontaard indien een of ander ANC-amptenaar die dag sou besluit om gronde te vind waarop beide dorpies met hofsake of regulasies lamgel\u00ea kan word. Sulke optrede sou selfs van die DA kon kom, want ons weet dat die DA pynlik polities korrek is as dit daarby kom om hom van enige vorm van blanke of Afrikanereksklusiwiteit te distansieer.<\/li>\n<li>&#8216;n Kulturele en ideologiese stryd. Sedert sy stigting, l\u00ea veral PRAAG hom hierop toe. Dis egter &#8216;n baie moeilike, ingewikkelde en ongewilde aktiwiteit. Kultuur en ideologie verteenwoordig die grondslag van enige stryd vir &#8216;n minderheidsgroep soos Afrikaners en sonder goeie argumente en &#8216;n gedefinieerde identiteit, kan geen minderheidsvolk op vryheid of selfbeskikking aanspraak maak nie. Die sukses van die vorige Afrikanernasionalistiese beweging in die dertiger- en veertigerjare is juis deur die intellektuele van destyds soos N.P. van Wyk Louw, C.M. van den Heever, asook die jong Verwoerd &#8211; destyds redakteur van Die Transvaler &#8211; bepaal. En hoewel Die Burger vandag &#8216;n skandelike sosialistiese skaduwee van sy vorige self is, het daardie koerant in die 1930s onder dr. A.L. Geyer onverskrokke republikeinse standpunte ingeneem. Indien die kulturele en ideologiese stryd geslaag gevoer sou word, en na die buiteland kon uitkring, sou Afrikaners uit die wurggreep van die linkse revolusie kon ontkom, met moontlike buitelandse bemiddeling en onderhandeling oor grondgebied. Tot dusver lyk dit egter asof die gemiddelde Afrikaner wat nie tot die DA-sosialistiese komponent behoort nie, meer geneig is om finansieel tot hofsake en ander vorme van simboliese protes by te dra as die stryd in die media, in boekpublikasies en in die buitelandse arena.<\/li>\n<\/ul>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sedert die vergadering wat PRAAG en die NBU verlede jaar in September gere\u00ebl het om Afrikanerorganisasies meer geko\u00f6rdineerd te laat optree, het &#8216;n aantal kwessies uitgekristalliseer. Van meet af aan het die vergadering, veral op aandrang van mnr. Pierre Hough, in twee komitees verdeel. &#8216;n Strategiese komitee moes kyk na &#8220;die Afrikaner se toekoms&#8221; terwyl &#8216;n ander komitee hom met meer praktiese strategie\u00eb rondom plaaslike regering, water en elektrisiteit en &#8216;n uiteindelike kantonstelsel sou besig hou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die huidige leier van die Afrikanerbond, mnr. Pieter Vorster, het voorsitter van die sogenaamde SK (Strategiese Komitee) geword, terwyl &#8216;n nuwe liggaam, die Nasionale Burgerregteraad onder voorsitterskap van dr. Christo Landman, tot stand gekom het om die kantonstelsel na te jaag. Mnr. Jaap Kelder van die NBU het egter steeds aktief gebly in die tweede komitee en dit kan as &#8216;n susterliggaam van die NBU gesien word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar bestaan tans onsekerheid oor die deelname van Solidariteit en Afriforum (Soliforum soos hulle deesdae genoem word) aan die Strategiese Komitee, omdat di\u00e9 organisasie homself as &#8220;die grootste speler&#8221;, boonop met die steun van die Nasperskoerante, sien. Soliforum sien daarom neer op ander organisasies en bewegings en beskou samewerking as &#8216;n grootlikse futiele oefening.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dikwels word daar deur deelnemers aan internetgesprekke gevra: Maar wat kan ons doen, anders as praat (en kla)? Mnr. Botha Laubscher, wat op albei komitees dien, het met &#8216;n strategiese voorstel vorendag gekom wat met &#8216;n taamlik ingewikkelde diagram aangedui word. Uiteindelik kom dit daarop neer dat daar vir die Afrikaner net twee moontlike doelwitte is om na te streef: Selfbeskikking of kultuur- of minderheidsregte binne die huidige bestel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Punt wat Laubscher maak en wat ek ook al in die verlede iewers gestel het, is dat dit moeiliker gaan wees om kultuur- of minderheidsregte van die ANC-bewind af te smeek as om een of ander vorm van territoriale afskeiding te bewerkstellig. Hiervan is Orania en Kleinfontein eintlik goeie voorbeelde. In albei gevalle het groepe Afrikaners eenvoudig &#8216;n gebied beset en hulself begin inrig en regeer asof die huidige bestel nie bestaan nie. Hoewel op &#8216;n klein skaal, was albei eksperimente eintlik klinkklare suksesse. Hierteenoor het die sogenaamde &#8220;Derde Taalbeweging&#8221; van die agelope anderhalf dekade op niks uitgeloop nie. Ons het miljoene woorde in koerante, op die internet, oor die radio, op TV en in boeke geuiter oor al die goeie redes waarom Afrikaans en die Afrikanerkultuur in die land erkenning behoort te geniet. N\u00earens het enige staatsdepartement of ANC-politikus hom al ooit hieraan gesteur nie. Daar word steeds aktief teen Afrikaans en Afrikaanse plekname gediskrimineer. Ons geskiedenis word hetsy verguis, hetsy onderwerp aan &#8216;n Sowjetagtige proses van &#8220;aktiewe vergeet&#8221;. Afrikaanse skole word aangeval en ondermyn.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Indien selfbeskikking kennelik die enigste alternatief is vir daardie Afrikaners wat nie sonder meer wil assimileer of emigreer nie, dan is daar seker verskeie maniere om dit te bereik. Ons kan <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/en.wikipedia.org\/wiki\/International_Court_of_Justice_advisory_opinion_on_Kosovo%27s_declaration_of_independence\">soos Kosovo<\/a> eensydige onafhanklikheid binne &#8216;n bepaalde gebied verklaar en hoop ons oortuig die internasionale gemeenskap van ons erns. Of ons kan gewelddadig soos Sloweni\u00eb in 1990 n\u00e1 &#8216;n jaar van geheime milit\u00eare voorbereidings afskei en hoop ons wen die oorlog of beland nie in die tronk nog voor die eerste skoot geklap het nie. Die Slowene het n\u00e1 <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/en.wikipedia.org\/wiki\/Ten-Day_War\">tien dae van oorlog<\/a>, op 7 Julie 1991, van Joego-Slawi\u00eb onafhanklikheid verkry, in weerwil van die groter milit\u00eare slaankrag van die sentrale regering. Die feit dat Afrikaners egter verspreid oor die land woon, anders as die Slowene wat oor &#8216;n eeue oue meerderheidsgebied beskik het, maak dit baie moeiliker &#8211; indien nie onmoontlik &#8211; om hierdie &#8220;milit\u00eare opsie&#8221; te oorweeg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Punt wat Jaap Kelder ook maak, is dat die balkanisering van Suid-Afrika tot ekonomiese verval soos in die ou tuislande sal lei, met miljoene armes wat desperaat sal poog om na die &#8220;bevryde Afrikanergebied&#8221; te stroom. Dan sal ons ons in &#8216;n tipe &#8220;Omsingel die laer van die heiliges&#8221;-situasie (na die roman van Jean Raspail) bevind en moet besluit of ons bereid is om honger mense te skiet wat oor ons grense wil kom. Enige toekomstige Afrikanergebiede m\u00f3\u00e9t steeds deel van die Suid-Afrikaanse ekonomie bly en sorg dat die algehele welvaart styg of ten minste nie afneem nie, ten einde &#8216;n algehele ineenstorting van die subkontinent na die voorbeeld van Zimbabwe te vermy.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die sukses wat plaaslike belastingbetalers reeds behaal het om hul gelde terug te hou en op sommige dorpe beheer oor watersuiweringsaanlegte terug te neem, mag egter vir ons die uitweg uit die huidige doodloopstraat van ANC-Suid-Afrika aandui. Gestel ons kan min of meer wettig weer beheer neem van water en elekrisiteit in die meeste Afrikanermeerderheidsgebiede, dan sal dit mos &#8216;n kort treetjie van daar af na een of ander vorm van onafhanklikheid of kantonstelsel wees? Op Sannieshof en Phalaborwa het dorpenaars dit wel reggekry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens mnr. Jaap Kelder &#8211; en hy behoort te weet, want hy praat daagliks met &#8216;n groot aantal plaaslike aktiviste op dorpe regoor die land &#8211; dreig die meeste munisipaliteite om in duie te stort. Amptenare kwel hulle slegs oor die betaling van hul eie salarisse. Die res kan maar vergaan. Vele munisipaliteite betaal nie meer vir Eskom nie en daarom stuur Eskom insgelyks op &#8216;n finansi\u00eble krisis af.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis &#8216;n tragiese situasie, wat ook vir ons gesondheidsgevare inhou, maar miskien bied dit vir ons die geleentheid waarop ons gehoop het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In &#8216;n volgende aflewering wil ek &#8216;n paar gedagtes opper oor hoe &#8216;n nuwe Afrikanerpolitiek kan begin werk. Indien die soort praktiese plaaslike selfbestuur waarmee Jaap Kelder se NBU besig is en PRAAG se ideologiese en kultuurstryd by mekaar kan uitkom, kan dit dalk nuwe momentum vir die Afrikaner se vryheidstrewe skep.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie soort debatte woed ook tans by die twee komitees wat verlede jaar gestig is. Die publiek moet daarom daarvan kennis neem en insgelyks kommentaar lewer. Vanwe\u00eb die Revolusie se intense propaganda waaraan ons almal blootgestel is, is dit soveel moeiliker om nugter te dink.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/declarations.com.ua\/declaration\/vulyk_16_128\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0430<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Soms kry &#8216;n mens die indruk dat die buiteland Afrikaners in Suid-Afrika afgeskryf het. Trouens, partykeer lyk dit asof Afrikaners hulself afgeskryf het. Die Nasperskoerante ignoreer al lankal die politieke doen en late van Afrikaners, behalwe wanneer dit inpas by hul idee van &#8220;nasiebou&#8221; of soos in vandag se Rapport-berig met die opskrif &#8220;ANC vry &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12575\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Afrikanerpolitiek &#8211; quo vadis?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":11943,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-12575","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12575","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12575"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12575\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/11943"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12575"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12575"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12575"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}