{"id":12556,"date":"2012-05-03T05:59:07","date_gmt":"2012-05-03T05:59:07","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12556"},"modified":"2012-05-03T05:59:07","modified_gmt":"2012-05-03T05:59:07","slug":"kan-afrikatale-universiteitstale-word","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12556","title":{"rendered":"Kan Afrikatale universiteitstale word?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Kan die Afrikatale wat in die Suid-Afrikaanse grondwet as amptelike tale erken word, ontwikkel tot volwaardige universiteitstale?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier het nalv die Ho\u00ebronderwysbegrotingsdebat in die Parlement op 24 April 2012 sy gedagtes oor die kwessie gestel:<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit word nie betwis dat ons kinders vlot Engels moet kan praat nie aangesien dit &#8216;n internasionale taal is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar ek stem saam met die agbare minister (Ho\u00ebr Onderwys en opleiding) toe hy in &#8216;n toespraak (verlede jaar) sy teleurstelling uitgespreek het met die stadige vordering met die &#8220;ontwikkeling van Afrika-tale as tale van onderrig&#8221; by die land se universiteite.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In sy toespraak het hy voorstelle gemaak oor hoe om inheemse Afrika-tale in tale van onderrig in ho\u00ebr onderwys te ontwikkel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die minister en ek het reeds baie gesprekke oor taal en onderwys gevoer. Hy weet hoe sterk ek persoonlik oor hierdie sake voel en dat die VF Plus hierdie uitsprake van hom ondersteun.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Prof  Adama Samassekou van Mali, het as president van die Afrika Akademie van tale ges\u00ea: &#8220;&#8230;dit is onaanvaarbaar dat Afrika die enigste vasteland is waar kinders nie in hul moedertaal onderrig word nie.&#8221; Duitsers leer in Duits, Japanners leer in Japanees, Chinese in Chinees maar die mense van Afrika in &#8216;n vreemde taal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vraag is: Kan die Afrikatale wat in die Suid-Afrikaanse grondwet as amptelike tale erken word, ontwikkel tot volwaardige universiteitstale?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aan die begin van die vorige eeu is Afrikaans afgemaak as &#8216;n kombuistaal wat nooit tot &#8216;n volwaardige akademiese taal sal kan ontwikkel nie. Binne &#8216;n paar dekades is Afrikaans ontwikkel tot &#8216;n universiteitstaal. (Daar is meer as 450 vakwoordeboeke en terminologielyste asook &#8216;n gerekaniseerde taaldatabank en speltoetsers in Afrikaans ontwikkel.) As die wil daar is, kan enige taal tot op hierdie vlak ontwikkel word \u2013 ook isiZulu en Sesotho. Hebreeus was vir 2000 jaar &#8216;n dooie historiese taal. Omdat die wil daar was, is Hebreeus in die twintigste eeu tot &#8216;n moderne taal vernuwe waarin vandag rekenaars gebou en gevorderde navorsing gedoen word. Afrikaans is saam met Hindi, Maleis en Hebreeus die enigste tale wat hulle self in die 20 ste eeu van kombuis tot universiteit ontwikkel het. Ek glo as die wil daar is, kan van die Suid-Afrikaanse Afrikatale dieselfde doen in die 21ste eeu.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Baie goeie werk word tans by sommige Suid-Afrikaanse Universiteite in hierdie verband gedoen. Ek dink aan die goeie werk wat iemand soos Professor LZM (Zamokwakhe) Khumalo vir die ontwikkeling van isiZulu by die Universiteit van Zululand gedoen het. As ek reg is he was the first person to do his PhD in the medium of IsiZulu.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek is ook bewus van die goeie werk wat by die Noordwes Universiteit gedoen word waar reeds elektroniese speltoetsers vir onder andere isiZulu, Setswana en isiXhosa ontwikkel is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">My vraag is, wat word gedoen om hierdie Universiteite aan te moedig om hiermee voort te gaan en so ander Suid-Afrikaanse tale, naas Engels, te bevorder. Verskeie Universiteite bied hulle klasse in meer as een taal aan of maak gebruik van gelyktydige vertaaldienste. As die minister ernstig is met sy droom om ander Suid-Afrikaanse tale tot op universiteitsvlakte ontwikkel, moet hy en sy departement  maatre\u00ebls te tref om hierdie universiteite aan te moedig om hiermee voort te gaan. (Dit is al manier hoe die minister se droom van die ontwikkeling van ander Suid-Afrikaanse tale gaan realiseer.) Die beste manier sal wees om die finansieringsformule waarmee die staat universiteite finansier aan te pas ten einde hierdie universiteite ekstra te vergoed vir die ekstra uitgawes wat hulle aangaan om veeltaligheid te bevorder. Ek wil die minister en sy departement vra of hulle bereid is om so &#8216;n ondersoek te doen na die aanpassing van die finansieringsformule?<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blog.bnkomi.ru\/post-34799\/\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u0411\u0440\u043e\u043d\u0438\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043a\u043e\u043c\u043f\u0440\u043e\u043c\u0430\u0442<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Kan die Afrikatale wat in die Suid-Afrikaanse grondwet as amptelike tale erken word, ontwikkel tot volwaardige universiteitstale? Dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier het nalv die Ho\u00ebronderwysbegrotingsdebat in die Parlement op 24 April 2012 sy gedagtes oor die kwessie gestel: Dit word nie betwis dat ons kinders vlot Engels moet kan praat nie aangesien dit &#8216;n &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12556\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Kan Afrikatale universiteitstale word?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-12556","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12556","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12556"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12556\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12556"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12556"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12556"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}