{"id":12551,"date":"2012-05-02T10:13:41","date_gmt":"2012-05-02T10:13:41","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12551"},"modified":"2012-05-02T10:13:41","modified_gmt":"2012-05-02T10:13:41","slug":"vryheidsdag-na-18-jaar","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12551","title":{"rendered":"Vryheidsdag, na 18 jaar"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Dit is moontlik om in Suid-Afrika ruimte te skep vir al sy gemeenskappe en om in vrede en harmonie te leef, maar dan moet regstelling reggestel word en die voortdurende verandering van name met &#8216;n afsnypunt gestop word.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Kind wat 27 April 1994 gebore is, is vandag 18 jaar oud en stemgeregtig. Daar is geen rede waarom daar teen so &#8216;n &#8220;nuwe Suid-Afrika-kind&#8221; gediskrimineer moet word op grond van ras wanneer hy\/sy byvoorbeeld aansoek doen vir werk of vir toelating tot &#8216;n universiteit nie. Tog gebeur dit nog steeds en lei dit tot polarisering tussen groepe. Die rassistiese toelatingsbeleide van sekere universiteite en die rasgebaseerde bevorderingskriteria wat by staatsdepartemente gebruik word, is slegs enkele voorbeelde. As arm kinders om ekonomiese redes bevoordeel word, is dit aanvaarbaar as regstelling maar nie ras as enigste kriterium nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die voortdurende naamsveranderinge in onder andere Pretoria, wat na 18 jaar weer kunsmatig op die agenda geplaas word, vervreem groepe van mekaar. Dit gebeur wanneer een groep se helde met &#8216;n ander groep s&#8217;n vervang word in plaas daarvan dat daar ruimte vir albei geskep word. Die pleidooie om duidelike riglyne vir naamsveranderinge en &#8216;n afsnydatum waarna sekerheid oor alle straat- en dorpsname in Suid-Afrika kan kom, word deur die regering ge\u00efgnoreer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sake soos bogenoemde lei tot die ongesonde polarisering, wat steeds tussen gemeenskappe in Suid-Afrika plaasvind. Die grondwetlike skikking van 1994 was in hierdie opsigte gebrekkig om permanente oplossing vir bogenoemde probleme te gee. &#8216;n Nuwe skikking, waar spesifiek groter klem op minderheidsregte geplaas word, kan hierdie probleme oplos en polarisering teenwerk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die Vryheidsfront Plus is op 27 April 2012 bekommerd oor die polarisasie wat in Suid-Afrika rondom hierdie sake plaasvind. Alle groepe in Suid-Afrika smag na versoening, samewerking en vrede. Ware versoening is &#8216;n wen-wen situasie tussen alle groepe in Suid-Afrika. Na agtien jaar begin 27 April steeds meer die betekenis kry van die oorwinning van een groep oor die ander. Dit is &#8216;n resep vir konflik en nie vir versoening nie,&#8221; het dr Pieter Mulder, leier van die VF Plus op 27 April 2012 ges\u00ea.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/57678-3-goda-v-rukovodstve-prokuratury-xarkovskoj-oblasti-izuchaem-rabotu-yuriya-danilchenko.html\">\u0434\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u044e\u0440\u0456\u0439 \u0431\u0440\u043e\u043d\u0456\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit is moontlik om in Suid-Afrika ruimte te skep vir al sy gemeenskappe en om in vrede en harmonie te leef, maar dan moet regstelling reggestel word en die voortdurende verandering van name met &#8216;n afsnypunt gestop word. &#8216;n Kind wat 27 April 1994 gebore is, is vandag 18 jaar oud en stemgeregtig. Daar is &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12551\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Vryheidsdag, na 18 jaar&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-12551","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12551","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12551"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12551\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12551"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12551"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12551"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}