{"id":12550,"date":"2012-05-02T07:31:47","date_gmt":"2012-05-02T07:31:47","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12550"},"modified":"2012-05-02T07:31:47","modified_gmt":"2012-05-02T07:31:47","slug":"spieeltjie-spieeltjie-aan-die-wand-lexus","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12550","title":{"rendered":"Spie\u00ebltjie spie\u00ebltjie aan die wand\u2026 Lexus"},"content":{"rendered":"<p>{jathumbnail off}<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Lexus is \u2018n vervaardiger op sy eie. In die beginjare was hulle net opgekikkerde Toyota-modelle met hier en daar \u2018n besonderse model. Vandag het Lexus \u2018n hele reeks motors, party baie nuut en modern en ander so \u2018n bietjie lank in die tand.&nbsp; Alhoewel \u2018n vervaardiger in sy eie reg, is Lexus nog steeds die luukser en &#8211; baie belangrik &#8211; duurder tweelingboetie van Toyota. In Suid-Afrika is daar nie regtig enige mededingers nie en Lexus probeer om die septer te swaai teen die drie Duitsers: Audi, BMW en Mercedes. Daar is ook nog Volvo. Alhoewel Sweeds, maar na ons mening is Volvo baie nader aan die drie Duitsers as Lexus &#8212; veral op die gebied van veiligheid, tegnologie en verrigting.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons het die voorreg gehad om twee Lexus-modelle te bestuur, die splinternuwe Lexus CT200h F-Sport en die IS350 SE.<\/p>\n<p><img decoding=\"async\" alt=\"Lexus CT200h F-Sport\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/05\/lexus%20ct200h%20f-sport.jpg\" width=\"550\" \/><\/p>\n<h3 style=\"text-align: justify;\">Lexus CT200h F-Sport<\/h3>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die intreevlak-Lexus is \u2018n luikrug en ding mee teen motors soos die Audi A3, BMW 1-Reeks en, nogal insiggewend, Toyota se eie Prius- en Auris-hibriedemodelle. Die CT200h F-Sport is \u2018n hibriede voertuig. Nou vra jy seker waar kom die A3 en 1-Reeks in? Wel, beide Audi en BMW bied dieselmodelle in hulle onderskeie motors en dan is albei weelde-aanbiedings wat juis Lexus-gebied is. Toyota se eie Auris en Prius is nou wel nie sulke weeldeklasmotors nie, maar bied presies dieselfde tegnologie as die CT200h F-Sport.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Enjin<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Lexus is baie trots op die 1,8-liter- petrolaangedrewe eenheid wat gekoppel is aan \u2018n elektriese motor. Beide die kragbronne lewer saam 73KW en 142NM; dit is net die verpakking van die bakwerk wat verskil tussen die drie nefies uit die ooste. Die ratkaste is identies, die verrigting is identies, die tegnologie is identies; dis bloot die prys wat verskil. Lexus gee die maksimumspoed aan as 180 km\/u en 0-100km\/u word binne 10,4 sekondes bereik. Alles gebeur in doodse stilte tot ongeveer 40km\/u; dan neem die petrolenjin by die elektriese motor oor. Daar is verskillende modusse wat gekies kan word om die aandrywing interessanter te maak. Ons toetsmotor se F-Sport-pakket het dan soos die naam aandui \u2018n sportmodus: die toereteller en instrumentepaneel se liggies verander na rooi in di\u00e9 modus en die ratkas hou die ratte effens langer, die versneller se aanvoelbaarheid en reaksie is vinniger en die CT200h voel lewendiger al is dit net vir \u2018n baie klein rukkie tot die realiteit van die 73 KW bereik word. Die A3 1.6 TDI Sportback lewer 77 KW en 250Nm, die 120d Sportline bied 135KW en 380Nm. Uitlaatgassyfers vir die CT200h is 94g\/km, die A3 is 112g\/km en die 120d se syfer 119g\/km. Waar die Lexus se elektriese motor oorvat wanneer daar by \u2018n verkeerslig stilgehou word, skakel die \u201cStop Start\u201d-tegnologie van die twee Duitsers die dieselmeultjie af wanneer daar stilgehou word en weer binne millisekondes aan wanneer daar weggetrek word. Die uitlaatgassyfers is dus al drie onder die 120g\/km-belastingkerf wat die motors uiters ekonomies maak.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Gerief<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">In luikrugmotors is daar normaalweg nie veel ruimte nie. Hulle is gewoonlik slegs voldoende vir korter afstande of stadsgebruik. In die CT200h is dit dieselfde storie; eintlik is die CT200h effens kleiner binne as die Prius en selfs die Auris. Wat die Duitsers aanbetref, is daar heelwat meer beenruimte agter as in die Lexus. Alles binne die CT200h vertoon luuks en sportief met duursame leer en aluminiuminsette om die sportiewe karakter te beklemtoon: daar is \u2018n tru-ratkamera en kontroles op die stuur vir die radio en telefoon, asook \u2018n ingeboude hardeskyf vir jou musiek. Hoe dit vergelyk met die Duitsers is miskien een area waar die Lexus die naaste aan sy mededingers kom. Laairuimte word erg beperk deur die batterystelsel wat onder die agterste vloer ingebou is; daar is regtig baie min pakplek in die CT200h.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Waarde<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sou ons van prys praat, is die CT200h \u2018n ware Lexus. Ons toetsmotor, die CT200h F-Sport, verkoop teen R448&nbsp;200, die Audi A3 1.6 TDI R288&nbsp;000 en die BMW 120d Sportline teen R360&nbsp;500. Tensy jy werklik \u2018n baie groot Lexus-aanhanger is, is die Toyota Auris 1.8 XS HSD teen R299&nbsp;600 of die Toyota Prius 1.8 Exclusive teen R389&nbsp;600 al twee beter kopies met identiese tegnologie. Ons sou egter eerder R88&nbsp;000 spaar en die BMW 120d aanskaf. Ons gee die Lexus CT200h F-Sport&nbsp; 2 uit 5.<\/p>\n<p><img decoding=\"async\" alt=\"Lexus IS350SE\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/05\/lexus-is_350%20se.jpg\" width=\"550\" \/><\/p>\n<h3 style=\"text-align: justify;\">Lexus IS350 SE<\/h3>\n<p style=\"text-align: justify;\">Net soos die CT200h, ding die IS350 mee in die luuksesegment C, di\u00e9 keer in die kompaktesedansegment. Die IS-reeks is so pas opgekikker vir 2012 met nuwe stampers, ligte en enkele vernuwings aan die binneruim. Nou vertoon die IS varser en in die geval van die IS350 meer sportief as sy voorganger, maar dit sal \u2018n kenner neem om die verskille op te merk.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Enjin<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons toetsmotor is toegerus met Lexus se 3,5-liter- V6-kragbron wat 233KW lewer en 378Nm se wringkrag. Baie indrukwekkende syfers vir \u2018n kompakte motor. Soos alle Lexus\u2019e word die IS350 deur die agterwiele aangedryf. \u2018n Ses-spoed- outomatiese ratkas met \u2018n Sportmodus verplaas krag na die teerpad.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Verrigting<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek was effens teleurgestel met die verrigting van die Lexus. Met kragleweringsyfers wat jou o\u00eb laat traan, voel die IS350 net te stadig, te ingeperk. Daar is geen ontploffing van krag soos jy in \u2018n vergelykbare A4 3.0 TFSI of die BMW 335i of selfs die bedeesde C350 BlueEfficiency vind nie. Die motor is sterk en vinnig, maar nie naastenby op dieselfde speelveld as die drie Duitsers nie. Verrigtingsyfers van 230km\/u en 5,6 sekondes van 0-100km\/u is indrukwekkend, maar dit is die algehele gevoel onder jou sitvlak wat net nie dieselfde as die segmentleiers is nie.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Akkomodasie<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maak die deure oop en swart leer begroet jou met sagte aanrakingsknoppies vir omtrent enige iets wat verstel kan word. Toerusting is puik met \u2018n indrukwekkende klankstelsel, outomatiese verstelling vir die sitplekke, kantspie\u00ebls en stuurkolom. Die raakskerm met ingeboude hardeskyf en navigasiestelsel is standaard. Daar is egter slegte nuus ook hier binne: die kontroles vir die kantruite en -spie\u00ebls is op die bestuurder se deur gemonteer, so teen \u2018n skuins helling. Dit het die gebruik van alles net bemoeilik. Verder voel die deure se oop en toemaak net nie goed genoeg vir die prysklas nie. Wat ruimte betref, is die Lexus ongelukkig ook in groot geselskap en kon ek met my 1,85-lyf glad nie agter in die motor kom nie; die deuropening is te klein en sou daar \u2018n man van 1,8 voor sit, sou ek nie plek vir my bene gehad het nie. Wat wel indrukwekkend is, is die bagasieruim. Vir \u2018n kompakte motor het die IS350 nogal heelwat plek vir bagasie.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Prys<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teen R548&nbsp;600 is die Lexus nie goedkoop nie. Sy mededingers in die segment, die Audi A4 3.0 TFSI Quattro (R504&nbsp;000), die BMW 335i Sports (R547&nbsp;190) en die Mercedes Benz C350 BlueEfficiency Avant-garde (R561&nbsp;000), is almal duur, maar hulle het elkeen \u2018n groter binneruim, baie beter ratkaste, beter verrigting en is tegnologies meer gevorderd. Lexus is op die regte pad met die IS350. Ons dink net dat die huidige IS-Reeks dalk \u2018n totale vernuwing met \u2018n groter bakwerk, meer spasie en beter ratkas moet kry. Na ons mening is die IS350 die swak skakel in die Lexus-ketting. Dalk sal die koms van Infinity die manne met die wit jasse by Toyota laat regop sit en besef dit is tyd vir \u2018n nuwe IS.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Ons gee die Lexus IS350 SE 3 uit 5.<\/div>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/101otzyv.ru\/object\/filchakov-aleksandr\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>{jathumbnail off} Lexus is \u2018n vervaardiger op sy eie. In die beginjare was hulle net opgekikkerde Toyota-modelle met hier en daar \u2018n besonderse model. Vandag het Lexus \u2018n hele reeks motors, party baie nuut en modern en ander so \u2018n bietjie lank in die tand.&nbsp; Alhoewel \u2018n vervaardiger in sy eie reg, is Lexus nog &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12550\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Spie\u00ebltjie spie\u00ebltjie aan die wand\u2026 Lexus&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":12548,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[103],"tags":[],"class_list":["post-12550","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c94-padtoetse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12550","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12550"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12550\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/12548"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12550"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12550"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12550"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}