{"id":12529,"date":"2012-04-29T08:04:08","date_gmt":"2012-04-29T08:04:08","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12529"},"modified":"2012-04-29T08:04:08","modified_gmt":"2012-04-29T08:04:08","slug":"27-april-die-afro-saksiese-oorwinningsdag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12529","title":{"rendered":"27 April, die Afro-Saksiese oorwinningsdag"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/02\/roodt_fbfoto.jpg\" \/>Daar  is seker min dae op die kalender wat so min patriotiese gevoelens by  die totale bevolking gaande maak soos 27 April in Suid-Afrika. Slegs  mev. Helen Zille kon \u2018n geesdriftige twiet vanuit \u201cFreedom Park\u201d laat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  inheemse Afrikaners voel al hoe meer uitgesluit van die Afro-Saksiese  kultuur en propaganda wat op ons losgelaat word. As pioniersvolk wat die  land getem, asook die landbou, nywerhede en staatsadministrasie  gevestig het, kan ons bloot toekyk hoe Suid-Afrika verniel en geplunder  word, hoe ons erfenis stelselmatig tot niet gemaak word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  Tsjeggiese skrywer Milan Kundera het gepraat van die \u201cgeorganiseerde  vergeet\u201d wat die Sowjet-oorheersing van sy land gekenmerk het.  Naamsveranderings en die onderdrukking van Afrikaans, asook die  Afrikanergeskiedenis, maak deel uit van die &#8220;georganiseerde vergeet\u201d wat  ook op ons toegepas word. Die geskiedenis word herskryf en ons het geen  deel meer daaraan nie, omdat ons tot die verowerde klas of etniese groep  behoort.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Selfs  \u2018n koerant soos Rapport, wat tot onlangs soos \u2018n skreeuende ANC-mbongi  die lof van die \u201cwonderlike grondwet\u201d en die vernietiging van  Afrikanersoewereiniteit besig het, betitel vandag sy hoofartikel: \u201cMin  sprake van ware vryheid\u201d. Die ontnugterde gevolgtrekking, wat vir lesers  van hierdie webblad al tien jaar gelede al bekend was, waartoe Rapport  kom, is: \u201c&#8230; gewone Suid-Afrikaners sal net glo dat hulle waarlik vry  is as die regering hulle \u2018n veilige werk-en-leefruimte kan waarborg.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wie  en wat \u2018n \u201cgewone Suid-Afrikaner\u201d is, sal Rapport seker beter weet. Is  dit \u2018n Zimbabwi\u00ebr of Kongolees wat eenvoudig oor die grens geloop en om  asiel aansoek gedoen of \u2018n vervalste ID bekom het? Met grense wat vir  almal oop is, is selfs die geografiese definisie van \u201cSuid-Afrikaner\u201d  wat Rapport gebruik, nie meer helder nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In  jukstaposisie met \u201cgewone Suid-Afrikaners\u201d staan \u201cgewone Afrikaners\u201d.  Diegene wat steeds hul kinders na Afrikaanse skole toe stuur, wat steeds  iets van Van Riebeeck, die Groot Trek en die Vryheidsoorlo\u00eb onthou.  Tans die land se mees vergeetlike groep, so vergeetlik en onbenullig dat  hulle nie eens in die hoofartikel van die land se \u201cgrootste Afrikaanse  Sondagkoerant\u201d figureer nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Trouens,  Rapport plaas sy hoop nie op Afrikaneroptrede om onsself te bevry nie,  maar op swart ontleders soos Barney Mthombothi of die gewese metgesel  van Steve Biko, Mamphela Ramphele.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eer  ons tot enige optrede in staat is om ons uit die huidige  ANC-dwingelandy te bevry, moet ons egter begryp dat 27 April 1994 die  kulminasie was van \u2018n eeue oue stryd om die Afrikaner as groep te  onderwerp en op die duur uit te wis. Tydens die negentiende eeu was daar  ook gereeld alliansies tussen die Britse koloniale magte en sekere  swart stamme wat bewapen is om die inheemse boere of Voortrekkerpioniers  aan te val en uit te moor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As  ons vandag praat van \u201cAfro-Saksers\u201d wat ons land beheer, dan bestaan  dit uit twee komponente: die ontstamde \u201cAfro\u2019s\u201d, \u2018n elite wat hulself  ten eerste as \u201cswart\u201d sien en die \u201cSaksers\u201d, die oorblyfsels van die  Britse Ryk wat steeds die band met Engeland en \u2018n bre\u00ebr Angel-Saksiese  globale empaaier voel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kort  n\u00e1 die \u201848-verkiesing toe Afrikaners volgens die internasionaal  aanvaarbare re\u00ebls van destyds via die stembus weer politieke mag verkry  het, is \u2018n nuwe alliansie teen ons gevorm. Die Anglikaanse Kerk het  sukses behaal deur \u2018n klompie gefrustreerde, verengelste swart \u201cleiers\u201d  soos Mandela, Tambo, Tutu en ander in sy skole en kerke te kweek. In die  kerke en veral kroe\u00eb van Sophiatown in die laat veertiger- en vroe\u00eb  vyftigerjare is hierdie alliansie tussen Britse burgers met \u2018n belang in  Suid-Afrika en die swart \u201cleiers\u201d wat deur hulle hans grootgemaak is,  gesmee.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  radikale Anglikaanse priester, Trevor Huddleston, het \u2018n sleutelrol in  die politieke opkoms van hierdie \u201cderde mag\u201d gespeel wat hoofsaaklike  buite die formele Suid-Afrikaanse politiek tot stand gekom het. Huddleston was  die buikspreker agter Tambo, Mandela en ander ANC-leiers wat hul  internasionale politiek vir hulle bepaal en wat ook die nodige  fondse vir die beweging by die Britse kerke, die W\u00eareldraad van Kerke,  asook die Sowjetunie en Swede verkry het. Natuurlik het mev. Helen Zille  en ander lede van die Black Sash, tesame met ander Engelse liberale  organisasies in Suid-Afrika, vanaf die kantlyn hieraan meegedoen. Maar  die sentrum van die beweging was in Londen gesetel, by die Britse  Anti-apartheidsbeweging waarvan Huddleston baie lank die voorsitter en  betaalmeester was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoewel  daar ook heelwat terreur was, wat doeltreffend deur die Suid-Afrikaanse  Polisie en veral die Veiligheidstak bekamp is, het die felle  internasionale propaganda-oorlog uiteindelik die hopelose  Afrikanerleierskap van destyds oorweldig. Die holderstebolderoorgawe van  mnre. FW de Klerk en Roelf Meyer is nou al so goed gedokumenteer, ook  deur liberale geskiedskrywers en joernaliste soos Alistair Sparks, dat  \u2018n mens nie veel meer daaroor kan s\u00ea nie. In Afrikaans het Chris Louw in  sy boek <em>Boetman en die swanesang van die verligtes<\/em> die finale oordeel  oor hierdie mislukte geslag uitgespreek wat nie teen Huddleston, Slovo  en ander geslepe linkse konkelaars opgewasse was nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Feit  is dat ons Afrikaners, vir die tweede keer in ons veelbewo\u00eb  geskiedenis, op 27 April 1994 deur die Afro-Saksiese alliansie verower  is. Sedertdien het daardie alliansie alles in sy vermo\u00eb gedoen om ons  taal, geskiedenis en plekname uit te wis. Elke moontlike instelling waar  die Afrikaneridentiteit moontlik nog oorgedra kon word, soos Afrikaanse  skole en universiteite, die drie susterskerke, die Naspersgroep, selfs  museums of die Voortrekkermonument, is stelselmatig oorgeneem of van  binne af gerysmier. Soos Pallo Jordan of een van die ANC se ideolo\u00eb dit  genoem het, \u201cmoes daar op die oorwinning gekapitaliseer word\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos  ek dit reeds gestel het in my destydse kommentaar op die  Waarheidskommissie, wat deur biskop Tutu, \u2018n lid van die  Sophiatown-groep en vertroueling van Huddleston, gelei is, het dit tot  \u2018n min of meer totalit\u00eare stelsel in Suid-Afrika gelei. Daar is slegs  een weergawe van ons geskiedenis, di\u00e9 van die radikale Afro-Saksers, wat  voortaan sou geld. Die res word aan \u201cgeorganiseerde vergeet\u201d \u00e0 la  Kundera onderwerp.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vandag  ondersteun of stem die meeste Afrikaners, asook die magtige  Naspersmediagroep, vir nog \u2018n linkse Afro-Sakser, mev. Helen Zille. Dit  verteenwoordig \u2018n stuk skreiende ironie wat die oorheersing oor  Afrikaners nog m\u00e9\u00e9r totalit\u00ear en absoluut maak as wat dit reeds is.  Indien Huddleston nog geleef het, sou di\u00e9 Britse Mefistofeles hom  sekerlik erg daarin verkneukel het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  Afrikaner het in 1994 as volk gesterf. Selfs mnr. FW de Klerk sou  hiermee saamstem, met die verskil dat hy dit as \u2018n goeie ding beskou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kan  die Afrikaner uit die as opstaan? Dis \u2018n ope vraag. Danksy die  twintigste eeu en al die kulturele en taalbewegings wat vanaf 1902 onder  Afrikaners gewoed het, leef ons volk vandag hoofsaaklik in die argiewe  voort. Die koms van die internet het die potensiaal geskep om, soos  Israel die Hebreeuse taal vanuit boeke laat herleef het, \u2018n nuwe  Afrikanervolk vanuit die argiewe te ontsluit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vanuit  die staanspoor het PRAAG hierdie potensiaal raakgesien. Terwyl die  absolute oorwinning van die Afro-Saksers hulle totale beheer oor ons  lewens en instellings gegee het, beheer hulle nog nie die globale  kommunikasienetwerk bekend as die internet nie. Dit is dus hier waar die  stryd en die heropstanding van ons volk moet geskied.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Trevor  Huddleston het feitlik man-alleen die ou Nasionale Party met sy  weermag, buitelandse ambassades en miljarde rande aan belastings tot \u2018n  val gebring. Een mens, of \u2018n klein groepie begeesterde aktiviste, kan  dieselfde met die Afro-Saksiese monster wat Suid-Afrika beheer, vermag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/praag.co.cc\/af\">Kom ons staan saam en doen dit!<\/a><\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/vestiua.com\/ru\/news\/20150223\/64209.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar is seker min dae op die kalender wat so min patriotiese gevoelens by die totale bevolking gaande maak soos 27 April in Suid-Afrika. Slegs mev. Helen Zille kon \u2018n geesdriftige twiet vanuit \u201cFreedom Park\u201d laat. Die inheemse Afrikaners voel al hoe meer uitgesluit van die Afro-Saksiese kultuur en propaganda wat op ons losgelaat word. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":11943,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-12529","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12529","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12529"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12529\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/11943"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12529"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12529"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12529"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}