{"id":12528,"date":"2012-04-28T15:39:03","date_gmt":"2012-04-28T15:39:03","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12528"},"modified":"2012-04-28T15:39:03","modified_gmt":"2012-04-28T15:39:03","slug":"prestigio-e-leser-is-teen-sy-prys-n-wenner","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12528","title":{"rendered":"Prestigio-e-leser is teen sy prys \u2018n wenner"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Die Prestigio PER3172B\" alt=\"Prestigio PER3172B\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/04\/prestigio-e-book-reader-per3172b-7-32755.jpg\" width=\"251\" \/>Die  afgelope paar dae het ek Prestigio se basiese e-leser, die PER3172B,  onder o\u00eb gehad en so twee, drie e-boeke daarop gelees. Omdat ek reeds  baie met die Amazon Kindle vertroud is, kon ek die twee goed met mekaar  vergelyk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  Prestigio PER3172B is \u2018n veeldoelige leser wat eintlik teen die prys  van R1199 (Praag-lede ontvang dit teen \u2018n reuse-afslag en kan so min as  R599 daarvoor betaal) meer vermaak as \u2018n tradisionele TV en  videokassetspeler insluit. Die Prestigio-e-leser kan die volgende dinge  doen:<\/p>\n<ul>\n<li>E-boeke in \u2018n verskeidenheid formate vertoon<\/li>\n<li>Musiek speel<\/li>\n<li>Video\u2019s speel<\/li>\n<li>Foto\u2019s vertoon<\/li>\n<\/ul>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoewel  ek ook hier en daar musiek daarop geluister en \u2018n advertensievideo of  twee op die volkleurskermpie van 17,8 cm (7 duim) gekyk het, het ek dit  hoofsaaklik as e-leser gebruik. N\u00e1 alles is dit die belangrikste  beweegrede om \u2018n e-leser aan te skaf, maar die feit dat dit ook musiek,  video en foto\u2019s kan hanteer, is \u2018n bonus. Veral ook in die lig van die  poort vir \u2018n mikro-SD-skyfie waarmee \u2018n mens die aanboordgeheue van 2  Gigagrepe na 34 Gigagrepe (genoeg vir 70 000 boeke of 10 000  musieksnitte) kan opstoot!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Trouens,  as \u2018n mens dink wat een van Apple se basiese Ipods met slegs 2 of 4 Gig  geheue kos, is die veeldoelige Prestigio amper verniet. \u2018n Mens sou  rustig daarmee op vakansie kon gaan, gewapen met \u2018n paar honderd boeke  en \u2018n duisend CD\u2019s of wat en jouself gate uit kon geniet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Boonop  kom die Prestigio, anders as \u2018n Kindle byvoorbeeld, saam met \u2018n  leerhouertjie wat dit baie gemaklik maak om rond te dra. \u2018n Leerhouer  vir die Kindle kan maklik soveel kos soos die Prestigio m\u00e9t sy gratis  houer! Dan praat \u2018n mens nie eens van \u2018n laaier vir die Kindle wat jou  sommer R200 kan terugsit nie. Hoewel \u2018n mens die Kindle, soos ook die  Prestigio, via jou rekenaar se USB-poort kan laai, is dit geriefliker om  \u2018n aparte laaier te h\u00ea, iets wat insgelyks gratis saam met die  Prestigio versprei word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Trouens,  die hele Prestigio-pakket is uiters aantreklik, van die swart  kartondoos waarin die instrument saam met leerhouer, laaier, handleiding  en die nodige kabels verpak word tot die matswart plastiek van die  leser self. Dit pas gerieflik in \u2018n mens se hand as jy lees en die  bladsye word aan die regterkant met \u2018n stafie vorentoe of agtertoe  geblaai, baie soortgelyk aan die Kindle en ander lesers.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  Kindle is natuurlik \u2018n sogenaamde e-ink-leser sonder enige agterlig wat  die skerm laat gloei. Dis baie gemaklik op die o\u00eb, selfs in helder  sonlig en ek sou s\u00ea ek verkies dit as e-leser. Prestigio maak selfs \u2018n  e-ink-leser of wat oor \u2018n sogenaamde \u201cPearl\u201d-skerm beskik, maar dis  heelwat duurder as die basiese Prestigio &#8211; omtrent dubbel die prys om  die waarheid te s\u00ea. Vir e-ink-lesers het \u2018n mens saans ook kunsmatige  lig &#8211; soos vir \u2018n tradisionele boek &#8211; nodig en daarom is dit vir my  minder nuttig. As ek saans vir my dogter by haar ho\u00ebrskoolkooroefening  moet wag, kan ek dus nie vinnige in die donker my e-leser aanskakel en  lees nie. Die PER3172B is besonder nuttig as laat saans wil lees en nie  jou vrou met \u2018n bedlampie wil wakker hou nie, want hy beskik soos \u2018n  gewone rekenaarskerm wel oor \u2018n agterlig wat die boek in die donker  leesbaar maak. Wat dit verder gerieflik maak, is dat die helderheid van  die skerm verstelbaar is. Ek het gevind dat \u2018n mens bedags gerieflik op  50 tot 60 persent helderheid kan lees, terwyl so 30 persent in die  donker gerieflik is, want dan is die letters net mooi sigbaar sonder dat  die skerm te veel by jou o\u00eb inskyn.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Veral  vir ouer persone wat groter letters verkies, is die Prestigio \u2018n se\u00ebn,  want \u2018n mens kan die tipografie van enige boek van baie klein tot regtig  baie groot verstel, afhangend wat vir jou die gemaklikste is. Omdat  uitgewers van sogenaamde \u201cmassamarkslapbande\u201d gewoonlik soveel inhoud op  die minste aantal bladsye en papier wil inpas, is hulle gewoonlik  heeltemal te klein gedruk en sonder \u2018n bril haas onleesbaar. Die e-leser  het ons daarvan bevry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  skerm van die Prestigio is \u201cantiweerkaatsing\u201d, dus kan mens dit ook in  baie helder lig in die buitelug gebruik. Oor die algemeen het die  aanpasbaarheid van die skerm my nogal verbaas en is dit \u2018n vernuftige  stukkie tegnologie wat oral &#8211; in die vliegtuig, in die bed, buite &#8211;  gebruik kan word, solank mens net die skerm se helderheid by die  hoeveelheid lig rondom jou aanpas.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Persoonlik  dink ek die swart-en-wit e-ink-lesers is nog \u2018n tikkie gemakliker om te  lees: iets soos \u2018n Kindle of Prestigio se PER5162. Maar dan boet \u2018n  mens effens aan veeldoeligheid in, want die veelsydige PER3172B kan nog  vir jou volkleurvideo\u2019s of foto\u2019s ook vertoon. Boonop kan dit in enige lig  gelees word. Dis net die ding om, gelaai met \u2018n paar honderd of duisend  boeke, oral byderhand te h\u00ea waar \u2018n mens dalk moet wag, toustaan, reis  of \u2018n ledige uurtjie wil verwyl. Of sommer net vir ontspanning wil lees.  Teen die prys is dit eenvoudig onverbeterlik!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Koop dit aanlyn by die <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/praag.org.za\/index.php?page=shop.product_details&amp;category_id=17&amp;flypage=gk_flypage.tpl&amp;product_id=53&amp;option=com_virtuemart&amp;Itemid=3&amp;vmcchk=1&amp;Itemid=3\">Praagwinkel<\/a>.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/society\/2017\/10\/26\/190184.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die afgelope paar dae het ek Prestigio se basiese e-leser, die PER3172B, onder o\u00eb gehad en so twee, drie e-boeke daarop gelees. Omdat ek reeds baie met die Amazon Kindle vertroud is, kon ek die twee goed met mekaar vergelyk. Die Prestigio PER3172B is \u2018n veeldoelige leser wat eintlik teen die prys van R1199 (Praag-lede [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":12527,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[92],"tags":[],"class_list":["post-12528","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c83-persoonlik"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12528","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12528"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12528\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/12527"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12528"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12528"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12528"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}