{"id":12526,"date":"2012-04-26T06:23:50","date_gmt":"2012-04-26T06:23:50","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12526"},"modified":"2012-04-26T06:23:50","modified_gmt":"2012-04-26T06:23:50","slug":"twee-fluitjieblasers-stel-lastereis-teen-zille-in","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12526","title":{"rendered":"Twee fluitjieblasers stel lastereis teen Zille in"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die twee fluitjieblasers wat wanbestuur en moontlike korrupsie in die Midvaal Plaaslike Regering oopgevlek het en wat in reaksie daarop valslik deur die DA en hulle leier, Helen Zille, self van korrupsie beskuldig is, het vandag om 09:25 &#8216;n lastereis teen die DA en Zille van een miljoen rand laat beteken.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mnr Corrie Pypers, voormalige Transvaalse rugbykaptein en tans Vryheidsfront Plus raadslid in Midvaal, en mnr Cobus Hoffman, voorheen DA-raadslid en lid van die burgemeesterskomitee in Midvaal munisipaliteit, het albei wanbestuur en moontlike korrupsie in Midvaal oopgevlek en die DA se plaaslike en nasionale leierskap, insluitende Zille, daarvan verwittig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die DA se nasionale leierskap het egter die openbaarmaking geignoreer en die plaaslike DA-leierskap het aktief begin om die twee fluitjieblasers, in weerwil van die fluitjieblaser wetgewing, op verskeie wyses te intimideer. Op 11 November 2011 het Zille in haar weeklikse nuusbrief, SA Today, en op die DA se amptelike webblad enige wanbestuur en korrupsie in Midvaal probeer rasionaliseer deur die twee fluitjieblasers self te beskuldig as synde besmet met korrupsie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie bewerings is egter onwaar en het geen gronde nie en daarom het Pypers en Hoffman besluit, ter wille van hulle eie integriteit, om die DA en Zille vir laster te dagvaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Openbare Beskermer het na &#8216;n deeglike ondersoek in Oktober 2011 juis bevind dat ernstige wanbestuur in Midvaal plaasvind en die Spesiale Ondersoek Eenheid (SOE) is steeds besig met &#8216;n ondersoek na korruptiewe aktiwiteite in die plaaslike regering met aanduidings dat ernstige gevalle al geidentifiseer is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Zille maak groot gewag van haar party se ongeduld met wanbestuur en korrupsie en het selfs al pryse aan fluitjieblasers uitgedeel. Wanneer haar eie party in regering egter uitgevang word probeer sy eerder die skuldiges beskerm en loods aanvalle op weerlose fluitjieblasers&#8221; het Pypers in reaksie op die gebeure verduidelik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ek is sedertdien gedurigdeur in my besigheid deur elemente in die Midvaal munisipaliteit ondermyn en Cobus Hoffman is in ruil vir sy eerlikheid uit die DA geskors.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die aanval op ons deur die leier van die DA was vir ons die laaste strooi en het ons genoop om ernstig te reageer om ons integriteit en goeie naam te beskerm deur &#8216;n lastereis teen die DA en Zille in te stel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is natuurlik ook van die grootste belang dat enige regering, ongeag of die ANC of DA regeer, verantwoordelik en aanspreeklik gehou moet word vir die aanwending van belastingbetalers se geld.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Enige party-in-regering wat hierdie beginsel ondersteun behoort fluitjieblasers te beskerm en nie op te tree soos die DA gedoen het nie&#8221; het Pypers verder ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 opspraakwekkende nuus word heeltemal deur Media24 ge\u00efgnoreer en dien nie die belange van die bre\u00eb publiek daarbuite nie wat in die duister gehou word oor die DA se voortgesette intimidasieveldtog.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blog.bnkomi.ru\/post-34470\/\">\u041b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die twee fluitjieblasers wat wanbestuur en moontlike korrupsie in die Midvaal Plaaslike Regering oopgevlek het en wat in reaksie daarop valslik deur die DA en hulle leier, Helen Zille, self van korrupsie beskuldig is, het vandag om 09:25 &#8216;n lastereis teen die DA en Zille van een miljoen rand laat beteken. Mnr Corrie Pypers, voormalige [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[],"class_list":["post-12526","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12526","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12526"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12526\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12526"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12526"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12526"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}