{"id":12524,"date":"2012-04-26T05:13:28","date_gmt":"2012-04-26T05:13:28","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12524"},"modified":"2012-04-26T05:13:28","modified_gmt":"2012-04-26T05:13:28","slug":"solidariteit-loods-plaasaanvalvoorkomingsveldtog","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12524","title":{"rendered":"Solidariteit loods veldtog oor plaasaanvalle"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Veldtog is van stapel gestuur om plaasaanvalle in die kollig te plaas om dit as &#8216;n prioriteitsmisdaad te laat klassifiseer.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die inisiatief deur die vakbond Solidariteit, Afriforum en die Kraal-Uitgewers sal tot aan die einde van die jaar geloods word, het die organiseerders Woensdag in Pretoria ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit is onmoontlik om misdaad uit te wis, maar ons moet minstens kyk na kreatiewe wyses waarop plaasaanvalle getakel kan word,&#8221; het Dirk Hermann, adjunk-sekretaris-generaal van Solidariteit, ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons eise is eenvoudig en kan &#8216;n definitiewe en direkte impak h\u00ea op die manier waarop daar omgegaan word met die probleem van plaasaanvalle in Suid-Afrika,&#8221; het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die veldtog het ten doel om die regering te dwing om plaasaanvalle tot &#8216;n prioriteitsmisdaad te verklaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Intussen is daar 2 617 plaasaanvalle waarin 1 445 mense vermoor is op die rekord en dit wil voorkom of die regering steeds nie die erns van die situasie begryp nie,&#8221; het Hermann ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit het ook ten doel om gespesialiseerde beamptes van die SAPD te h\u00ea wat veiligheidsmaatre\u00ebls in landelike gebiede sal implementeer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Tot op datum het daar nog niks gekom van die polisie se nuwe beloftes vroe\u00ebr vanjaar oor die komende vrystelling van &#8216;n hersiende landelike veiligheidsplan nie,&#8221; het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die veldtog het afgeskop met &#8216;n projek wat stories sal insamel van families wat slagoffers van plaasaanvalle was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die &#8220;Vertel Jou Storie&#8221;-projek sal individue toelaat om te vertel van hul ervarings tydens plaasaanvalle. Di\u00e9 stories sal later vanjaar in &#8216;n boek gepubliseer word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Deel van die tien-punt-plan is om plaaslike en internasionale bewustheid oor plaasaanvalle te kweek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daardeur sal daar ook gefokus word op gebiede wat erg geraak is deur geweld op plase en sal mense aangemoedig word om waaksaam te wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Solidariteit sal dit ook oorweeg om hof toe te gaan om plaasaanvalle in die kollig te plaas. Die vakbond sal ook die moontlikheid oorweeg om &#8216;n beoogde landelike beskermingswet saam te stel.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/seotamplier.ru\/object\/transportirovka-gruza-topcargo\">\u0442\u043e\u043f\u043a\u0430\u0440\u0433\u043e \u043a\u0438\u0434\u0430\u043b\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Veldtog is van stapel gestuur om plaasaanvalle in die kollig te plaas om dit as &#8216;n prioriteitsmisdaad te laat klassifiseer. Die inisiatief deur die vakbond Solidariteit, Afriforum en die Kraal-Uitgewers sal tot aan die einde van die jaar geloods word, het die organiseerders Woensdag in Pretoria ges\u00ea. &#8220;Dit is onmoontlik om misdaad uit te &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12524\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Solidariteit loods veldtog oor plaasaanvalle&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[],"class_list":["post-12524","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12524","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12524"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12524\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12524"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12524"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12524"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}