{"id":12523,"date":"2012-04-26T05:04:28","date_gmt":"2012-04-26T05:04:28","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12523"},"modified":"2012-04-26T05:04:28","modified_gmt":"2012-04-26T05:04:28","slug":"zille-raak-onstabiel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12523","title":{"rendered":"&#8216;Zille raak onstabiel&#8217;"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, se onlangse opmerkings teen Cosatu is &#8216;n &#8220;teken van haar groeiende onstabiliteit&#8221;, het die provinsiale tak van die vakbond Woensdag ges\u00ea.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Cosatu is nie verras deur Zille se opmerkings by die Universiteit van Stellenbosch nie. Sy maak nou al &#8216;n ruk lank die vreemdste en mees verbasende stellings. Vir sommige daarvan moes sy reeds om verskoning vra,&#8221; het Tony Ehrenreich, Wes-Kaapse sekretaris van Cosatu, ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons raak toenemend bekommerd oor die onstabiliteit en roekeloosheid van die premier en leier van die DA.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het in &#8216;n verklaring ges\u00ea haar opmerkings oor Cosatu was &#8220;onakkuraat en misleidend&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Pleks daarvan om hier in detail te antwoord&#8230; sal ek graag &#8216;n openbare debat met die premier wou voer oor die kwessies wat sy opgehaal het,&#8221; het Ehrenreich ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons het al hierdie uitdaging voor die Stellenbosch-gebeurtenis aan die DA gerig, maar die DA wou dit nie aanvaar nie. Ek skat dit is makliker om wilde bewerings te maak as jy nie hoef te antwoord op die feite nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zille het Dinsdag aan studente by die universiteit ges\u00ea Cosatu probeer &#8220;konkel&#8221; omdat hulle ambisieus is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy het ges\u00ea Suid-Afrikaners het nodig om deur Cosatu te kan sien, aangesien dit &#8220;werklose mense weg van werke en ekonomiese geleenthede wil hou, om sy magsbasis te beskerm&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Soos die interne stryd in die ANC warm word, en Cosatu konkel vir meer mag, het hy homself op &#8216;n slim wyse probeer kleur as die &#8216;interne opposisie&#8217; binne die drieparty-alliansie,&#8221; het Zille ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit is duidelik dat Zwelinzima Vavi [sekretaris-generaal van Cosatu] betrokke is by &#8216;n veldtog om vir homself &#8216;n magsbasis te skep, van waar hy sal probeer om die alliansie te wen by die ANC se 2017-konferensie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy het ges\u00ea as Vavi die land wil bestuur, moet hy &#8220;sy naam op die stembrief sit en staan vir verkiesing&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Cosatu het vroe\u00ebr ges\u00ea hy sal nie deelneem aan die Wes-Kaap se Ekonomiese Ontwikkelingsvennootskap (EOV) nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Cosatu is, vreemd genoeg, die enigste organisasie in die hele provinsie wat weier om by die proses betrokke te raak, sedert dit in Maart 2011 begin het,&#8221; het sy luidens berigte ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Patrick Craven, nasionale woordvoerder van Cosatu, het Zille se opmerkings later as &#8220;verspot en lasterlik&#8221; beskryf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het ges\u00ea haar &#8220;uitbarsting&#8221; is gemotiveer deur jaloesie op Cosatu se vermo\u00eb om miljoene Suid-Afrikaners van alle rasse in sy veldtogte te mobiliseer.<br \/>Ehrenreich het ges\u00ea Zille was &#8220;oneerlik&#8221; oor die EOV.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die EOV is gestruktureer op &#8216;n manier wat die premier se grootste swakheid beskerm: om nie op &#8216;n konstruktiewe wyse te kan omgaan met persone en organisasies wat nie haar standpunte deel nie,&#8221; het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die R2 miljoen wat tot dusver op die EOV-proses spandeer is, is &#8216;n buitengewone koste wat weereens werke vir DA-vriende geskep het.&#8221;<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/vlast\/28.08.2014\/naznachen_novyj_prokuror_harkovskoj_oblasti\/\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u0411\u0440\u043e\u043d\u0438\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, se onlangse opmerkings teen Cosatu is &#8216;n &#8220;teken van haar groeiende onstabiliteit&#8221;, het die provinsiale tak van die vakbond Woensdag ges\u00ea. &#8220;Cosatu is nie verras deur Zille se opmerkings by die Universiteit van Stellenbosch nie. Sy maak nou al &#8216;n ruk lank die vreemdste en mees verbasende stellings. Vir sommige &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12523\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;&#8216;Zille raak onstabiel&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-12523","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12523","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12523"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12523\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12523"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12523"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12523"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}