{"id":1252,"date":"2008-02-04T06:51:24","date_gmt":"2008-02-04T06:51:24","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=1252"},"modified":"2008-02-04T06:51:24","modified_gmt":"2008-02-04T06:51:24","slug":"sa-onderwys-in-n-krisis-verslag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=1252","title":{"rendered":"SA onderwys in &#8216;n krisis ? verslag"},"content":{"rendered":"\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die verslag toon die mislukking van die opvoedingstelsel aan om die uitdagings van globale mededinging in die 21ste eeu die hoof te bied.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&ldquo;Ons praat waarskynlik van &#329; poging &ndash; as ons argumentonthalwe aanvaar dat ons die opvoedingstelsel kan kry om tans optimaal te funksioneer &ndash; wat &#329; hele geslag gaan duur voor ons die gevolge sien van &#329; goed opgevoede samelewing wat na die arbeidsmark en die ekonomie deurdring,&rdquo; het die Stellenbosse ekonoom, Servaas van den Berg, aan Finweek ges&ecirc;.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Gedurende die afgelope twee jaar het die Suid-Afrikaanse 535 000 mense die skole verlaat sonder om enige diploma te vewerf en het sodoende &#329; baie onsekere toekoms tegemoet gegaan.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die skoolverlaters sal die geledere van die werkloses versterk, meen Finweek. Teen di&eacute; tyd verteenwoordig burgers tussen die ouderdomme van 20 en 24 reeds 14% van die arbeidsmag, maar is oorverteenwoordig onder werkloses waar hulle ongeveer 27% van daaride syfer uitmaak.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Hierby moet gevoeg word verlede jaar se verslag deur die onderwyserminister, Naledi Pandor, wat uitgewys het dat minder as die helfte van die 675 132 leerders wat in 1999 met skool begin het uiteindelik matriek gehaal het.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Van die 564 775 matrikulante wat einde verlede jaar die eksame geskryf het, het meer as 200 000 gedruip.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoBodyText2\">Die afname in die slaagsyfer en &#329; gebrek aan vaardighede, s&ecirc; die verslag, skep &#329; afwaartse glybaan wat verdere ekonomiese groei betref. Die verslag waarsku dat &#329; kennisekonomie nie kan oorleef met &#329; wanbalans tussen die opgeleides en onopgeleides nie; dit veroorsaak &#329; bose kringloop waarbinne die gebrek aan vaardighede ekonomiese vraag verminder, asook die omgekeerde.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"><strong>Wiskunde en wetenskap<\/strong><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die statistiek rondom wiskunde en wetenskap verteenwoordig &#329; ernstige bron vir kommer: tussen 1999 en 2004 het &#329; gemiddeld van slegs 4,4% matrikulante wiskundeslaagsyfers behaal wat voldoende is vir universiteitstoelating in die natuurwetenskappe.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die feit dat slegs die helfte van die land se wiskunde- en wetenskaponderwysers in 1999 oor tersi&ecirc;re kwalifikasies in di&eacute; vakke beskik het, is kommerwekkend.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Vir die afgelope 16 jaar het minder as 7% van Seniorsertifikaatkandidate wiskunde op die ho&euml;r graad geslaag, volgens &#329; opname oor wiskunde en wetenskap op skool wat in 2007 deur die Sentrum vir Ontwikkelingsondernemings uitgevoer is, luidens die Finweekverslag.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die prognose vir matriekklasse in 2010 en 2011 is nie veel beter nie. Toe die 2010-groep (wat nou in graad 10 verkeer) in 2001 in graad 3 was, het die nasionale prestasie-opname getoon dat 30% nie die vereiste standaard in gesyferdheid bereik het nie en 54% het nie die vereiste standaard in geletterdheid behaal nie.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Wat die 2011-groep betref, het die graadsesevaluasie in 2005 getoon dat slegs 28% op die vereiste vlak van gesyferdheid presteer. Vir geletterdheid was dit slegs 38%.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Benewens die opvoedingskrisis, verloor Suid-Afrika opgeleide beroepslui na ander lande wat Suid-Afrika as &#329; werwingsgebied gebruik, s&ecirc; Finweek. &#329; Studie het onlangs bevind dat die verlies van een opgeleide beroepspersoon in Suid-Afrika die vermindering van tot 10 opopgeleide poste kan veroorsaak.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die Finweekverslag s&ecirc; die feit dat min gedoen word om &#329; volgende geslag ingenieurs, wetenskaplikes en ander beroepsluit op te lei wat nodig is vir &#329; groeiende ekonomie is selfs nog meer skrikwekkend.<\/span><\/p>\n<p>  <!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/aquaelite.com.ua\/\">\u043f\u043e\u0433\u0440\u0443\u0436\u043d\u043e\u0439 \u043d\u0430\u0441\u043e\u0441 \u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/otzovikoff.ru\/object\/kompaniya-topcargo\">topcargo \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Suid-Afrikaanse onderwys verkeer in &#329; krisis, volgens &#329; verslag wat verlede week deur die tydskrif Finweek gepubliseer is.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoBodyText\">Nie net onthul die verslag &#329; skokkende vaardigheidstekort 13 jaar na die politieke revolusie van 1994 nie, maar ook &#329; grondliggende krisis in die opvoedingstelsel wat &#329; tekort aan hulpbronne ondervind om die bevolking vir toekomstige ekonomiese groei toe te rus.<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[21089,1181,182],"class_list":["post-1252","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika","tag-nuus","tag-sa-onderwys-in-n-krisis-verslag","tag-streeksnuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1252","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1252"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1252\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1252"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1252"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1252"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}