{"id":12516,"date":"2012-04-25T05:51:35","date_gmt":"2012-04-25T05:51:35","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12516"},"modified":"2012-04-25T05:51:35","modified_gmt":"2012-04-25T05:51:35","slug":"amerikaanse-regering-wil-toeslaan-op-internet","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12516","title":{"rendered":"Amerikaanse regering wil toeslaan op internet"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die Amerikaanse kongres is besig met wetgewing wat die Amerikaanse regering en sy veiligheidasgentskappe ongebreidelde toegang tot mense se bedrywighede op die internet &#8211; in besonder op Facebook en Google &#8211; sal gee.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Indien wetgewing wat dalk nog hierdie week voor die kongres kan dien, aanvaar word, sal dit die VSA-regering in staat stel om alle privaat aanlyn-kommunikasies te monitor &#8211; solank dit onder die vaandel van &#8220;cybersecurity&#8221; gedoen word. Die wetgewing se bepalings is breed en vaag en sal veral die departement van Tuislandsekuriteit (Homeland Security) en dalk ook sekere privaat ondernemings toegang bied tot alle persoonlike e-posse en ander aanlyn-verkeer soos op Google, Facebook en andere.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die beoogde wegtgewing het egter teenstand van mense soos die Republikeinse presidensi\u00eble kandidaat en kongreslid, Ron Paul, uitgelok en selfs die Withuis het aangedui dat dit dalk te ver gaan. Maar daar is sterk steun  daarvoor in Demokratiese geledere en die Withuis se ligte kritiek word as politiekery bestempel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat die kwessie polities ingewikkeld maak, is dat &#8216;n Republikeinse kongreslid, Mike Rogers, voorsitter van die Huis van Verteenwoordigers se Intelligensiekomitee, een van die hoofborge vir die wetgewing is. Hy word nou deur sy eie partyleiers aangevat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Paul het Dinsdag (24 April) &#8216;n verklaring uitgereik het waarin hy waarsku dat die beoogde wetgewing &#8216;n ernstige inbreuk maak op Amerikaners se vryheid en privaatheid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Paul wys daarop dat daar vroe\u00ebr vanjaar weens sterk openbare druk afgesien is van planne om twee stukke wetgewing deur te loods wat soortgelyke oogmerke ten doel gehad het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Obama-administrasie se vaste voorneme om die internet te beheer is egter so sterk dat hulle nou met die nuwe wetgewing gekom het wat hulle insig en beheer oor mense se algehele doen en late op die web sal gee &#8211; onder die dekmantel dat hulle terrorisme bestry, voer Paul aan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die nuwe wet wat bekend staan as die &#8220;Cyber Intelligence Sharing and Protection Act&#8221; (CISPA) magtig veiligheidsagentskappe om inligting oor alle private kommunikasies van internetgroepe soos Google en Facebook te eis sonder dat enige lasbrief daarvoor uitgereik hoef te word. Daar word selfs beskerming aan die groepe verleen teen enige eise of ander wetlike optrede.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens Paul gaan dit veral die &#8220;sosiale media&#8221; ernstig benadeel en uiters verdag maak. &#8220;Voorstanders van CISPA het dalk goeie bedoelings, maar dit sal ons op die weg plaas van &#8216;n nasionale sekuriteitstaat in plaas van &#8216;n vrye, grondwetlike republiek. Enigeen wat glo in privaatheid en die vryemarkstelsel behoort ernstig besorg te wees oor hierdie wetgewing.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;CISPA is &#8216;Big Brother&#8217; in vet letters geskryf,&#8221; s\u00ea Paul in sy verklaring en vra dat kiesers hulle kongreslede aanspoor om die wetgewing teen te staan. Sover bekend het Mitt Romney,  voorloper in die Republikeinse nominasieverkiesings, hom nog nie oor die saak uitgelaat nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Voorstanders van die wetgewing s\u00ea dat heelwat van die regte wat nou aan die sentrale regering toegestaan word, reeds bestaan en internetmaatskappye deur middel van &#8216;n bevel of &#8216;n subpoena gedwing kan word om inligting te verskaf. Maar die teenstanders daarvan glo dat dit die deur net wyer oopmaak vir algehele regeringsbeheer oor en toegang tot mense se doen en late op die internet.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/inforesist.org\/shokin-uvolil-prokurora-xarkova\/\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Amerikaanse kongres is besig met wetgewing wat die Amerikaanse regering en sy veiligheidasgentskappe ongebreidelde toegang tot mense se bedrywighede op die internet &#8211; in besonder op Facebook en Google &#8211; sal gee. Indien wetgewing wat dalk nog hierdie week voor die kongres kan dien, aanvaar word, sal dit die VSA-regering in staat stel om &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12516\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Amerikaanse regering wil toeslaan op internet&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-12516","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12516","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12516"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12516\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12516"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12516"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12516"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}