{"id":12511,"date":"2012-04-25T04:47:55","date_gmt":"2012-04-25T04:47:55","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12511"},"modified":"2012-04-25T04:47:55","modified_gmt":"2012-04-25T04:47:55","slug":"gustav-12","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12511","title":{"rendered":"Handskoen en harpuis: Boks, die manlike kuns"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Ons weet nie veel van die apostel Paulus se persoonlike lewe en voorkeure af nie, maar d\u00edt weet ons: Die man het sy boks geniet. Hy gebruik dit om \u2019n doelgerigte geloofslewe te beskryf. \u201cEk is nie soos \u2019n bokser wat net lug raakslaan nie,\u201d beduie hy in een van sy sendingbriewe. Dit is moeilik om die denker wat liefde as \u201cdie uitnemendste\u201d innerlike natuurkrag beskryf het, met die kryt te versoen, maar in die twee millennia daarna sou daar \u2019n ontelbare skare mans \u2013 en \u2019n beduidende aantal vroue \u2013 wees wat iets roerend en selfs edel in di\u00e9 sport gevind het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om suksesvol te oorleef, te koester, te bou en te beskerm, hang van die krag en sekerheid van die mens se instinkte af. Die man van vervlo\u00eb dae wat in die nag uit sy slaap opspring en \u2019n knuppel opneem om sy huis en haard te beskerm, het nie die luuksheid van onsekerheid gehad nie. Die oomblik wat dit sou neem om te bepeins of hy moet of nie moet slaan nie, kon sy en sy gesin se ondergang beteken het. Hoewel die noodsaak vir di\u00e9 soort paraatheid verdwyn het met die totstandkoming van die moderne staat en sy sekerheidsmagte, is die manlike instinkte nie sondermeer afgeskakel nie, en \u2019n aktiewe instink bou voortdurend druk op om uitgeleef te word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die meeste mans het nou nog die drang tot aksie, om met \u2019n teenstander slaags te raak, om diep in homself te moet delf om neerlaag te voorkom en oorwinning te behaal. Die mens het homself deur die eeue gekondisioneer om hierdie drang \u00f3f persoonlik, \u00f3f deur die dade van \u2019n ander uit te leef, en dit, in \u2019n neutedop, verduidelik die herkoms van sport. Van die vroegste tye af kon sterk, fikse manne ander, minder fisies gegoede, mans kry om hulle te betaal om teen ander sterkmanne te veg. In Romeinse tye was dit die gladiator wat die gemeenskap se verbeelding gekaap het. Die Middeleeue het die verskynsel van die ridderkampvegter gebaar. In die laat negentiende eeu en deur die eerste driekwart van die twintigste eeu was boks die prim\u00eare skouspel waarmee die gemeenskap sy versugting vir aksie bevredig het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die eerste vyf twintigste-eeuse dekades was boksers dikwels meer bekend en gewild as filmsterre. Hulle is gesien as iets amper bomenslik. Die gedagte dat \u2019n man die veiligheid van \u2019n kleedkamer sou verlaat, homself sou inhok in \u2019n verhewe kamp van hoekpale en toue waar hy homself in die openbaar fisies, net met sy vuiste, vernuf en vasberadenheid, moes verdedig teen \u2019n geweldenaar, het \u2019n hol kol op die toeskouer se maag en \u2019n bewondering in sy gemoed gelaat. En as bystander was hy nie onbetrokke in die stryd nie. Omdat hy \u2019n paar pennies vir \u2019n kaartjie betaal het, \u00f3f omdat hy hom bloot vereenselwig het met een van die boksers, is hy emosioneel by die geveg ingesleep. Anders as in \u2019n rolprent waar die held beskerm is deur draaiboekskrywer en regisseur en waar filmateljees ingestel was om gehore met \u2019n verkose uitslag te bedien, was daar nooit enige waarborge in boks nie. Geen geveg was ooit \u2019n uitgemaakte saak nie. Die bokser se oorwinning het aan sy ondersteuners ook behoort, maar sy neerlaag is emosioneel net so intens deur sy volgelinge beleef.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die boksers het uit \u2019n ander w\u00eareld verskyn. Hulle habitat was di\u00e9 van dofbeligte gimnasiums met oefenkryte, slaansakke, gebiedende afrigters en afgeleefde oudstryders wat met raad en daad rondgeslof het teen \u2019n agtergrond van mure vol vergeelde toernooiplakkate en foto\u2019s van vergange helde in hulle fleur te midde van die stryd tussen die toue vir ewig vasgevang. Boks het die verbeelding aangegryp, juis omdat dit so ryk aan stories was en elke geveg het die lewensverhale van twee manne vir die duur daarvan laat saamdruis. Soos in die beste verhale, is die rykheid van karakter deurslaggewend en in geen sport was die karakters ooit meer kleurvol as in boks nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bokskampioene het soos gode te midde van sterflinge gewandel, wesens van legende en mite. Hulle heldedade is ontleed, bespreek, besing en toegejubel. Anders as tans, was daar op enige gegewe tyd op die meeste net agt gewigsafdelings en dus net agt w\u00eareldkampioene. Die gemiddelde mens se kans om tydens sy leeftyd drie keer deur weerlig raakgeslaan te word, was aansienlik beter as om \u2019n w\u00eareldkampioen \u2013 heersend of voormalig \u2013 te ontmoet. Boksers was deels sportman, deels sprokiesheld. Hulle het monsters verslaan, vuurwarm geleef en vroeg uitgebrand. \u2019n Volk het sy helde nodig gehad, en boks het baie van hulle verskaf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Goue Tyd van boks was sekerlik van die 1930\u2019s tot die 1980\u2019s. Kampioene was skaars en dus verhewe, veral in die mees gevierde gewigsklas van die swaargewigte. Enige boksentoesias kon die opeenvolging van kampioene van, s\u00ea nou maar, John L. Sullivan, tot en met Larry Holmes resiteer, soos wat rojaliste die dinastie van konings in vroe\u00ebr jare kon ops\u00ea. Daar was Sullivan, boks se eerste w\u00eareldfiguur wat verslaan is deur \u201cGentleman\u201d Jim Corbett, wat die kroon afgestaan het aan Bob Fitzsimmons waarna dit deur verskeie hande gegaan het voordat die verafskude Jack Johnson die eerste swart w\u00eareldkampioen in 1908 geword het en dit sou bly totdat \u2019n knoorse plaasseun, Jess Willard, hom in 1915 kis geslaan het en daarna self verrinneweer is deur die \u201cManassa Mauler,\u201d Jack Dempsey, wat \u2019n legende van verwoesting was totdat hy deur \u2019n belese marinier, Gene Tunney, geklop is en die titel later deur Tunney met sy aftrede afgestaan is aan die Duitser Max Schmeling wat verslaan is deur die geslepe Jack Sharkey wat op sy beurt oordonder is deur die reusagtige Primo Carnera wie se heerskappy skouspelagtig kortgeknip is deur die vernietigende grapjas Max Baer wat op sy beurt deur die depressieheld James Braddock verras is voordat die Joe Louis-era begin het met die negerbokser se oorwinning oor die veelgeroemde \u201cAspoestertjieman,\u201d \u2019n era wat eers twaalf jaar later met Louis se uittrede tot \u2019n einde sou kom en waarna Ezzard Charles die vakante titel gebuit het en later Jersey Joe Walcott sou afstaan voordat dit deur die genadelose Rocky Marciano gebuit is en syne tot en met sy uittrede as die enigste onoorwonne swaargewigkampioen gebly het, waarna Floyd Patterson dit gewen, aan Ingmar Johansen (wat die laaste blanke kampioen vir \u2019n baie lang tyd sou wees) afgestaan en toe weer teruggewen het, waarna hy deur Sonny Liston verpletter is en dit by Liston deur \u2019n opkomende jong grootbek, Cassius Clay, weggestroop is&#8230;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Cassius Clay het natuurlik, tot die groot vermaak van \u2019n Westerse w\u00eareld wat toenemend aan selfhaat begin ly het, homself herontwerp as Muhammad Ali. Die liberale pers het in alle ywer van hom die sport se grootste megaheld gemaak, \u2019n ikoon op die vlak van Suid-Afrika se mislukte terroristeleier, Nelson Mandela. Die Ali-legende is oor sowat twee dekades geskep, van sy opkoms as jong ster tot sy finale, verkleinerende nederlaag teen Larry Holmes in die vroe\u00eb tagtigs. \u2019n Gevegslegende kan nie sonder formidabele teenstanders geskep word nie, en Ali is goed gedien met veral Ken Norton, Joe Frazier en George Foreman wat almal \u2019n holte in die heldemuur vir hulleself verdien het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die val van Ali het sy koninkryk laat versplinter. Verskeie boksbeheerliggame het gesampioen en elkeen het \u2019n sny van die uiters winsgewende koek probeer kaap. Skielik was daar twee, drie, vier, en nou wie weet hoeveel, beheerliggame, elkeen met sy eie kampioen. Die aansien van die bokser as volksheld het verdof.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrikaners het deur die dekades hulle eie bokshelde gehad. George Hunter het in 1948 \u2019n goue medalje en die toekenning vir die mees wetenskaplike bokser by die Olimpiese Spele gewen. In die vyftigerjare het die Toweels, \u2019n Lebanese familie van die Oos-Rand, die vaandel gedra. Vertellinge van hulle krytdade het die grondslag gel\u00ea vir my eie belangstelling in boks.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">My twee oupas het nie veel in gemeen gehad anders as hulle liefde vir boks nie. Oupa Willem (Roux) was kort, vasberade en \u2019n predikant in Boksburg. Oupa Flip (Venter) was kort, veglustig en meermale burgemeester van Boksburg. Volgens oorlewering kon hyself \u2019n bokser van formaat gewees het. Hy was diep betrokke by die opheffing van armblankes in Boksburg en het op \u2019n keer gere\u00ebl dat van die ouer mans as skoonmakers kon werk. Ene Floyd, \u2019n dorpsamptenaar het hulle gestuur om die lokasies se strate te gaan vee. Toe Oupa Flip dit hoor, het hy afgesit na die munisipale kantore. Hy het vir Floyd, wat \u2019n goeie kop langer as hy was, by die trappe van die munisipale kantore raak geloop en hom met een magtige regterhaak neergevel. Die oumense het die tien pond waarmee hy beboet was, ingesamel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oupa Flip, soos die res van Suid-Afrika, was in ekstase toe Viccie Toweel Suid-Afrika se eerste w\u00eareldkampioen geword het met \u2019n titaniese geveg teen die legendariese Manuel Ortiz. Toweel het sy titel \u2019n keer of wat suksesvol verdedig voordat hy deur die toue geklim het vir \u2019n ontmoeting met \u2019n bleek Skot, Jimmy Carruthers. Oupa Flip het homself met sorg en bewende afwagting voor die radio tuisgemaak. Toe die openingsklok lui, het hy gevroetel vir \u2019n sigaret en gedemp geswets toe hy besef hy het dit in die kombuis laat l\u00ea. Die spanning sou vir hom te veel wees, en hy het kombuis toe en terug gewikkel, en so het hy die hele geveg misgeloop. Carruthers het vir Toweel binne sekondes uitgeslaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toweel sou vir een-en-twintig jaar ons enigste w\u00eareldkampioen wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In 1973 het die spanning en die glorie van boks my vir die eerste keer werklik aangegryp. Ek was toevallig saam met vriende op \u2019n familieplaas in Nylstroom en ons het rondom die groot staanradio in die sitkamer vergader, die grootmense op stoele en ons kinders wat op ons mae met ons kenne in ons hande gestut gel\u00ea het. Daardie rooi mat met die Oosterse patroon op, die bal-en-klousitkamerstel en die vertoonkas en die kombuisreuke en die plaasnaggeluide sal in my geheue altyd verbind wees met die glorie en atmosfeer van boks.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Arnold Taylor, \u2019n koekiebakker van Johannesburg (regtig!), het na \u2019n moeisame weg deur die rangordes \u2019n titelgeveg met die w\u00eareldkapokgewigkampioen, Romero Anaya, van Meksiko afgedwing. Dit was \u2019n bloedige uitmergelstryd, en die drama daarvan is in my jong gemoed versterk deur die feit dat ek dit net kon h\u00f3\u00f3r, elke trefslag van handskoen teen vlees, die geskuifel van boksskoene op harpuis, die histeriese geloei van die skare en die masjiengeweervoordrag van die kommentator. Ek was aangegryp en dit het vir my belangrik geword dat Arnold Taylor sou wen, en na die vyfde rondte, waarin hy tweemaal platgeslaan is, het dit vir my \u2019n obsessie geword.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">My hartklop het versnel, my asemhaling vinniger en vlakker, en \u2019n drukking van afwagting het in my opgebou en daarmee saam \u2019n desperate begeerte dat my wil deur die vuiste van Taylor sou geld. Anaya was \u2019n ware kampioen, \u2019n tipiese Meksikaanse bokser, tegnies bedrewe, glibberig, gesout en met knalkrag in beide hande. Taylor het \u2019n goeie regterhaakhou gehad en vragte moed en&#8230; en eintlik was dit al. Hy was \u2019n maklike teiken vir Anaya en sy stokkerige bewegings het sy voornemens blootgel\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Anaya het hom nog drie keer in die agste planke toe gestuur en nog drie keer het Taylor opgestaan. Hy het nie \u2019n duim se grondgebied prysgegee nie; eerder onverskrokke en meedo\u00ebnloos vorentoe op die aanval geskuifel en net nooit opgehou slaan nie. Teen die veertiende rondte was hy, verstommend genoeg, nog steeds op sy voete, steeds op die aanval. Anaya was nou al moedeloos; moedeloos om Taylor te slaan en moedeloos om geslaan te word. Tog was hy so ver voor op punte, s\u00f3 in beheer van die geveg en onstuitbaar&#8230; Soos \u2019n donderslag uit blou lug het Arnold Taylor oorgehaal en \u2019n verwoede regterhaak geslinger: \u2019n Voltreffer!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201c&#8230; en hy slaan soos \u2019n dooie os neer!\u201d het die kommentator gegil. (Later, toe ons uittreksels van die geveg in die nuusprent in die inryteater gesien het, was dit opvallend dat Anaya se agterkop v\u00f3\u00f3r sy hakke die krytvloer getref het.)<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En skielik was daardie plaassitkamer in die Nylstroom-distrik vol gillende, huppelende, vuispompende mense. Sekondes tevore was ek uitgeput, asof ek persoonlik drie keer in \u2019n rondte platgeslaan is, verkleineer, afgetakel, lusteloos en van nederlaag oortuig. Daardie sekondes wat dit vir skeidsregter Stan Christodoulou geneem het om vir Anaya uit te tel \u2013 en dit was \u2019n lang telling want \u2019n oorstelpte Taylor wou nie na \u2019n neutrale hoek gaan nie \u2013 was \u2019n hele epog van spanning, hoop en groeiende ongeloof. Teen die tyd wat die Meksikaan uitgetel was, was ek vol energie, jubelend, huppelend. Dit was asof \u00e9k persoonlik tussen die toue was, asof ek die wetenskaplike vernietiging van Romero Anaya oorleef het, asof dit m\u00fd regterhaak was wat hom omtrent onthoof het. Arnold Taylor was \u2019n bloedige held en het van honderde duisende manne daardie aand helde gemaak. Dis net, ek was nie vol kneusplekke nie en Anaya het nie bloed getrek uit een van die ander luisteraars nie. Taylor, aan die anderkant, het gelyk asof hy heen-en-weer deur \u2019n hamermeul is. En dit is waarom hy die prysgeld wat hy ontvang het \u2013 en daardie dae was dit relatief min \u2013 dubbel en dwars verdien het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir my, en die wyer Suid-Afrikaanse publiek, het daardie November-aand in 1973, \u2019n nuwe en vurige belangstelling in boks ingelui. En \u2019n panteon bokshelde het reg gestaan om ons saam met hulle in die kryt te neem, manne met verskillende benaderings, tegniese swak- en sterkpunte, en, bowenal, persoonlike verhale en karakters, manne soos Pierre Fourie, Charlie Weir, Andries Steyn, Brian Mitchell en die swaargewigviertal Mike Schutte, Kallie Knoetze, Gerrie Coetzee en Jimmy Abbott.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgende keer vertel ek meer van hulle, en hoe boks as deel van die volksbewussyn verwelk het, en ek nooi julle om saam met my te onthou.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/chp.com.ua\/stati-partnerov\/biznes-i-uslugi\/item\/51465-poisk-postavshchika-v-kitae-realnyy-opyt-postroeniya-uspeshnogo-biznesa\">\u0442\u043e\u043f\u043a\u0430\u0440\u0433\u043e \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ons weet nie veel van die apostel Paulus se persoonlike lewe en voorkeure af nie, maar d\u00edt weet ons: Die man het sy boks geniet. Hy gebruik dit om \u2019n doelgerigte geloofslewe te beskryf. \u201cEk is nie soos \u2019n bokser wat net lug raakslaan nie,\u201d beduie hy in een van sy sendingbriewe. Dit is moeilik [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[125],"tags":[],"class_list":["post-12511","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c117-algemeen"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12511","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12511"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12511\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12511"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12511"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12511"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}