{"id":12508,"date":"2012-04-24T05:46:08","date_gmt":"2012-04-24T05:46:08","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12508"},"modified":"2012-04-24T05:46:08","modified_gmt":"2012-04-24T05:46:08","slug":"een-uit-vier-johannesburgers-betaal-omkoopgeld","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12508","title":{"rendered":"Een uit vier Johannesburgers betaal omkoopgeld"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Een in elke vier Johannesburgse bestuurders het omkoopgeld aan die verkeerspolisie in 2010 betaal, het Corruption Watch se uitvoerende direkteur, David Lewis, Maandag ges\u00ea.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;[Die verslag asook ander opnames] toon dat een uit elke vier padgebruikers in Johannesburg al omkoopgeld betaal het,&#8221; het hy aan die media in Johannesburg ges\u00ea verwysende na &#8216;n opname van Statistiek Suid-Afrika in 2010.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit kom neer op sowat 150 000 bestuurders. Hy het verduidelik dat geen nuwe opname sedertdien gedoen is nie, maar dat die tendens waarskynlik toegeneem het sedert 2010.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Omkopery is &#8216;n ernstige misdaad.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Lewis het gepraat by die vrystelling van &#8216;n verslag oor korrupsie binne die Johannesburgse Metropolisie (JMPD), genaamd &#8220;The Law for Sale&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sleutelbevindings sluit die omvang van die probleem in en dat die owerhede dit nie erken nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;[Die verslag] kritiseer die JMPD daarvoor dat hulle die omvang van korrupsie binne die mag ontken. Die blote omvang van die probleem is enorm.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die verslag is deel van &#8216;n landwye anti-omkopery-veldtog, oftewel die &#8220;no more tjo-tjo&#8221;-veldtog, wat ook Maandag geloods is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die verslag is een van verskeie wat beplan is deur Corruption Watch om gebiede waar korrupsievlakke hoog is in die land te identifiseer. Lewis het ges\u00ea JMPD-statistieke dui daarop dat slegs 184 sake van korrupsie oor die laaste drie jaar, van 2009 tot 2011, aangemeld is. Hieruit is 37 beamptes skuldig bevind en 19 is afgedank.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Corruption Watch se aanbevelings aan die JMPD en die Stad Johannesburg is om verantwoordelikheid te neem en korrupsie aan te spreek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">JMPD-beamptes moet te alle tye sigbare identifikasie dra en hulle moet korrupsie met anonimiteit kan aanmeld.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Veld-integriteitstoetse moet gebruik word om bewyse teen korrupte beamptes in te samel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Lewis het beklemtoon dat omkopery nie &#8216;n slagofferlose misdaad is nie. Dronkbestuurders of motoriste met defektiewe motors word toegelaat om op die paaie te bly nadat hulle omkoopgeld betaal het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons hoor dikwels die verskoning dat die publiek verantwoordelik is wat omkoopgeld aan verkeersbeamptes bied. Ons kyk egter op na wetstoepassingsbeamptes om betroubaar en voorbeeldig in hul gedrag te wees,&#8221; het Lewis ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die publiek sal baie huiwerig wees om omkoopgeld aan te bied as hulle weet dat verkeersbeamptes altyd die wet sal handhaaf.&#8221;<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/careers.ua\/mix\/analiziruem-deklaratsiyu-o-dohodah-yuriya-danilchenko\/\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0430<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Een in elke vier Johannesburgse bestuurders het omkoopgeld aan die verkeerspolisie in 2010 betaal, het Corruption Watch se uitvoerende direkteur, David Lewis, Maandag ges\u00ea. &#8220;[Die verslag asook ander opnames] toon dat een uit elke vier padgebruikers in Johannesburg al omkoopgeld betaal het,&#8221; het hy aan die media in Johannesburg ges\u00ea verwysende na &#8216;n opname van &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12508\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Een uit vier Johannesburgers betaal omkoopgeld&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-12508","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12508","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12508"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12508\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12508"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12508"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12508"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}