{"id":12492,"date":"2012-04-20T11:43:27","date_gmt":"2012-04-20T11:43:27","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12492"},"modified":"2012-04-20T11:43:27","modified_gmt":"2012-04-20T11:43:27","slug":"gustav-11","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12492","title":{"rendered":"Stormers hou die fort Doeroender"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Dit is \u2019n beproefde waarheid in voetbal dat \u2019n goeie offensief wedstryde wen, maar \u2019n hegte verdediging wen toernooie. In die wortel van di\u00e9 twee benaderinge is daar uiteenlopende strydfilosofie\u00eb: Die aanvallende span reken daarop om te wen deur meer punte as die ander span te kry terwyl die verdedigingsgesinde span daarop ingestel is om te sorg dat die ander span minder punte as hulle kry. Die Reds het verlede jaar, in weerwil van bogenoemde aanname, die Super Rugby-toernooi aanvallenderwys gewen met \u2019n offensief wat om die o\u00ebverblindende hanteer- en voetwerk van Quade Cooper gekonstrueer was. Hy is tans op die kroklys, maar nog steeds probeer hulle die aanvallende voetbal van verlede jaar speel. Die lollery is wanneer hulle nou teen \u2019n goed-georganiseerde verdediging te staan kom en dis wat vroe\u00ebr vandag in Australi\u00eb teen die Stormers gebeur het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Rooi wedstrydstrategie was \u2019n eenvoudige een: Kry die bal en hou aan daarmee dryf en hardloop totdat daar \u2019n bres in die verdediging verskyn. Wel, die Stormers-verdediging was \u2019n slot waarvoor die Reds nie \u2019n sleutel kon vind nie. Sodra die Reds in aanvalsformasie kom, vorm die Stormers se verdediging op, ongestoor, ongejaag, presies seker waar die brandpunte in die offensief is en hoe hulle dit gaan snuit. Hulle het so \u2019n goeie begrip van die ruimtes tussen hulle dat die lyn, of soms die kurwe, deurentyd heg bly. Dit is \u2019n plesier om hierdie verdedigers aan die werk te sien. Daar is nie een werklik verwoestende verdediger onder hulle nie \u2013 Juan de Jongh kom seker die naaste daaraan \u2013 maar die verstandhouding, vertroue en kommunikasie tussen die verdedigers is op die kop. Wanneer \u2019n aanvaller in die skootsvak kom, word daar oombliklik besluit wie sy pale gaan lig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is egter n\u00f3g \u2019n element in die verdediging en dit is die swerwende jagters. Selfs wanneer die verdedigingslinie faal, is di\u00e9 verdedigers volspoed in posisie om die ontsnappende aanvaller neer te vel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Stormers verstaan ook dat die werk nie klaar is wanneer die bal grond toe gaan nie. Die losbal word genadeloos gejag, nie net deur die losvoorspelers nie, maar deur elkeen binne trefafstand. Die Reds het net nooit die luuksheid gehad om \u2019n bal te laat rondl\u00ea nie en dit was veral Tiaan Liebenberg en Gio Aplon wat vinnig op los goed geteer het. Boonop het die Stormers die vermo\u00eb ontwikkel om rondom die losskrum met vinnige verdediging te verras. Telkemale is \u2019n Reds-speler afgehaal om te sien dat hy die bal afgestaan het omdat \u2019n verdediger opgeduik het net waar hy nie verwag of gewens was nie. Dit het alles veroorsaak dat die Reds se tyd om \u2019n aanval in te rig baie beperk was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Einstein het ges\u00ea dat \u2019n kranksinnige mens iemand is wat \u2019n eksperiment oor en oor herhaal en elke keer \u2019n ander uitslag verwag. Om deurlopend aan te val met dieselfde resultaat \u2013 n\u00f3g \u2019n uitgedoofde aanval, n\u00f3g \u2019n verlore bal, n\u00f3g \u2019n bal wat skielik terug geskop word oor al daardie meters wat jy so duur gekoop het \u2013 laat \u2019n span naderhand effens mal voorkom en dis wanneer \u2019n speler wat normaalweg nugter dink, soos Will Genia, sotlikhede aanvang, soos om te reken hy kan die vlakopstormende Stormers-linie koudsit met \u2019n boogskoppie uit sy eie kwartgebied. Die gevolg was \u2019n teenaanval waarin Kitshof, die jong kerriekopstut fyntjies langs die kantlyn afgetrippel het, op een of ander manier binne gebly het en die bal aangestuur het na Aplon wat weer sy aangee te midde van \u2019n sweepslaglak nie vir iemand nie, maar na \u2019n algemene area, gegooi het waar dit tog opgeraap is en die ander aanvallers kon deurslaan. Uiteindelik was dit Peter Grant wat tussen oorhoopse Reds-verdedigers deurgedwaal het vir \u2019n drie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Stormers se ander drie was \u2019n langafstandspanpoging wat uiteindelik voltooi is deur Gio Aplon. Grant se korrel was die hele aand in en na al die Reds se harde werk was dit die Stormers wat gaan lemoenskyfies eet het met \u2019n voorsprong van 17-3.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toertamheid het die Stormers in die tweede helfte gevang en van teenaanvalle was daar nie sprake nie. Hulle is verrinneweer in die skrums en het net soms hulle eie lynstaanballe gewen. Maar die verdediging het steeds gehou. Die Reds se enigste drie was nie die vrug van volgehoue, deurpriemende aanvalle nie, maar van \u2019n lynstaanblaps deur die Stormers net buite hulle doelgebied. Deon Fourie het die bal eenvoudig oor sy slotte gegooi tot waar James Horwill losgestaan en die bal sonder \u2019n verdediger voor hom gevang het. Vyf maklike tre\u00eb vir \u2019n drie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit was die Reds se enigste punte in die tweede helfte en die Stormers kon self net twee strafskoppe se punte insamel vir \u2019n 23-10 oorwinning.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2019n Mens sou wou sien dat die Stormers se gevaarlike agterlyn meer bestendig begin vuur. Maar selfs sonder trosse drie\u00eb, as dit bloot van hulle verdediging afhang, kan die Kapenaars hierdie jaar dwarsdeur druk en die hand aan die trofee slaan.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/events\/3868770\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0434\u043e\u0447\u044c<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit is \u2019n beproefde waarheid in voetbal dat \u2019n goeie offensief wedstryde wen, maar \u2019n hegte verdediging wen toernooie. In die wortel van di\u00e9 twee benaderinge is daar uiteenlopende strydfilosofie\u00eb: Die aanvallende span reken daarop om te wen deur meer punte as die ander span te kry terwyl die verdedigingsgesinde span daarop ingestel is om [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[87],"tags":[],"class_list":["post-12492","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c78-rugby"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12492","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12492"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12492\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12492"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12492"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12492"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}