{"id":12490,"date":"2012-04-20T08:59:35","date_gmt":"2012-04-20T08:59:35","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12490"},"modified":"2012-04-20T08:59:35","modified_gmt":"2012-04-20T08:59:35","slug":"zuma-het-etniese-polisiemag-gebou","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12490","title":{"rendered":"Zuma het &#8216;etniese polisiemag gebou&#8217;"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Een van Jacob Zuma se &#8220;mees betroubare&#8221; lyfwagte is in beheer van operasionele spioenasie in die Suid-Afrikaanse Polisiediens het die Mail &amp; Guardian onthul.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Brigadier KB &#8220;Bhoyi&#8221; Ngcobo, &#8216;n senior lid van die presidensi\u00eble beskermingseenheid, is aangestel as die waarnemende hoof van die misdaadintelligensie-insameling en is deur die waarnemende nasionale kommissaris Nhlanhla Mkhwanazi aangestel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bheki Cele, vorige polisiehoof, is in Oktober verlede jaar geskors hangende die uitslag van &#8216;n ondersoek na sy geskiktheid vir die amp.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Misdaadintelligensiebronne het aan die M &amp; G ges\u00ea hulle verwag dat Ngcobo bevorder sal word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hulle het voorspel dat dit sal deel vorm van die herstrukturering aangekondig deur die Afdelingskommissaris vir misdaadintelligensie, Richard Mdluli, sedert sy omstrede heraanstelling aan die einde van Maart.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ngcobo se keuse blyk die wurggreep te konsolideer oor die polisie se intelligensie strukture deur individue wat &#8216;n persoonlike lojaliteit aan Zuma betoon.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zuma het Ngcobo as een van sy beste beskermers uitgesonder, wat weerstand gebied het teen &#8220;samesweerders&#8221; tydens sy tyd in die politieke woestyn.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zuma het glo ges\u00ea sy lyfwagte het &#8220;diep kennis van die politiek&#8221; want hulle weier &#8220;om inligting oor my bewegings te gee wanneer hulle meerderes dit eis&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe Zuma in 2009 president geword het, het hy glo daarop aangedring dat hierdie groep saam met hom bly.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit is groot,&#8221; s\u00ea &#8216;n senior polisiebeampte, wat op voorwaarde van anonimiteit oor die komende herstrukturering gepraat het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die presidensi\u00eble beskerming is oral. Hulle pas ministers, adjunk-ministers, premiers, LUR&#8217;e en selfs regters op. Nou sal Mdluli almal se roeteplanne op sy lessenaar elke dag kry. Hy sal weet as hulle afwyk van dit wat hulle moet doen, wie hulle sien. Alles!&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Ander bron s\u00ea: &#8220;Mdluli kan sien wat elke minister 24 uur per dag doen en dit is presies wat Zuma wil h\u00ea.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nog &#8216;n misdaad intelligensie-beampte het ges\u00ea: &#8220;Dit sal misdaadintelligensie be\u00efnvloed om te fokus op politieke intelligensie in plaas van intelligensie wat die stryd teen misdaad behels.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die offisier het bygevoeg: &#8220;Die regering het die bou van &#8216;n etniese polisiediens toegelaat.&#8221;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Majoor-generaal Solly Lazarus, wat, soos Mdluli, van die misbruik van die geheime fondse vir persoonlike gewin beskuldig is, is heraangestel as algehele hoof van misdaadintelligensie se ondersteuningsfunksies, hoewel Mkhwanazi ook die onbekende brigadier MO Nemutanzhela as waarnemende hoof van die geheime ondersteuning aangestel het.<\/div>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kh.depo.ua\/rus\/kh\/2016\/01\/prokuratura-rozsliduye-nezakonnu-rekonstrukciyu-pam-yatnika-arhitekturi-v-centri-harkova-20170504566196\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Een van Jacob Zuma se &#8220;mees betroubare&#8221; lyfwagte is in beheer van operasionele spioenasie in die Suid-Afrikaanse Polisiediens het die Mail &amp; Guardian onthul. Brigadier KB &#8220;Bhoyi&#8221; Ngcobo, &#8216;n senior lid van die presidensi\u00eble beskermingseenheid, is aangestel as die waarnemende hoof van die misdaadintelligensie-insameling en is deur die waarnemende nasionale kommissaris Nhlanhla Mkhwanazi aangestel. Bheki &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12490\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Zuma het &#8216;etniese polisiemag gebou&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-12490","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12490","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12490"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12490\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12490"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12490"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12490"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}