{"id":12486,"date":"2012-04-20T05:34:29","date_gmt":"2012-04-20T05:34:29","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12486"},"modified":"2012-04-20T05:34:29","modified_gmt":"2012-04-20T05:34:29","slug":"adjunkminister-se-riool-in-water-is-ingewikkeld","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12486","title":{"rendered":"Adjunkminister s\u00ea riool in water is &#8216;ingewikkeld&#8217;"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Rejoice Mabudafhas, adjunk-minister van waterwese, s\u00ea die probleme met drinkwater in dele van Diepsloot, wat noordwes van Johannesburg gele\u00eb is, is ingewikkeld maar word aangespreek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die kompleksiteit om hierdie situasie reg te stel, word goed begryp as gevolg van die grootte van die netwerk, die spoel en verwante ingenieurswese en wetenskaplike prosesse,&#8221; het sy in &#8216;n verklaring ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy het &#8216;n vergadering van die Stadsraad van Johannnesburg en die wateragentskap Johannesburg Water bygewoon om die probleem te bespreek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Diepsloot se waterstelsel is verlede Donderdag met riool besoedel toe &#8216;n kontrakteur wat die infrastruktuur opgradeer, waterpype beskadig het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die waterpypstelsel in die lokasie is uitgespoel en chloor is bygevoeg om te verseker dat die water veilig is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Mabudafhasi het ges\u00ea sy is tevrede dat die regulatoriese vereistes nagekom is en dat voldoende maatre\u00ebls geneem is om veilige drinkwater so gou as moontlik te herstel.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoewel daar &#8216;n merkbare verbetering in die kwaliteit van die water is, is dit nog nie in lyn met nasionale standaarde nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Lede van die gemeenskap is dus gewaarsku dat hulle nog nie die water moet gebruik vir drink en kook nie, maar hulle kan die water vir sanitasie gebruik,&#8221; het sy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ander gebiede naby Diepsloot, soos Dainfern en Fourways, was onaangeraak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die resultate van watermonsters wat geneem is van die geaffekteerde gebiede sal slegs Vrydag beskikbaar wees want die proses duur ongeveer 20 uur, het Mabudafhasi ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Polisieversterkings is in die gebied ontplooi by die kruising van die M14 om inwoners te stop om water te gaan haal by die nabygele\u00eb fabrieke.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hulle beheer ook die verspreiding van water uit tenkwaens.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens die 2001 sensus, beslaan Diepsloot &#8216;n oppervlakte van 8,58 km \u00b2 en het &#8216;n bevolking van 50 000. Die meerderheid van die gemeenskap praat Sepedi of Zoeloe.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/declarations.com.ua\/declaration\/vulyk_16_128\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Rejoice Mabudafhas, adjunk-minister van waterwese, s\u00ea die probleme met drinkwater in dele van Diepsloot, wat noordwes van Johannesburg gele\u00eb is, is ingewikkeld maar word aangespreek. &#8220;Die kompleksiteit om hierdie situasie reg te stel, word goed begryp as gevolg van die grootte van die netwerk, die spoel en verwante ingenieurswese en wetenskaplike prosesse,&#8221; het sy in &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12486\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Adjunkminister s\u00ea riool in water is &#8216;ingewikkeld&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-12486","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12486","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12486"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12486\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12486"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12486"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12486"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}