{"id":12479,"date":"2012-04-19T10:02:10","date_gmt":"2012-04-19T10:02:10","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12479"},"modified":"2012-04-19T10:02:10","modified_gmt":"2012-04-19T10:02:10","slug":"et-het-werkers-uitgebuit","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12479","title":{"rendered":"ET &#8216;het werkers uitgebuit&#8217;"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Werkers op die vermoorde regse leier Eugene Terre&#8217;Blanche se plaas is uitgebuit, het die hof in Ventersdorp Donderdag gehoor.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die plaaswerkers soos die beskuldigde word oor die algemeen uitgebuit,&#8221; het Norman Arendse, die prokureur van die twee beskuldigdes, ges\u00ea in sy slotargument.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Chris Mahlangu en die tiener staan tereg op die moord van Terre&#8217;Blanche in sy plaashuis buite Ventersdorp in Noordwes, op 3 April 2010.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Albei het onskuldig gepleit op moord, huisbraak en roof met verswarende omstandighede. Mahlangu het beweer dat hy in selfverdediging opgetree het. Die tiener ontken betrokkenheid by die misdaad.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Arendse het ges\u00ea Terre&#8217;Blanche was &#8216;n bekende wit suprematis en &#8220;het &#8216;n goed-gedokumenteerde geskiedenis van die wet in eie hande neem&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het verwys na Terre&#8217;Blanche wat tronk toe gestuur is vir aanranding van &#8216;n vulstasiejoggie in 1993. Arendse het bygevoeg dat die polisie geweet het dat &#8216;n minderjarige op Terre&#8217;Blanche se plaas gewerk het, maar niks gedoen het daaroor nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die &#8216;dop-stelsel&#8217; is gesond en lewendig.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het verwys na werkers wat met drank betaal word. Terre&#8217;Blanche het alkohol gekoop om vir die twee beskuldigdes te gee op die dag van sy moord.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Arendse het ook ges\u00ea dat, aangesien nie een van die twee kan bestuur nie, die derde aanklag van poging tot roof ongegrond is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Woensdag, het Arendse aan die hof ges\u00ea die staat het geen bewyse teen die tiener nie. Hy het ges\u00ea die staat maak staat op hoors\u00ea oor die jeugdige se rol in die misdaad deur Mahlangu.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Daar is geen ander getuienis teen beskuldigde nommer twee nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aanklaer George Baloyi het Woensdag ges\u00ea: &#8220;Die staat se voorlegging is dat beide beskuldigde skuldig bevind word op alle aanklagte.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Baloyi beskryf die geval as buitengewoon omdat die twee nie weggehardloop het n\u00e1 die moord nie, en in plaas daarvan &#8216;n groot afstand geloop het om die polisie in kennis te stel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tydens sy slotbetoog, het Mahlangu se prokureur, Kgomotso Tlouane beweer dat indien die twee skuldig was hulle sou nie die moeite gedoen het om die polisie te bel nie, maar sou gevlug het.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti_partnerov\/04.09.2017\/kak_biznesu_vybrat_gruzoperevozchika_sovety_eksperta_po_kargo\">\u0442\u043e\u043f\u043a\u0430\u0440\u0433\u043e \u0440\u0430\u0437\u0432\u043e\u0434<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Werkers op die vermoorde regse leier Eugene Terre&#8217;Blanche se plaas is uitgebuit, het die hof in Ventersdorp Donderdag gehoor. &#8220;Die plaaswerkers soos die beskuldigde word oor die algemeen uitgebuit,&#8221; het Norman Arendse, die prokureur van die twee beskuldigdes, ges\u00ea in sy slotargument. Chris Mahlangu en die tiener staan tereg op die moord van Terre&#8217;Blanche in &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12479\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;ET &#8216;het werkers uitgebuit&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[],"class_list":["post-12479","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12479","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12479"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12479\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12479"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12479"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12479"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}