{"id":12464,"date":"2012-04-18T15:30:25","date_gmt":"2012-04-18T15:30:25","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12464"},"modified":"2012-04-18T15:30:25","modified_gmt":"2012-04-18T15:30:25","slug":"breivik-quisling-die-verhoor-van-psigiatrie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12464","title":{"rendered":"Breivik, Quisling, die verhoor van psigiatrie"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die w\u00eareld kyk na die komende verhoor van Anders Breivik, wat aangekla word van die moord op 77, meestal wit, blou-oog tieners. Vir baie, nasionaliste veral, is Breivik se beweerde gedrag so vreemd dat hy net doodeenvoudig stapelgek moet wees.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In teenstelling met wat die vermeende dader grinnikend en selftevrede beweer, was sy optrede beslis nie die van &#8216;n kerngesonde nasionalis nie, laat staan nog &#8216;n kritikus van Islam of multikulti. Sy optrede weerspreek elke rede wat hy tot dusver kon aanvoer omdat dit sal lei tot &#8216;n weersin in nasionaliste, Christene en anti-intergrasie aktviste.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Breivik is al met Vidkun Quisling vergelyk, &#8216;n mede-Noor en ywerige Nazi. Vir Quisling se verraad teenoor sy volksgenote gedurende die Tweede W\u00eareldoorlog word sy naam in alle tale gebruik om &#8216;n verraaier wat saam met sy land se vyande sy eie mense onderdruk, te beskryf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Noorwe\u00ebrs maak reg vir &#8216;n verskriklike opvoering, &#8216;n tweede, waarin Breivik in sy &#8220;gevegsuniform&#8221;, &#8216;n uitrusting wat baie na &#8216;n polisie-uniform lyk, wou optree.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aanvanklik is hy deur psigiaters ondersoek en onbevoeg verklaar om verhoor te word. Dit is net &#8216;n herhaling van &#8216;n gebeurtenis wat 67 jaar gelede die w\u00eareld se aandag getrek het: Die verhoor van Quisling self.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl daar &#8216;n begeerte was om geregtigheid te sien geskied, het baie twyfel oor Quisling se gesonde verstand bestaan. In die 1920&#8217;s was hy &#8216;n nasionale held wat duisende honger Oekra\u00efners en Armeense slagoffers van die Ottomaanse volksmoord gered het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat gevolg het, was ook in wese &#8216;n verhoor van die mediese beroep eerder as tussen die vervolging en verweerder. Sielkunde en psigiatrie is vandag weer die nie-amptelike deelnemer, s\u00ea &#8216;n bekende Australiese psigiater.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tydens &#8216;n roetine-psigiatriese ondersoek destyds, het die psigiater Jon Leikvam ges\u00ea Quisling het geen bewyse van parano\u00efese denkbeeldvorming getoon nie. Leikvam het dit s\u00f3 uitgedruk: &#8220;As Quisling as kranksinnig beskou word, dan het ek nie nie veel hoop vir die res van ons nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die psigiaters is daarna deur die neurolo\u00eb vervang. Georg Monrad-Krohn, Noorwe\u00eb se voorste neuroloog, was getref deur die kontras tussen Quisling se vlugtelingwerk en sy gedrag as die Noorweegse diktator. Dit het Monrad-Krohn laat besluit dat net &#8216;n organiese brein disfunksie Quisling se daaropvolgende onmenslike gedrag sou kon verduidelik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Neuroloog Sigvald Refsum het egter bevind Quisling was neurologies normaal. Uiteindelik het die aanklaer ges\u00ea sielkunde is &#8220;&#8216;n eienaardige wetenskap&#8221;, want dit kon nie &#8216;n verduideliking vir die verweerder se optrede gee nie. Henrik Bergh, Quisling se regsverteenwoordiger het geantwoord dat sy kli\u00ebnt &#8220;&#8216;n merkwaardige man&#8221; was, &#8216;n raaisel. Sy toestand was &#8216;n anomalie buite die raamwerk van wetlike psigiatriese definisies.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op 10 September 1945, is Quisling skuldig bevind en gevonnis tot die dood. Johan Scharffenberg, die psigiater wat die Noorweegse weerstand ge\u00efnspireer het, het hom in sy tronksel ondersoek, en tot die gevolgtrekking gekom dat Quisling sy sin vir die werklikheid heeltemal verloor het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">N\u00e1 sy dood is Quisling as &#8216;n parano\u00efese sosiopaat met periodieke uitvalle van parano\u00efese psigose gediagnoseer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die kwessie van Quisling se gesonde verstand is steeds &#8216;n bron van heftige polemiek en na Breivik se verhoor gaan die meningsverskille oor sy geestesgesondheid ook beslis verdiep, ongeag die uitslag van die verhoor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op die ou end, is die psigiaters net so beperk deur die konseptuele probleme van die bepaling van psigose en skuld as wat hulle in die verhoor van Quisling was. Dit is &#8216;n dilemma wat forensiese psigiatrie nog nooit, en in alle waarskynlikheid, nooit in staat sal wees om op te los nie.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/otz.drivemir.ru\/object\/topcargo-perevozka-obemnih-gruzov\">\u0442\u043e\u043f\u043a\u0430\u0440\u0433\u043e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die w\u00eareld kyk na die komende verhoor van Anders Breivik, wat aangekla word van die moord op 77, meestal wit, blou-oog tieners. Vir baie, nasionaliste veral, is Breivik se beweerde gedrag so vreemd dat hy net doodeenvoudig stapelgek moet wees. In teenstelling met wat die vermeende dader grinnikend en selftevrede beweer, was sy optrede beslis &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12464\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Breivik, Quisling, die verhoor van psigiatrie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-12464","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12464","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12464"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12464\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12464"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12464"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12464"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}