{"id":12462,"date":"2012-04-18T07:08:42","date_gmt":"2012-04-18T07:08:42","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12462"},"modified":"2012-04-18T07:08:42","modified_gmt":"2012-04-18T07:08:42","slug":"die-anc-rand-n-krisis-in-wording","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12462","title":{"rendered":"Die ANC-rand &#8211; &#8216;n krisis in wording?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/02\/roodt_fbfoto.jpg\" \/>Daar is feitlik geen land suid van die  Sahara wat nog nie op een of ander stadium &#8216;n valutakrisis beleef het  nie. Die gedrag van die Suid-Afrikaanse rand oor die afgelope aantal  jare is eintlik abnormaal, gegewe die stabiliteit van ons geldeenheid  onder die Zuma-regering.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die feit dat  die rand tussen R7 en R8 per dollar verhandel het, is egter toe te  skryf aan die ewe abnormale omstandighede buite Suid-Afrika: die  bankbankrotskappe en Amerikaanse skuldkrisis, asook die Griekse  skuldkrisis wat insgelyks na ander lande in suidelike Europa uitgekring  het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Feit is egter dat die ANC-bewind  al jare lank besig is om die Suid-Afrikaanse rand stelselmatig te  ondermyn. Die rand se eerste groot skokke het tydens die sanksiejare  gekom, waarin die ANC en veral Biskop Trevor Huddleston &#8216;n sleutelrol  gespeel het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Cosatu se ho\u00eb  loonverhogings stook inflasie in ons land, wat op die duur die waarde  van ons geldeenheid erodeer. Ook grondhervorming veroorsaak ho\u00eb  voedselinflasie wat insgelyks tot die algemene prysstygings bydra. Daar  is geen re\u00eble rentekoerse in Suid-Afrika meer nie, wat beteken dat dit  geensins sin maak om geld te spaar nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  twee grootste afgronde waaroor die rand egter huiwer, is die groter  wordende handelstekort, asook die stygende begrotingstekort. Sommige  munisipale en provinsiale raadslede in Gauteng het oor die afgelope  maande nie hul salarisse ontvang nie, wat dui op &#8216;n nypende  kontanttekort in sommige provinsiale en staatsdepartemente. Met die  staatskas wat ook weens korrupsie geplunder word, kan sulke tekorte op  die duur net vererger, al is die ontvanger van inkomste hoe doeltreffend  om die laaste sent uit belastingbetalers te wurg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Weens  lae rentekoerse in ontwikkelde lande het heelwat korttermynbeleggers  vanuit die buiteland hul kontant in Suid-Afrika kom &#8220;parkeer&#8221;. Die banke  en handelaars leen ook goedkoop fondse in dollar of euro en kom verdien  dan betreklik ho\u00eb rente in rand. Dit het die rand beskerm teen die  daling wat verskille tussen ons inflasiekoers en di\u00e9 van Amerika of die  EU sou veroorsaak het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een of ander  tyd sal die ANC-rand egter teen sy werklike waarde gewaardeer word en  dan gaan ons R12 per dollar of selfs R20 per dollar sien. Die middeklas  wat reeds noustrop trek, gaan dan boonop &#8216;n groot deel van sy spaargeld  verloor. So &#8216;n daling kan selfs binne &#8216;n kort tyd of te midde van een of  ander globale of plaaslike krisis plaasvind.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  ANC is verbind tot die meeste beleidsrigtings van ZANU-PF in Zimbabwe,  waaronder grondhervorming en &#8220;verinheemsing&#8221;, met ander woorde die aandrang op &#8216;n meerderheidsaandeel in alle ondernemings deur swartmense.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onder  die ANC het Suid-Afrika &#8216;n tipiese derdew\u00eareldland geword wat  grondstowwe uitvoer en vervaardigde goedere invoer, hoofsaaklik uit  China en Europa.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons verbeel ons net  dat ons oor &#8216;n sterk geldeenheid beskik. Teen die tyd dat Mandela se  gesig op die note begin verskyn, gaan die inherente swakheid van die  rand reeds al hoe meer sigbaar raak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om  in Suid-Afrika geld in die bank aan te hou, is eenvoudig waansin. Maar  selfs die aandelebeurs het in dollar-, euro- of veral  Switsersefrankterme oor die afgelope dekade nie juis gepresteer nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Enigeen  met spaargeld sal wys wees om eerder na veilige geldeenhede in die  buiteland of goud te kyk. Die onlangse skandaal rondom die Krugerrand  waarvan daar &#8220;ondergewig&#8221;-eksemplare geslaan is, boesem egter kwalik  meer vertroue in selfs daardie beroemde goudstandaard vir Jan Alleman  in. Die goudmark is berug vir sy wispelturigheid en hou daarom ook  risiko in.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Veel meer inligting oor  buitelandse beleggings behoort in Suid-Afrika beskikbaar gemaak te word  en Praag behoort meer gereeld artikels daaroor te plaas.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.2000.ua\/v-nomere\/aspekty\/ekspertiza_aspekty\/razvitie-harkova-pozitivnaja-dinamika.htm\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0438\u0433\u043e\u0440\u0435\u0432\u0438\u0447 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar is feitlik geen land suid van die Sahara wat nog nie op een of ander stadium &#8216;n valutakrisis beleef het nie. Die gedrag van die Suid-Afrikaanse rand oor die afgelope aantal jare is eintlik abnormaal, gegewe die stabiliteit van ons geldeenheid onder die Zuma-regering. Die feit dat die rand tussen R7 en R8 per [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":11943,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[139],"tags":[],"class_list":["post-12462","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c131-pieter-oosthuizen"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12462","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12462"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12462\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/11943"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12462"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12462"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12462"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}