{"id":12461,"date":"2012-04-18T05:48:22","date_gmt":"2012-04-18T05:48:22","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12461"},"modified":"2012-04-18T05:48:22","modified_gmt":"2012-04-18T05:48:22","slug":"staat-moet-in-mynbedryf-ingryp-se-motlanthe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12461","title":{"rendered":"Staat moet in mynbedryf ingryp s\u00ea Motlanthe"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die onlangse w\u00eareldwye finansi\u00eble krisis het getoon dat meer ingryping deur die staat in die mynbedryf nodig is, het adjunk-president Kgalema Motlanthe Dinsdag ges\u00ea.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;In teenstelling met die siening dat daar minder staatsbetrokkenheid in die ekonomie moet wees, toon die lesse van die onlangse ekonomiese en finansi\u00eble krisisse &#8230; [dat] meer staatsbetrokkenheid verlang word,&#8221; het Motlanthe ges\u00ea by die negende internasionale mynbougeskiedeniskongres in Johannesburg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Staatsbetrokkenheid sal die sosio-ekonomiese ontwikkeling van Suid-Afrikaners verseker, het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om hierdie rede, het die regering sy goedkeuring gegee aan die African Exploration Mining and Finance Corporation (AEMFC), as die &#8220;kern&#8221; van &#8216;n staatsbeheerde mynmaatskappy.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is deur die AEMFC wat die staat sy deelname in mynbou kan konsolideer en fokus om die veiligheid van die verskaffing van minerale van strategiese belang te verseker.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Staatsmynmaatskappy sal die die mynbedryf ondersteun, want ten spyte van die bedryf se potensiaal, het die private sektor beleggings geleidelik afgeneem sedert 1994, het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Motlanthe het ges\u00ea dit is nie volhoubaar dat &#8216;n mynboubedryf gebruik word sodat nasionale hulpbronne byna uitsluitlik &#8216;n klein minderheid verryk nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die regering wil transformasie sien wat toenemende indiensneming in die mynbou-en verwante nywerhede beteken.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terselftertyd wil die regering verhoogde plaaslike aankope sien, billike pryse vir plaaslike vervaardigers en &#8216;n billike ooreenkoms sodat die mynbou-opbrengs na die fiskus gaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Meer vroue in mynbou en meer swartes in mynboubestuur en die geskoolde handel is &#8216;n mikpunt. Gemeenskappe moet by die myne baat vind en &#8216;n veilige toekoms na afloop van die lewe van die myn.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die uitdaging is om daar te kom sonder om onnodige onsekerheid of koste vir mynbou te skep,&#8221; het Motlanthe ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die regering se doelwitte kan nie oornag bereik word nie, maar moet ingefaseer word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Motlanthe het ges\u00ea wetgewing wat sedert 1994 geskep is, het gelei tot &#8216;n sinvolle deelname van voorheen benadeelde mense in die mynbedryf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;As sodanig, is Suid-Afrika se mynbedryf een van die grootste bydraers tot bre\u00eb-gebaseerde swart ekonomiese bemagtiging.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Meer moet egter gedoen word veral met die ontwikkeling van vaardighede, indiensnemingsgelykheid, gemeenskapsopheffing, die verbetering van behuising en lewensomstandighede, veredeling en eienaarskap.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Motlanthe het ges\u00ea die regering is verbind tot die verskaffing van deursigtige, verantwoordelike en billike regulatoriese raamwerke.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoewel die administrasie van mynregte nie volmaak is nie, het hy ges\u00ea dit is aansienlik verbeter in die afgelope twee jaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Bo alles, moet ons verseker dat mineraalregte in die toekoms gaan waar hulle die beste kan gebruik word om ons land te ontwikkel, en nie net &#8216;n paar mense te verryk deur spekulasie ten koste van die huidige en toekomstige produktiewe kapasiteit en werk nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die regering is op soek na maniere om die koste van elektrisiteit te verminder, want dit is &#8216;n belangrike komponent in die mynbou, het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons opsies is egter kwaai beperk deur die behoefte om nuwe opwekkingskapasiteit te finansier en die ruimte vir hernubare energie te verhoog.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Tog, sal ons al die moontlikhede ondersoek om pryse vir elektrisiteit so ver as wat ekonomies lewensvatbaar is, bekostigbaar te hou.&#8221;<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/nahnews.org\/160337-kto-pomogaet-xarkovchanam-skryvatsya-ot-mobilizacii\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die onlangse w\u00eareldwye finansi\u00eble krisis het getoon dat meer ingryping deur die staat in die mynbedryf nodig is, het adjunk-president Kgalema Motlanthe Dinsdag ges\u00ea. &#8220;In teenstelling met die siening dat daar minder staatsbetrokkenheid in die ekonomie moet wees, toon die lesse van die onlangse ekonomiese en finansi\u00eble krisisse &#8230; [dat] meer staatsbetrokkenheid verlang word,&#8221; het [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[85],"tags":[],"class_list":["post-12461","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c76-sake"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12461","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12461"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12461\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12461"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12461"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12461"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}