{"id":12457,"date":"2012-04-17T07:11:36","date_gmt":"2012-04-17T07:11:36","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12457"},"modified":"2012-04-17T07:11:36","modified_gmt":"2012-04-17T07:11:36","slug":"besonderhede-oor-brics-kabel-syfer-deur","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12457","title":{"rendered":"Besonderhede oor Brics-kabel syfer deur"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Besonderhede van &#8216;n ambisieuse projek wat Rusland, Brasili\u00eb, Indi\u00eb, China en Suid-Afrika koppel deur middel van &#8216;n 34.000 kilometer ondersese kabel wat meer as $1 miljard (R8 miljard) kos het begin deursypel.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">President Jacob Zuma het die inisiatief by die BRICS-beraad in die Indiese stad van Delhi in Maart aangekondig, waartydens hy ook ges\u00ea het dat die ses lande die stigting van &#8216;n ontwikkelingsbank oorweeg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ondersese kabel is die jongste aanduiding van die toenemende handelsbande binne die BRICS-lande, wat die tuiste van 40% van die w\u00eareld se bevolking en beheer van 25% van die globale BBP insluit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onlangse ontwikkelings tussen SA en ander BRICS-lande toon &#8216;n toename in handel tussen hulle van 29%, direkte vlugte tussen Johannesburg en Beijing deur SAA sedert Januarie, en &#8216;n aandele-indeksmaatstaf vir afgeleide instrumente wat gebruik kan word in die verhandeling van geldeenhede op BRICS-beurse asook die Johannesburgse Effektebeurs.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Imphandze Investment Holdings het Maandag &#8216;n verklaring uitgereik wat s\u00ea dat die bou van die kabel direkte skakeling en kommunikasie tussen die vyf lidlande van BRICS se informele handelsblok sal bevorder.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">So &#8216;n stelsel, het Imphandze ges\u00ea, sal direkte kommunikasie tussen die BRICS-lande meebring wat tans staatmaak op verbindings deur kerne gele\u00eb in Europa en Noord-Amerika. Sulke kerne verhoog kommer oor veiligheid in terme van die betroubaarheid van die fisiese verbindings en die vermo\u00eb van vreemde magte om toegang tot die kabels te verkry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die verklaring het ook aangedui dat dit vir telekommunikasie-maatskappye is om in die projek te bel\u00ea en al wat hulle nodig het om te doen, is om die konstruksie- en instandhoudingskontrakte te teken.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die kabel se lewensvatbaarheidstudies, wat begin is in Maart 2011 kort na Suid-Afrika se toelating tot BRICS, is afgehandel, en die Franse telekommunikasiekonstruksiemaatskappy Alcatel het die roeteopname voltooi.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die kabel sal strek vanaf Rusland, teen China, rondom Indi\u00eb, na Suid-Afrika, dan na Brasili\u00eb en uiteindelik na die VSA.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is egter nie &#8216;n stelsel op sy eie nie, en bind met verskeie bestaande kabels wat binnekort operasioneel sal wees soos WACS en Seacom op die Oos-Afrikakus.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die stelsel sal &#8216;n 12,8 terabits per sekonde spoed handhaaf wat dit 1000 keer vinniger as Telkom se SAT-1 kabel maak wat vir 20 jaar die prim\u00eare verbinding tussen SA en Europa langs die weskus van Afrika was. Dit is twee-en-&#8216;n-half keer vinniger as die nuwe WACS-kabel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Imphandze beplan om die stelsel in die tweede helfte van 2014 in werking te h\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Geen bedrag is genoem, maar &#8216;n uitvoerende beampte by een van SA se grootste telekommunikasie-maatskappye het ges\u00ea die projek $1 miljard moet insamel om af te skop.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een van die persoonlikhede agter die projek is Andrew Mthembu, &#8216;n voormalige adjunk-uitvoerende hoof van die mobiele netwerkoperateur Vodacom. Hy is lid van die Raad van Direkteure van Broadband Infraco wat &#8216;n belang in WACS besit.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Xolani Mkwhanazi, president van BHP Billiton se aluminiumfiliaal Suid-Afrika is ook betrokke.<\/div>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/www.facebook.com\/prokuraturakharkiv\/\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Besonderhede van &#8216;n ambisieuse projek wat Rusland, Brasili\u00eb, Indi\u00eb, China en Suid-Afrika koppel deur middel van &#8216;n 34.000 kilometer ondersese kabel wat meer as $1 miljard (R8 miljard) kos het begin deursypel. President Jacob Zuma het die inisiatief by die BRICS-beraad in die Indiese stad van Delhi in Maart aangekondig, waartydens hy ook ges\u00ea het &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12457\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Besonderhede oor Brics-kabel syfer deur&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[85],"tags":[],"class_list":["post-12457","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c76-sake"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12457","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12457"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12457\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12457"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12457"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12457"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}