{"id":12413,"date":"2012-04-12T11:27:22","date_gmt":"2012-04-12T11:27:22","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12413"},"modified":"2012-04-12T11:27:22","modified_gmt":"2012-04-12T11:27:22","slug":"minister-leef-in-ontkenning-oor-ra","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12413","title":{"rendered":"Minister leef in ontkenning oor RA"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Dit is duidelik dat die ANC, en spesifiek die minister van arbeid, me. Mildred Oliphant, in ontkenning leef aangaande die uitwerking wat regstellende aksie het op wittes. Die minister het in antwoord op &#8216;n parlement\u00eare vraag deur die VF Plus geantwoord dat daar geen korrelasie bestaan tussen regstellende aksie en wit armoede nie. &#8220;Ons het die minister gevra, teen die agtergrond van president Zuma se besoeke aan wit plakkerskampe en sy beloftes om ook di\u00e9 gemeenskappe by te staan, of die regering al &#8216;n studie gedoen het aangaande die verband tussen regstellende aksie en wit armoede. Haar antwoord is skokkend onlogies, want sy stel dit duidelik dat sy geen so studie gedoen het nie, want daar is geen sodanige verband nie. Die vraag is hoe sy kon vasstel daar is geen verband tussen regstellende aksie en wit armoede nie indien daar nie &#8216;n studie daaroor gedoen is nie? Het die antwoord as openbaring bloot uit die lug geval?&#8221; het adv. Anton Alberts, VF Plus-parlement\u00eare woordvoerder oor arbeid, gereageer.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die minister stel dit ook dat geen so &#8216;n spesifieke ondersoek gedoen sal word nie, maar dat enige ondersoek deur die departement indien daarop besluit sou word, een sal wees wat alle mense wat onder die armoedelyn leef, sal insluit. &#8220;Hierdie siening van die minister staan in skrille kontras met haar eie president wat onderneem het om na die probleem van wit armoede te kyk. Verder word daar in wetgewing op die oomblik net teen wit mans, gewoonlik &#8216;n gesin se broodwinner, gediskrimineer. Dit alleenlik regverdig &#8216;n besondere studie om vas te stel of die Wet op Billike Indiensneming se effek daadwerklik billik is, al dan nie. Die VF Plus se eie ervaring by wit plakkerskampe en onafhanklike navorsing dui aan dat daar nie bloot net &#8216;n korrelasie tussen regstellende aksie en wit armoede is nie, maar dat daar in vele gevalle &#8216;n direkte kousale verband bestaan. Dit is dus genoeg gronde vir die departement om &#8216;n ondersoek te loods,&#8221; het Alberts verder ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die VF Plus gaan daarom verdere opvolg vrae aan die minister rig, die regstellende aksie-navorsing onder die aandag van die minister bring en weer met president Zuma hieroor in gesprek tree. Die tyd vir die uitfasering van regstellende aksie is nou op hande.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/www.facebook.com\/prokuraturakharkiv\/\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit is duidelik dat die ANC, en spesifiek die minister van arbeid, me. Mildred Oliphant, in ontkenning leef aangaande die uitwerking wat regstellende aksie het op wittes. Die minister het in antwoord op &#8216;n parlement\u00eare vraag deur die VF Plus geantwoord dat daar geen korrelasie bestaan tussen regstellende aksie en wit armoede nie. &#8220;Ons het &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12413\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Minister leef in ontkenning oor RA&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[],"class_list":["post-12413","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12413","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12413"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12413\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12413"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12413"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12413"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}