{"id":12396,"date":"2012-04-10T09:02:23","date_gmt":"2012-04-10T09:02:23","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12396"},"modified":"2012-04-10T09:02:23","modified_gmt":"2012-04-10T09:02:23","slug":"israel-verbied-skrywer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12396","title":{"rendered":"Israel verbied skrywer"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die beroemde Duitse digter en dramaturg G\u00fcnter Grass is toegang tot Israel verbied nadat hy &#8216;n <a href=\"http:\/\/www.sueddeutsche.de\/kultur\/gedicht-zum-konflikt-zwischen-israel-und-iran-was-gesagt-werden-muss-1.1325809\">gedig <\/a>in die <em>S\u00fcddeutsche Zeitung<\/em> gepubliseer het waarin hy die land as &#8216;n gevaar vir w\u00eareldvrede voorhou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Woordvoerders van die Sosiaal-Demokrate en die Groenparty in Duitsland het Israel se reaksie &#8220;oordrewe&#8221; genoem en Avi Primor, &#8216;n gewese Israeliese ambassadeur in Duitsland, het ges\u00ea die Israelse regering dra geen kennis van Duitsland nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Grass het ges\u00ea Israel se kernarsenaal is &#8216;n gevaar vir Iran. Kritici meen egter dat Israel geen land met kernaanvalle dreig nie, terwyl Iran se leiers reeds herhaaldelik ges\u00ea het Israel moet van die w\u00eareldkaart verdwyn.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Die mees invloedryke Duitse liter\u00eare kritikus, Marcel Reich-Ranicki, &#8216;n oorlewende van die Duitse volksmoord op die Jode in die Tweede W\u00eareldoorlog, het die gedig as &#8220;weersinwekkend&#8221; beskryf.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Israeliese minister van binnelandse sake, Eli Yishai, het die naweek ges\u00ea Grass se gedig &#8220;wakker die vlamme van haat teen Israel en die Israeliese volk aan, en hy bevorder daarmee die idee waarvan hy deel was toe hy die SS-uniform gedra het&#8221;. Grass was as jong man &#8216;n rekruut in die Waffen-SS.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die verskyning van <a href=\"http:\/\/praag.org.za\/index.php?page=shop.product_details&amp;category_id=7&amp;flypage=gk_flypage.tpl&amp;product_id=17&amp;option=com_virtuemart&amp;Itemid=3&amp;vmcchk=1&amp;Itemid=3\"><em>Kreeftegang<\/em><\/a> in Afrikaans deur die Nobelpryswenner Grass by Praag was &#8216;n liter\u00eare gebeurtenis in Afrikaans en in Suid-Afrika.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die boek het in Duitsland meer as 500 000 eksemplare verkoop en &#8216;n hele debat oor die Duitse geskiedenis ontketen. Die tema&nbsp; &#8211; die onderdrukking van geskiedenis en die meespeel daarvan in die hede &#8211; het &#8216;n ewe heftige bespreking onder Afrikaners ontlok as onder Duitsers.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van die vrae wat die roman oproep is: Is daar iets soos kollektiewe skuld, en kan dit van geslag tot geslag oorgedra word? Kan ouers hul kinders se siening van die geskiedenis bepaal deur &#8216;n politiek korrekte opvoeding? Is die lyding van Duitsers aan die einde van die Tweede W\u00eareldoorlog steeds &#8216;n taboe-onderwerp?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie soort vrae duik voortdurend op by die lees van die Nobelpryswenner se uitmuntend geskrewe verhaal wat handel oor die keldering van die Wilhelm Gustloff, &#8216;n passasierskip met ongeveer 9000 vlugtelinge aan boord, op 30 Januarie 1945, deur &#8216;n Russiese duikboot.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nikmedia.com.ua\/news\/view\/8982\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die beroemde Duitse digter en dramaturg G\u00fcnter Grass is toegang tot Israel verbied nadat hy &#8216;n gedig in die S\u00fcddeutsche Zeitung gepubliseer het waarin hy die land as &#8216;n gevaar vir w\u00eareldvrede voorhou. Woordvoerders van die Sosiaal-Demokrate en die Groenparty in Duitsland het Israel se reaksie &#8220;oordrewe&#8221; genoem en Avi Primor, &#8216;n gewese Israeliese ambassadeur &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12396\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Israel verbied skrywer&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-12396","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12396","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12396"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12396\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12396"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12396"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12396"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}