{"id":12390,"date":"2012-04-10T04:59:32","date_gmt":"2012-04-10T04:59:32","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12390"},"modified":"2012-04-10T04:59:32","modified_gmt":"2012-04-10T04:59:32","slug":"banda-neem-oor-in-malawi","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12390","title":{"rendered":"Banda neem oor in Malawi"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die oorskot van die Malawiese president, Bingu wa Mutharika, sal Donderdag van Suid-Afrika na Malawi gevlieg word, het &#8216;n amptenaar van die ministerie van buitelandse sake aan AFP ges\u00ea.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;&#8216;n Amptelike aankondiging sal vandag [Maandag] gemaak word, maar die ontslape president sal deur &#8216;n Suid-Afrikaanse milit\u00eare vliegtuig vervoer word,&#8221; het die amptenaar Maandag ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nadat hy Donderdag &#8216;n hartaanval gehad het, is Mutharika na Suid-Afrika gevlieg en is hy met sy aankoms by &#8216;n milit\u00eare hospitaal dieselfde dag dood verklaar, het &#8216;n presidensi\u00eble sekretaris ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die datum vir sy begrafnis is nog nie bekendgemaak nie, maar daar word verneem dat hy naby sy tuisdorp by sy Ndata-plaas in die suide van die Thyolo-distrik begrawe sal word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mutharika se eerste vrou, wat drie jaar gelede oorlede is, is ook op die plaas begrawe.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Malawi se nuwe president, Joyce Banda, het die land se polisiehoof afgedank en &#8216;n nuwe een aangestel, het haar kantoor Maandag ges\u00ea, twee dae nadat sy as president ingestel is n\u00e1 haar voorganger se dood.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Banda het &#8220;kommissaris Lot Dzonzi aangestel as die nuwe inspekteur-generaal van die polisie vanaf 8 April&#8221; om die voormalige polisiehoof, Peter Mukhito, te vervang, het &#8216;n verklaring van die kantoor van die president en die kabinet ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die verklaring het nie ges\u00ea hoekom  Mukhito, wat twee jaar geklede deur die ontslape pres. Bingu wa Mutharika aangestel is, uit sy pos verwyder is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mukhito, wat bevorder is nadat hy eers &#8216;n bevelvoerder van Mutharika se sekuriteit was, is onder andere beskuldig van die wanhantering van teenregering-onluste verlede jaar waarin 19 mense dood is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Die Verenigde State van Amerika het Maandag vir Joyce Banda gelukgewens as Malawi se nuwe president na in wat die land beskou as &#8216;n vreedsame en konstitusionele oordrag van mag.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Lilongwe, het Banda Saterdag aan ondersteuners ges\u00ea daar was geen ruimte vir wraak nie. Sy is ingesweer is as Suider-Afrika se tweede vroulike staatshoof na die dood van die verdelende Bingu wa Mutharika.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Banda het die versoenende woorde aangebied na twee dae van politieke intrige waar Mutharika se binnekring probeer het om haar uit te sluit. Die pos kom haar toe as vise-president onder die bepalings van die grondwet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Verenigde State van Amerika &#8220;sien uit na die voortgesette vennootskap met die regering en die mense van Malawi,&#8221; het woordvoerder Victoria Nuland in &#8216;n verklaring ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Amerikaanse minister van buitelandse sake Hillary Clinton het met Banda vroe\u00ebr Maandag oor die belangrikheid van &#8216;n regstaat gesels, asook om met al die partye in die regering van Malawi saam te werk op die pad vorentoe, het Nuland ges\u00ea. Nuland het die gewilde Obama-administrasie se frase gebruik naamlik &#8220;moving forward&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Verenigde State van Amerika het ook sy meegevoel aan Mutharika se familie betuig.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/58379-istoriya-supermarketov-klass-ot-osnovaniya-do-nashix-dnej.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0441\u0443\u043f\u0435\u0440\u043c\u0430\u0440\u043a\u0435\u0442 \u043a\u043b\u0430\u0441\u0441<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die oorskot van die Malawiese president, Bingu wa Mutharika, sal Donderdag van Suid-Afrika na Malawi gevlieg word, het &#8216;n amptenaar van die ministerie van buitelandse sake aan AFP ges\u00ea. &#8220;&#8216;n Amptelike aankondiging sal vandag [Maandag] gemaak word, maar die ontslape president sal deur &#8216;n Suid-Afrikaanse milit\u00eare vliegtuig vervoer word,&#8221; het die amptenaar Maandag ges\u00ea. Nadat &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12390\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Banda neem oor in Malawi&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-12390","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12390","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12390"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12390\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12390"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12390"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12390"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}