{"id":12384,"date":"2012-04-09T00:09:42","date_gmt":"2012-04-09T00:09:42","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12384"},"modified":"2012-04-09T00:09:42","modified_gmt":"2012-04-09T00:09:42","slug":"gustav-7","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12384","title":{"rendered":"Oosthuyzen en die onoorbrugbare net-net"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">So hier is die plan: Vat \u2019n groot lap aarde, boor 18 gate, wyd van mekaar versprei, daarin, gee vir \u2019n paar jongmanne elkeen \u2019n paar stokke van verskillende groottes en laat hulle kyk wie kan \u2019n bal met die minste houe in al die gate kry. Dis gekkigheid. Dis gholf. Wat ek ook al betaal word om sport namens Praag se gewaardeerde lesers dop te hou, dis nie genoeg nie, nie wanneer die betrokke sport die Amerikaanse Meesters-gholftoernooi is nie. En nie wanneer \u2019n jong, innemende Afrikaner \u2019n kans het om die w\u00eareld se bestes ore aan te sit nie. D\u00e1n word gholfkyk uitmergelend, \u2019n marathon van senuweeuitputting, \u2019n uittorring van die siel wat vir g\u2019n mens goed kan wees nie. Vergeet van rugby, moet krieket nie eens noem nie: Wanneer dit by spanning kom, is daar niks soos gholf nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek wil nie eers dink waardeur die spelers gaan nie. Wat gholf so spannend maak, is die mikroskopiese speling tussen stratoferiese sukses en verpletterende neerlaag. Louis Oosthuyzen, is daar nou in die rekordboeke opgeteken, het uiteindelik tweede gekom nadat \u2019n Amerikaner met die Amerikaansste van name, Bubba Watson, hom in die tweede putjie van \u2019n valbylstryd geklop het. Saterdag, op een van die putjies, het \u2019n sethou van Oosthuyzen tot op die nippertjie van die koppie gerol. As dit \u2019n minuut van \u2019n graad verder gerol het, \u2019n enkele gholfbaldimpel verder, het Oosthuyzen \u2019n dag later die toernooi gewen. As \u2019n vlinder op daardie bal op die nippertjie gaan sit het, het die bal geval. In gholf kan die streling van \u2019n vlinder op \u2019n bal \u2019n ewige verskil maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nie dat Oosthuyzen sy vuis teen die noodlot moet skud nie. Hy het vroe\u00ebr gister \u2019n massiewe skep geluk gehad. Op die tweede putjie was hy nog \u2019n hou agter die voorlopers. Hy het \u2019n naderhou van 160 meter in die nou bek van die setperk ingeslaan, die bal het teen die helling afgeswenk en aanhou rol totdat die putjie dit gesluk het. Dit was \u2019n albatros wat hom in een oomblik van -7 tot -10 versnel het. Hy sou die voorloper tot na die 18de putjie bly. Ongelukkig was hy toe nie meer die enigste voorloper nie. Watson het hom ingehaal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oosthuyzen sal ook weet dat hy genoeg kanse gehad het om die toernooi te b\u00eare. Hy was meer ontspanne as sy onmiddellike teenstanders wat die gesoute Phil Mickelson ingesluit het. De jonge Louis \u2013 Shrek, soos hy in gholfkringe bekend staan \u2013 het gemaklike gholf gespeel, sonder enige uitwendige tekens van spanning. Maar miskien was hy net t\u00e9 ontspanne, want op kritieke tye het hy die bal onnodig kort geslaan en het dit ysterkonsentrasie en \u2019n onwrikbare wil geverg om die situasie te beredder.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Selfs in die uitspelery kon hy toegeslaan het. Met die tweede uitspeelputjie het Watson, wat die voorreg van eerstespeel gehad het, die bal tussen die dennebome ingehaak. Al wat die onverstoorbare Oosthuyzen moes doen, was om die bal in die skoonveld te kry, maar hy het \u00f3\u00f3k gehaak en toe sy naderhou fataal kort geslaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Watson, \u2019n speler wat op natuurlike flair staatmaak, het \u2019n verbluffende hou tussen die bome deurgeslaan en die bal tot twee-en-\u2019n\u2013halfmeter van die vlag gerol. Oosthuyzen het \u2019n finale set gehad, van \u2019n goeie vyf meter af en dit pynlik naby die kommetjie verby gerol. Watson het twee houe gehad om die toernooi te wen en het toe so gemaak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat gholf vir die speler so uitdagend en vreesaanjaend maak, is dat hy vir spitsoomblikke self nie veel meer as \u2019n toeskouer is nie. Die gholfswaai is \u2019n komplekse meganisme met \u2019n rits fynontwerpte en ingeoefende bewegings wat haarfyn aaneen moet skakel. Wanneer \u2019n speler sy hou beplan en aangetree het, wag hy vir \u2019n oomblik bo die bal en dan trek hy as\u2019t ware die sneller. Van daardie oomblik af, gaan sy liggaam in \u2019n soort outomatiese beheer in. As \u00e9\u00e9n onderdeel van sy swaai, daardie gewelddadige aanvalsboog, uit fase spring, is die gevolg \u2019n katastrofe. Die speler is as\u2019t ware \u2019n veer wat hy self opwen. Die oomblik wat die swaai begin, kan hy niks doen om die verloop daarvan te verander nie. Soos die res van die mensdom, moet hy maar wag om te sien wat hy gedoen het. Dit is die speler wat \u00f3f vir die grootste deel van die toernooi beheer oor sy swaai kan hou, \u00f3f, nog skaarser, in nood sy swaai n\u00f3g gladder, harder en presieser kan maak, wat die sterre van die spel word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daarom kan ons vir Oosthuyzen maar in sig hou. Hy het reeds die grootste prys in gholf \u2013 die Britse Ope \u2013 op die w\u00eareld se beroemdste gholfveld \u2013 die Ou Baan by St. Andrews in Skotland \u2013 gewen. Hy is onverstoorbaar en dit gee sy swaai die beste kans om keer op keer te doen wat nodig is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As Oosthuyzen hi\u00e9rdie Amerikaanse Meesters gewen het, was hy die derde boerseun in vyf jaar wat dit kon doen, en dit sou \u2019n verstommende prestasie gewees het. Hy het net-net nie daarin geslaag nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar in gholf is net-net \u2019n massiewe, ewige, onoorbrugbare kloof. Dit laat die speler verbyster. En die sportskrywer uitgeput.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/63384-harkov-v-cifrah-i-delah.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0438\u043d\u0442\u0435\u0440\u0432\u044c\u044e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>So hier is die plan: Vat \u2019n groot lap aarde, boor 18 gate, wyd van mekaar versprei, daarin, gee vir \u2019n paar jongmanne elkeen \u2019n paar stokke van verskillende groottes en laat hulle kyk wie kan \u2019n bal met die minste houe in al die gate kry. Dis gekkigheid. Dis gholf. Wat ek ook al [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[89],"tags":[],"class_list":["post-12384","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c80-gholf"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12384","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12384"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12384\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12384"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12384"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12384"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}