{"id":12383,"date":"2012-04-08T09:32:01","date_gmt":"2012-04-08T09:32:01","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12383"},"modified":"2012-04-08T09:32:01","modified_gmt":"2012-04-08T09:32:01","slug":"vsa-verkiesing-dalk-gelykopstryd","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12383","title":{"rendered":"VSA-verkiesing dalk gelykopstryd"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die Amerikaanse presidentsverkiesing oor sowat sewe maande kan &#8216;n baie gelykopstryd wees as huidige tendense in meningspeilings enigsins &#8216;n aanduiding is.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens Rasmussen &#8211; een van die geloofwaardigste opnemers &#8211; loop Obama en Mitt Romney (wat waarskynlik die Repiublikeine se kandidaat sal wees)  volgens huidige sienings kop aan kop met sowat 45% steun vir elk &#8211; maar met &#8216;n betekenisvolle tien persent en dalk effe meer wat nog nie besluit het vir wie hulle gaan stem nie. Dit kan hulle wees wat die deurslag gee wie van die twee kandidate gaan wen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat egter veral interessant is aan die 10 persent onsekere tussengroep is dat slegs 22% van hulle dink dat Obama sy werk goed doen, terwyl &#8216;n massiewe 72% dink dat hy dit nie goed doen. As hulle intensiteit van steun vir Obama verder ontleed word, is gevind dat &#8216;n skrale twee persent baie sterk steun vir Obama uitspreek, terwyl 40% ewe sterk teen hom en sy aksies gekant is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met die eerste oogopslag lyk dit na baie goeie nuus vir Romney, maar soos Scott Rasmussen self in &#8216;n ontleding skryf, ontstaan die vraag hoekom die tien persent onsekeres nie reeds Romney ondersteuners is as hulle dan so verskriklik sterk teen Obama gekant is nie?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die data uit sy meningspeilings dui vir hom daarop dat Amerikaanse kiesers nou nie juis baie ingenome is met die keuse tussen die twee wat hulle waarskynlik gebied sal word nie.  Daar is klaarblyklik &#8216;n beduidende groep Republikeine wat nie dink dat Romney hul beste keuse is nie en daar is lankal tekens dat Obama se aansien onder Demokrate aansienlik afgeneem het &#8211; interessant genoeg veral onder jongmense.  Dit is blykbaar veral onder wit werkersklas kiesers dat nie een van die twee te gewild is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Rasmussen is ook van mening dat baie kiesers nie meer enigeen van die twee groot partye se stories en beloftes van skerp verminderings in begrotingstekorte en regeringskuld glo nie en ook nie dink dat een van die twee partye werklik oplossings vir die land se ekonomiese probleme en vooruitsigte bied nie. Dit sal dus interessant wees om te sien watter kwessies die twee vermeende kandidate gaan oprakel om kiesers se steun te probeer werf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Romney het verlede week skoonskip gemaak in drie state se voorverkiesings en loop nou voor met 659 afgevaardigdes teen Santorum se 275, Gingrich se 140 en Paul se 71. Die vereiste vir &#8216;n volslae oorwinning, is 1144 afgevaardigdes. Die kanse is goed dat hy met 24 April se voorverkiesings in &#8216;n aantal groot state genoeg stemme sal werf om sy benoeming &#8216;n uitgemaakte saak te maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nie alle meningspeilings toon bogenoemde tendense nie, maar Rasmussen se opnames word as betroubaar beskou omdat hy hom sterk daarvan weerhou om kant te kies en omdat sy opnames net gedoen word op grond van deelname deur mense wat aandui dat hulle kiesers is eerder as bloot op enigeen wat uit die hoed getrek word, soos met feitlik al die ander peilings.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">(Bron Rasmussen opnames by www.rasmussenreports.com)<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/www.unian.net\/politics\/1047546-prokuror-harkova-uvolilsya-po-sobstvennomu-jelaniyu.html\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Amerikaanse presidentsverkiesing oor sowat sewe maande kan &#8216;n baie gelykopstryd wees as huidige tendense in meningspeilings enigsins &#8216;n aanduiding is. Volgens Rasmussen &#8211; een van die geloofwaardigste opnemers &#8211; loop Obama en Mitt Romney (wat waarskynlik die Repiublikeine se kandidaat sal wees) volgens huidige sienings kop aan kop met sowat 45% steun vir elk [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-12383","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12383","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12383"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12383\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12383"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12383"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12383"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}