{"id":12372,"date":"2012-04-05T05:51:54","date_gmt":"2012-04-05T05:51:54","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12372"},"modified":"2012-04-05T05:51:54","modified_gmt":"2012-04-05T05:51:54","slug":"angola-10-jaar-na-oorlog","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12372","title":{"rendered":"Angola: 10 jaar n\u00e1 oorlog"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Angola het die 10de herdenking van die einde van sy drie-dekadelange burgeroorlog Woensdag gevier toe president Jose Eduardo dos Santos &#8216;n monument naby die plek waar &#8216;n rebelleleier vermoor is, onthul het.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die 27-jarige oorlog was een van die langste in Afrika en Dos Santos was vol lof vir die land se prestasies sedert &#8216;n vredesooreenkoms op 4 April 2002 onderteken is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Oor die afgelope 10 jaar is ons trots om te sien dat baie dinge verander het in (die provinsie) Moxico, sowel as in die res van die land en ons doel is om die land te ontwikkel,&#8221; het Dos Santos ges\u00ea. Hy regeer nou reeds ondemokraties vir 32 jaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het in Moxico se hoofstad Luena, waar die die UNITA-rebelleleier Jonas Savimbi vermoor is op 22 Februarie 2002, gepraat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dos Santos, 69, is by die lughawe begroet deur ondersteuners voor die onthulling van die vredesmonument in &#8216;n stadspark, vernoem na die Russiese revolusion\u00ear Lenin.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die konflik in Angola was &#8216;n Koue Oorlogstryd, met die Sowjet-Unie en Kuba wat Dos Santos se MPLA gesteun het, terwyl die Verenigde State en Suid-Afrika Savimbi se Unita-rebelle en die grootste etniese groep bygestaan het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 oorgawe van die Weste het uiteindelik gelei tot die onderhandelde oorgawe in Suid-Afrika en was die begin van &#8216;n reeks nederlae van die VSA elders soos Irak en nou Afghanistan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sedert die oorlog ge\u00ebindig het, het olie-uitvoere grootskaalse ekonomiese groei gebring en miljarde dollars is uitgestort in die herstel van paaie, spoorlyne en lughawens.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Na 2008 se algemene verkiesing, het ons &#8216;n belofte gemaak om te werk om die situasie in die land te verbeter, en ek dink, bietjie vir bietjie, slaag ons,&#8221; het die veteraan-leier ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">UNITA, wat nog steeds die vernaamste opposisieparty is, is goed in die 2008-verkiesing verslaan te midde van beskuldigings dat die stemmery in die MPLA se guns gemanipuleer is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sommige het kommer uitgespreek dat bedrog &#8216;n verkiesing in September kan bederf, slegs die derde een in Angola sedert onafhanklikheid van Portugal in 1975 verkry is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons het nie nodig om te bedrieg nie, want ons is &#8216;n baie groot en baie sterk party,&#8221; het Dos Santos, wat Suider-Afrika se tweede langsdienende president is, ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dos Santos moes die afgelope jaar kritiek trotseer te midde van tekens van toenemende korrupsie binne sy regime.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Owerhede het ook &#8216;n aantal betogings deur die jeug wat vra vir hervorming met geweld onderdruk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ten spyte daarvan dat Angola een van die w\u00eareld se vinnigste groeiende ekonomie\u00eb is, is armoede baie sigbaar in die land van 18,4 miljoen mense.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/www.facebook.com\/prokuraturakharkiv\/\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Angola het die 10de herdenking van die einde van sy drie-dekadelange burgeroorlog Woensdag gevier toe president Jose Eduardo dos Santos &#8216;n monument naby die plek waar &#8216;n rebelleleier vermoor is, onthul het. Die 27-jarige oorlog was een van die langste in Afrika en Dos Santos was vol lof vir die land se prestasies sedert &#8216;n &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12372\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Angola: 10 jaar n\u00e1 oorlog&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-12372","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12372","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12372"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12372\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12372"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12372"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12372"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}