{"id":12370,"date":"2012-04-04T08:17:03","date_gmt":"2012-04-04T08:17:03","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12370"},"modified":"2012-04-04T08:17:03","modified_gmt":"2012-04-04T08:17:03","slug":"anc-trek-laer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12370","title":{"rendered":"ANC trek laer"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Diegene wat gehoop het Malema se onlangse uitsprake verteenwoordig &#8216;n spelbreker, moes gister teleurgesteld omdraai.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het Dinsdag by &#8216;n mediakonferensie in Luthuli-huis in Johannesburg die ses topleiers van die party ook geleentheid gegee om vrae oor Julius Malema, jeugligaleier, se optrede te beantwoord.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ANC wou eenheid in die party beklemtoon en het gerugte dat daar &#8216;n skeuring dreig met di\u00e9 byeenkoms weerl\u00ea. Die atmosfeer by die konferensie was gemoedelik alhoewel die vertrek volgepak was in afwagting op nuus van nuwe politieke spanning binne die party.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mantashe het ges\u00ea sulke verwagtinge word van buite aangestook deur koerante soos die Business Day en ander.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ANC-president, Jacob Zuma, sy adjunk, Kgalema Motlanthe, en Mathews Phosa (tesourier) en Baleka Mbete (nasionale voorsitter) en Thandi Modise (adjunk-sekretaris-generaal) was ook teenwoordig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons is uiters bekommerd oor die vreemde gedrag in ons beweging, waaronder skokkende, beledigende, disrespekvolle en on-ANC-opmerkings wat die laaste paar weke gemaak is. Sommige individue in die ANC misbruik voortdurend die eeufeesvieringe om verdeeldheid en onenigheid in die party te saai,&#8221; het Mantashe namens die leierskorps ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In antwoord op Phosa en Motlanthe se o\u00ebnskynlike ondersteuning vir Malema, het Mantashe ges\u00ea die inisiatief kom van Malema wat hom soos &#8216;n tiener gedra en leiding nodig het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Phosa, ANC-tesourier-generaal, het verlede week die verhoog by Wits met Malema gedeel, maar het nie vir Zuma in die bres getree toe die president deur die jeugligaleier aangeval is nie. Phosa het aan die begin van die verrigtinge ongemaklik gelyk, maar uiteindelik ontspan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die buitelandse korrespondente was duidelik gefrustreerd n\u00e1 die konferensie deur Mantashe se ontwykende antwoorde. Mantashe het self te kenne gegee dat hy die hele leierskorps ingeroep het om nie alleen die vrae oor Malema te hoef te trotseer nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Jackson Mthembu het die BBC se korrespondent Karen Allen laggend gekoggel deur &#8220;Beebeesee&#8221; op Afrikaans uit te spreek toe hy haar &#8216;n geleentheid gegee het om &#8216;n vraag te stel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ANC se nasionale app\u00e8l-tug\u00adkomitee het Dinsdag aangekondig hy sal sy bevindings oor Malema en Shivambu se app\u00e8l teen hul skorsings volgende week bekend maak.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/vlast\/13.09.2010\/a_filchakov_naznachen_prokurorom_dergachevskogo_rajona\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Diegene wat gehoop het Malema se onlangse uitsprake verteenwoordig &#8216;n spelbreker, moes gister teleurgesteld omdraai. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het Dinsdag by &#8216;n mediakonferensie in Luthuli-huis in Johannesburg die ses topleiers van die party ook geleentheid gegee om vrae oor Julius Malema, jeugligaleier, se optrede te beantwoord. Die ANC wou eenheid in die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12370\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;ANC trek laer&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-12370","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12370","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12370"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12370\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12370"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12370"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12370"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}