{"id":12366,"date":"2012-04-03T22:15:02","date_gmt":"2012-04-03T22:15:02","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12366"},"modified":"2012-04-03T22:15:02","modified_gmt":"2012-04-03T22:15:02","slug":"gustav-6","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12366","title":{"rendered":"Die idee van vryheid, en &#8216;n simbool"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Die Gebreekte Juk - gebreek na goeddenke\" alt=\"Gebreekte Juk\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/04\/gebreekte%20juk.jpg\" width=\"251\" \/><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ANC kan nou maar net sowel vir almal in die land \u2019n hoop sonde en ergenis spaar en meewerk om die re\u00eblings vir \u2019n Afrikanervolkstaat te tref, want dit gaan met of sonder die regering se goedkeuring tot stand kom. Dit kan nie gestuit word nie want \u2019n idee kan nie vernietig word nie. Om \u2019n idee te vernietig is soos om \u2019n jeukplek te verwyder deur dit te krap. Hoe meer jy krap, hoe groter word die jeukarea en hoe meer intens die ongerief. Druk jy die lyk van \u2019n ideebehepte in die grond, slaan die idee gou-gou in kolle hier en daar en orals uit wanneer ander mense dit begeesterd opneem. En die idee wat die Afrikaner na selfbeskikking dryf is die sterkste, die mees onuitwisbare van alle idees: Vryheid!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is \u2019n paar definisies van \u201cidee\u201d in die wysbegeerte, maar ek gebruik dit hier in die sin van \u2019n prim\u00eare gedagte, een wat nie van \u2019n ander gedagte afgelei word nie; \u2019n basiese instink wat met \u2019n natuurlike ideaal (\u2019n volmaakte toestand) versoen is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Afrikaner is geneties saamgestel om vry te wees. Sy voorouers was juis die Nederlanders \u2013 en later die Hugenote en Duitsers wat hierheen gekom het \u2013 wie se nekke geskaaf het onder die juk van dienaarskap in Europa. Die weerbarstigste van die weerbarstiges was die Vryburgers wat, nie lank na hulle aankoms in die Kaap nie, die grens binneland toe versit het, al hoe verder, om onder die dominerende hand van die Kompanjie weg te kom. Die Hugenote het liewers hulle tuiste opgegee as om voorges\u00ea te word hoe hulle God mag aanbid en die Afrikaner se Duitse voorouers was dikwels manne wat versmoor gevoel het in \u2019n feodale Duitsland en probeer het om daarvan te ontsnap deur huursoldate te word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie hardnekkiges wat alle aansprake op relatiewe gerief opgeoffer het vir \u2019n lewe op hulle eie, het eers begin rus vind toe hulle so ver teen die Ooskus op beweeg het dat die owerheid in die Kaap kwalik enige beheer oor hulle gehad het. Dit was net hulle en hulle gesinne, hulle geloof en vasberadenheid, in \u2019n verbete bestaanstryd in \u2019n wilde en ongenaakbare w\u00eareld. En dit het hulle goed gepas.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie ruwe idille is deur die Britte verbreek wat \u2019n obsessie gehad het om alles binne en net buite hulle bereik te oorheers. Hulle brutale behandeling van die grensbewoners het die Boere se vryheidsideale van vooraf gestook en hulle is met hulle lomp, breekbare waens die binneland in waar hulle uiteindelik, na \u2019n halfeeu se avonture en tragedies twee republieke gestig het, vir eens op hulle eie, verantwoordelik teenoor niemand behalwe hulle eie mense en God nie. Vir \u2019n ruk was hulle arm, maar tevrede. Hulle was vry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Britse nyd het egter opnuut en feller as ooit onvlam toe goud en diamante onder die aardkors van die Zuid-Afrikaansche Republiek en die Oranje Vrystaat gevind is. Nadat die Boere heldhaftig vir hulle vryheidsideaal geveg het, en uiteindelik moes tou opgooi, was die juk opnuut oor hulle nekke en teenaan hulle skofte. Hulle drang na vryheid het aanvanklik gekwyn in die as van hulle Verskroeide Aarde, maar dit is nooit heeltemal uitgedoof nie en het later helder ontbrand in die verrysing van Afrikaner Nasionalisme.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit was op die golf van hierdie vryheidsdrif wat die Afrikaner eers polities en toe daadwerklik beheer oor sy lewe teruggeneem het, maar sy vryheid het \u2019n nuwe juk gebring: Die plig om vir miljoene ander mense te sorg. Sy poging om vryheid vir alle rasse te bewerkstellig, is teen hom gehou en die Afrikaner is onverpoosd gekasty daarvoor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vryheidsideaal is met Republiekwording in 1961 vervul. Geen mens het \u2019n versugting vir wat hy reeds het nie. Daarom, en omdat die Afrikaner weer begin vergeet het wat die teenoorgestelde van vryheid is, het sy vryheidsidee weer begin kwyn. Om die skimprys van internasionale goedkeuring te wen, het hy uiteindelik sy vryheidsgeboortereg \u2013 waarvoor sy voorouers die hoogste offers gebring het \u2013 ingeruil.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op 29 April 1994 het die Afrikaner homself weer formeel onder die juk bevind. Hierdie keer is die juk veral ongemaklik en knellend. Die Afrikaner besef toenemend dat, anders as in die verlede, hy in slawerny is omdat dit tans sy keuse is, of dan ten minste omdat hy nog nie sy keuse en sy reg om vry daarvan te wees, uitgeoefen het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vlam van vryheid \u2013 of eerder, die vlammetjies van vryheid, want hoewel hulle klein is, is daar baie van hulle \u2013 begin al hoe meer sigbaar word. Dit het vir die eerste keer landswyd, opsigtelik maar vreedsaam, in 2007 tot uitbarsting gekom toe Bok van Blerk se \u201cDe la Rey\u201d vrygestel is. Hierdie werk het gou oor die heinings uit die popmusiekkamp gespring om \u2019n volkskreet te word. Vir die eerste keer sedert 1994 het die Afrikaners opgehou om hulleself te probeer fop en het hardop en gesamentlik gewens vir \u2019n leier om hulle te lei om die juk te breek. Wat die Afrikaners veral verstom het, was dat hulle onderling uitgevind het hoeveel daar werklik is wat so voel. Hoewel die komponis en liriekskrywer dit nie kon beplan het nie, en die \u2013 ietwat liberale \u2013 sanger dit nie so bedoel het nie, het \u201cDe la Rey\u201d gehelp om die Afrikanerversugting na vryheid soos \u2019n vulkaan te laat uitbars, en nou kan dit nie geblus word nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vryheid is die sterkste van alle idees. Regdeur die geskiedenis het volke teen oorweldigende oormagte vir jare, selfs eeue, vir hulle reg om saam met hulle eie mense in hulle eie land te bly en hulle self te regeer, geveg. Wanneer \u2019n volk eers hierdie vryheidstrewe het, kan hy dit self nie afl\u00ea nie en kan sy oorheerser dit nie onbepaald onderdruk nie. Geen idee word so verhewe geag as vryheid nie en geen ander word so gevier nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Selfs in ons banale tye vind dit neerslag in die vermaaksbedryf, soms op werklik roerende wyse. Mel Gibson se Middeleeuse skop-en-kapmelodrama, Braveheart (raak beskryf as \u201cLethal Weapon\u201d in kilts) het in die gemeenskaplike geheue vasgesteek vanwe\u00eb die dramatiese behoefte en sentrale tema van die rolprent: Vryheid. Wanneer William Wallace se heldhaftigheid uiteindelik beloon word met verraad en gevolglike foltering, bulder hy tydens sy teregstelling uit: VRYHEID! Hierdie kreet het selfs in mense wat geen bevrydingsversugting gehad het nie, se gemoedere geresoneer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die wysste ding wat \u2019n onderdrukte volk met \u2019n hernude vryheidsidee kan doen, is om dit openbaar te maak. Hulle moet maniere vind om nie net met mekaar nie, maar ook met die onderdrukker daaroor te kommunikeer. Hoe meer gereeld en hoe eenstemmiger dit gedoen word, hoe meer takel dit die onderdrukker se vermo\u00eb om dit hok te slaan, af. Die geneurie van \u2019n persoon op sy eie trek min aandag, maar as \u2019n miljoene stemme dit gelyktydig doen, kan die dreuning daarvan regoor die w\u00eareld gehoor word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Itali\u00eb was in die 1860\u2019s nie net onderdruk nie, maar inderdaad bele\u00ebr deur die magtige Oostenrykse keiserryk. Terselfdertyd was dit die wensbeentjie wat deur kontinentale magte soos die Franse, die Oostenrykers en selfs Brittanje, getrek is. Die Italiaanse volk se vryheidsug het egter nie uitgeflikker nie, maar toenemend helder gebrand. Hulle het dit aanhoudend onder mekaar en tot die verontrusting van die regering en die oorheersers aangeblaas. Die musikale natuurmag van die tyd was die komponis van groot operas in die styl van die romantiek, Giuseppe Verdi. Wanneer die Italianers \u201cVa pensiero!\u201d, die grootse koorlied van die Hebreeuse slawe uit sy opera, Nabucco, geneurie het, het dit nie vir hulle oor die vryheidsdrang van antieke Israel in die Babiloniese ballingskap gegaan nie, maar hulle eie vlak van slawerny onder Oostenryk. Dit het hulle veryster vir die naderende stryd om Itali\u00eb onder die Koning van Sardini\u00eb, VictorEmmanuel II, te verenig. Deur net te s\u00ea of saam te skree: Viva Verdi! het hulle die vlam van vryheid aan die brand gehou, want in hierdie geval was VERDI \u2019n letterwoord vir \u201cVittorio Emmanuele Re D\u2019Italia.\u201d Viva Verdi! \u201cLank lewe Victor Emmanuel, Koning van Itali\u00eb.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Simbole van hierdie aard is so kragtig, dit kan die status quo skud. Dit versamel mense en spoor hulle aan. Dit het ook \u2019n uitwerking op die onderdrukker. Dit maak hom senuweeagtig en breek die spoed van sy arrogansie. \u2019n Onseker onderdrukker is geneig tot die soort flaters wat sy greep op die onderdrukte volk laat glip. Die Oostenrykse administrateur in, s\u00ea nou maar Napels, moes swaar gesluk en oor sy skouer gekyk het as hy \u201cViva Verdi!\u201d teen \u2019n muur gekrabbel gesien of iemand gehoor het wat \u201cVa Pensiero!\u201d fluit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die 1960\u2019s het die Amerikaanse Burgerlike Regte-beweging rondom slagliedjies versamel. \u201cWe will overcome!\u201d het van hulle betogings \u2019n heilige kruistog gemaak. Hulle het die oorgelewerde sosiale stelsel van hulle voorouers omvergewerp onder \u2019n simboliese weergawe van die semafoorteken vir \u201cKernontwapening.\u201d Die teken het die welombekende en omstrede \u201cVredesteken\u201d geword. Die feit dat dit Christene, al was dit onder \u2019n misverstand, afgestoot het, het hierdie nuwe gemeenskapsrebelle gepas. Hulle h\u00e9t \u2019n kloof tussen hulle nuwe hedonisme en die Christelike karakter van hulle gemeenskap gesoek. Dat hierdie opstand tot sosiale chaos en die wegkalwing van die Westerse Beskawing in Amerika gelei het, is in ons argument onbelangrik, want wat dit beklemtoon is die krag van idees vervat in eenvoudige, treffende simbole.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2019n Idee, veral die vryheidsidee, al is dit in geen simbool verpak nie, is onvernietigbaar. Tog sal dit kortsigtig van ons wees om die momentum wat simbole aan idees gee te ignoreer. Die Afrikaner moet gereed wees om simbole wat spontaan, of per gelukkige ongeluk, ontstaan, in te span. Ons kan selfs probeer om self simbole vir ons stryd te skep. Ons het reeds slagliedere: \u201cDie Lied van Jong Suid-Afrika,\u201d Die Stem en, ja natuurlik, \u201cDe la Rey.\u201d Ons het selfs \u2019n magtige visuele simbool: Die Oranje-Blanje-Blou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mense wat wriemel onder die juk en wat smag na die geleentheid om deel te neem aan die stryd, hoef nie die dramatiese of die gevaarlike te oorweeg nie. Ons moet bloot ons simbole sigbaar en hoorbaar maak. Solank ons stemme afgesonder is, sal dit onhoorbaar wees, en niemand reageer op \u2019n aandrang wat hy nie kan waarneem nie. Die teendeel is ewe opvallend. Die reaksie op \u201cDe la Rey\u201d het meer gedoen om die Afrikaner nasionaal op die voorvoet te kry as twintig jaar se parlement\u00eare toesprake.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Elke keer wat die Prinsevlag vertoon word, elke keer wat \u2019n blougeverfte man met \u2019n ring deur sy neus en beeshorings op sy hardehoed oor televisie vanaf Loftus verskyn, elke keer wat \u2019n boer \u201cDe la Rey\u201d kliphard op sy Fortuner se klankstelsel speel vir die hele w\u00eareld om te hoor, word die Afrikanersaak duideliker. Dit is \u2019n klap in die regering se gesig en \u2019n regering wat genoeg in die gesig geklap word, begin naderhand luister.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit sal help as ons \u2019n eenvoudige, kragtige visuele simbool het. Laat ek een voorstel: Die Gebreekte Juk. Dis maklik om aan te bring, kan in enige beeldende medium gedoen word en die simboliek is onmiskenbaar. Die ontwerp is eenvoudig: Twee diagonale lyne wat die balk van die juk wat gebreek is, voorstel, en twee strepe loodreg daaroor wat die skeie verbeeld.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As ons landwyd begin, met spreikannetjie, vetkryt, merkpen, verfroller en plakker om dit op mure, straatoppervlakte, padtekens, tonnelwande en motorruite aan te bring, sal dit die ANC eers laat kopkrap, dan om die mond laat skuim en dan laat luister.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ag ja, dit sou lekker gewees het as \u2019n De la Rey sou verskyn om ons te lei, en miskien, wie weet, miskien is daar nou reeds een wat besig is om te lendene te omgord en wat eersdaags in die nasionale oog sal verskyn. Maar tot dan, laat ons aan die werk wees. Ons het nie, soos in die barbaarse voorstel, vuurhoutjies en buitebandhalssnoere vir ons bevryding nodig nie; ons doen dit sommer met \u2019n klankstelsel en \u2019n verfkwas.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ter wille van Vryheid!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/63481-eks-rukovoditelyu-xarkovskoj-strojfirmy-grozit-12-let-tyurmy.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u00a0 Die ANC kan nou maar net sowel vir almal in die land \u2019n hoop sonde en ergenis spaar en meewerk om die re\u00eblings vir \u2019n Afrikanervolkstaat te tref, want dit gaan met of sonder die regering se goedkeuring tot stand kom. Dit kan nie gestuit word nie want \u2019n idee kan nie vernietig word [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":12365,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[],"class_list":["post-12366","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c27-gustav-venter"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12366","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12366"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12366\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/12365"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12366"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12366"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12366"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}