{"id":12358,"date":"2012-04-03T07:56:34","date_gmt":"2012-04-03T07:56:34","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12358"},"modified":"2012-04-03T07:56:34","modified_gmt":"2012-04-03T07:56:34","slug":"gevaartekens-flits-vir-hoofstroom-in-vk-en-frankryk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12358","title":{"rendered":"Gevaartekens flits vir hoofstroom in VK en Frankryk"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">In die mees opspraakwekkende oorwinning in Britse politieke geskiedenis, het die Respect-kandidaat Arbeid met &#8216;n meerderheid van 10140 stemme uit net meer as 18 000 verslaan in &#8216;n tussenverkiesing.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/www.youtube.com\/watch?v=249JaIaubVw\">George Galloway<\/a> het Bradford-Wes in &#8216;n merkwaardige oorwinning weggeraap onder die Arbeidersparty se neus en bespiegelinge laat opvlam dat die Arbeidersleier sy pos sal moet ontruim.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit blyk dat die setel se Moslem-gemeenskap Arbeid en masse versaak het om gehoor te gee aan Galloway se oproep vir &#8216;n onmiddellike Britse onttrekking uit Afghanistan en &#8216;n terugvegpoging teen die werkkrisis.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is &#8216;n bittere slag vir Ed Miliband, leier van die Arbeidersparty wat versuim het om te kapitaliseer op die skielike insinking in ondersteuning vir die koalisie. Hy het die bedreiging deur Galloway ook hoegenaamd nie gesien voordat dit heeltemal te laat was nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met &#8216;n opkoms van 50,78%, is Arbeid se Moslemkandidaat Imran Hussain met bomskok gelaat na die bekendmaking. Arbeid het die setel in 2010 met &#8216;n meerderheid van 5763 gewen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eerder as Galloway se persoonlike charisma, dui die resultaat moontlik op die kiesers se ontnugtering met die heersende hoofstroompartypolitiek, s\u00ea ontleders.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nog voor die amptelike uitslag bekend gemaak is, het Galloway ges\u00ea: &#8220;Deur die genade van God, het ons die mees sensasionele oorwinning behaal in Britse politieke geskiedenis &#8230; Arbeid is getref deur &#8216;n vloedgolf in &#8216;n setel wat hulle vir baie dekades gehou het en oorheers het vir 100 jaar&#8230;&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Galloway het ges\u00ea die pad na sy oorwinning is terug van &#8220;die pad van verraad in 1994 deur Tony Blair&#8221;, wat Arbeid &#8220;so ver weg van sy tradisionele ondersteuners gelei het dat mense verwaarloos en verraai voel&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het bygevoeg dat Blair binne die moderne Arbeidersparty vereer bly, &#8220;miljoene ponde verdien, in plaas daarvan om in Den Haag vir oorlogsmisdade verhoor te word. Die groot politieke partye het &#8216;n baie nuttige les gehad, en ek hoop dat hulle kennis neem.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Jackie Whiteley, die Tory-kandidaat, het derde gekom, met 2746 stemme, 8,37%, &#8216;n daling van 22,78% van die laaste verkiesing.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onthullings oor Cameron se ryk skenkers en die toue by petrolpompe het gelei tot die ernstige daling in konserwatiewe ondersteuning. Die Tories se koalisie-vennote, die liberale, net 4,59% van die stemme gekry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Galloway, &#8216;n voormalige Arbeider-LP, het egter al voorheen sy formidabele vermo\u00eb om gewilde kwessies te opper gewys.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In &#8216;n soortgelyke koersverandering, is Frankryk di\u00e9 week deur &#8216;n nuwe peiling uit hule gemaksone wakkergeskud.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Drie weke voor die eerste ronde van die Franse verkiesing, is &#8216;n toename in steun vir die harde-linkse kandidaat Jean-Luc M\u00e9lenchon geregistreer. Di\u00e9 toename dreig om voorspellings vir die Franse presidensi\u00eble verkiesings om te krap.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Onlangse meningspeiling plaas M\u00e9lenchon, 60, in die derde plek met 15 persent van die stemme &#8211; die hoogste vir &#8216;n kandidaat van die anti-kapitalistiese linkses sedert die bloeityd van die Franse Kommunistiese Party 30 jaar gelede.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die opkoms van M\u00e9lenchon, &#8216;n soort Galliese George Galloway wat welsprekend teen die hoofstroomelite fulmineer, het Marine Le Pen se Nasionale Front na die vierde plek laat skuif. Vir president Nicolas Sarkozy en sy vernaamste uitdager, die Sosialistiese kandidaat, Fran\u00e7ois Hollande, die opkoms van M\u00e9lenchon &#8216;n tweesnydende swaard: Nuttig, maar gevaarlik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hollande behou steeds &#8216;n klein voorsprong van 28,5 persent in die eerste ronde op 22 April teenoor Sarkozy se 27,5 persent. Ander onlangse meningspeilings toon dat Sarkozy, aangehelp deur sy hard-regse retoriek en die uitbuiting van die Toulouse-moorde, &#8216;n een of twee-punt eersteronde voorsprong geneem het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Alle stembusse wys egter steeds Hollande as die wenner in die tweede ronde van 6 Mei met &#8216;n 10-6 marge.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die groeiende ontevredenheid van die Franse kiesers met al die hoofstroom politici en &#8216;n veldtog wat versuim het om oortuigend te worstel met &#8216;n nasionale, Europese en globale ekonomiese krisis, word verantwoordelik gehou vir die ultralinkse kandidaat se opmars.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die oplewing van steun vir M\u00e9lenchon se ho\u00eb-energie, anti-EU, anti-Amerikaanse, anti-groot-Besigheid-veldtog, is &#8216;n bron van ontsteltenis vir die sentrum. &#8216;n Gekombineerde Hollande-M\u00e9lenchon stem van 43 persent dui op &#8216;n bui ten gunste van &#8216;n linkse kandidaat.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/62744-chto-delat-s-neraskrytymi-prestupleniyami-peredovoy-opyt-i-mneniya-ekspertov.html\">\u0434\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u044e\u0440\u0456\u0439 \u0425\u0430\u0440\u043a\u0456\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In die mees opspraakwekkende oorwinning in Britse politieke geskiedenis, het die Respect-kandidaat Arbeid met &#8216;n meerderheid van 10140 stemme uit net meer as 18 000 verslaan in &#8216;n tussenverkiesing. George Galloway het Bradford-Wes in &#8216;n merkwaardige oorwinning weggeraap onder die Arbeidersparty se neus en bespiegelinge laat opvlam dat die Arbeidersleier sy pos sal moet ontruim. &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12358\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Gevaartekens flits vir hoofstroom in VK en Frankryk&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-12358","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12358","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12358"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12358\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12358"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12358"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12358"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}