{"id":12351,"date":"2012-04-01T09:17:13","date_gmt":"2012-04-01T09:17:13","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12351"},"modified":"2012-04-01T09:17:13","modified_gmt":"2012-04-01T09:17:13","slug":"ope-brief-aan-die-da-oor-pretoriase-straatnaamsveranderinge","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12351","title":{"rendered":"Ope brief aan die DA oor Pretoriase straatnaamsveranderinge"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">In \u2018n berig deur die dagblad \u2018Beeld\u2019 29 Maart 2012, \u2018<em>DA stem nie oor name\u2019<\/em> het mnr Johan Jansen volgens die berig gestel: \u2018Mnr. Johan Jansen (DA) het ges\u00ea hy sou wou sien dat Kerkstraat eerder na Nelson Mandela-rylaan verander word.\u2019<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  uitlating of standpunt kan nie sondermeer gelaat word nie en die  Kerkraad van die Nederduitsch Hervormde Gemeente Pretoria sal mettertyd  \u2018n amptelike skrywe hieroor aan die toepaslike persone\/instansies rig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In  my persoonlike hoedanigheid beskou ek mnr Jansen se mening as  onsensitief en \u2018n ontkenning van die historiese waarde van die betrokke  gemeente wat twee maande voor Pretoria se stigting , op 8 en 9 September  1855, onder leiding van ds Dirk van der Hoff gestig is.&nbsp; Gedurende  November 1855 het die Volksraad van die Z.A.R. besluit om die Republiek  se hoofsetel na Pretoria te verskuif en tereg dui die  navorser\/argivaris, Dr HM Rex, dit met die titel van sy boek (1960) aan:  <em>Pretoria- Van Kerkplaats na Regeringsetel.<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teen  di\u00e9 agtergrond het die betrokke gemeente en lidmate \u2018n rol in die  ontwikkeling van Suid-Afrika gespeel ondermeer in die konstitusionele  gang, onderwys, en infra-struktuur.&nbsp; Ten opsigte van laasgenoemde word  verwys na die eerste kerkgebou wat in 1857 op Kerkplein opgerig is, in  1865 is die kerkgebou vergroot en na \u2018n verwoestende brand in 1882 is \u2018n  sierlike kerkgebou op 23 Januarie 1885 ingewy en hier het president S J  P Kruger met geleentheid besoek by die <em>Hervormers <\/em>afgel\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  gebou het \u2018n belangrike rol gespeel in die godsdienstige- en kulturele  lewe van die Afrikaner en nadat dit deur die Britse owerheid gesloop is,  is die vierde en huidige kerkgebou in Du Toit str gedurende 1905 deur  Genl. Louis Botha ingewy. Tydens die geleentheid het die Nederlandse  hoogleraar, prof P J Muller, die inwyding van die nuwe kerkgebou gepas  met &nbsp;die teks uit Openbaring 21:5 ingelui; die preekteks is voorhande in  die gemeentegeskiedenis: Die Nederduitsch Hervormde Gemeente Pretoria  1855-1955 (prof S P Engelbrecht). &nbsp;Behalwe laasgenoemde, was die  gemeente dekades lank \u2018n geestelike tuiste vir Nederlandsprekende  Suid-Afrikaners, trouens die gemeente was van die laastes wat Nederlands  as kanseltaal gebesig het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  verbintenis met die Nederlandse minderheid in Pretoria strek egter ook  na die slagveld en word bevestig deur die gedenkplaat vir Nederlanders  wat tydens die Tweede Anglo-Boere Oorlog (1899-1902) gesneuwel het;  onder andere Cornelius van Gogh (1867-1900), broer van die impressionis,  Vincent Willem van Gogh (30 Maart 1853-27 Julie 1890). Die gedenkplaat  is teen die Oostelike wand van die kerkgebou aangebring en gedurende sy  besoek aan Suid-Afrika, het Prins Bernard van Nederland die verbintenis  erken deur \u2018n krans by die gedenkplaat te l\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  rol wat die Kerk\/kerk, in die besonder die Hervormde Gemeente Pretoria,  in die gang van Pretoria gespeel het, word deur \u2018Kerkstraat\u2019 gehuldig.&nbsp;  In die verband wil ons u, mnr Jansen en belanghebbendes nooi om die S P  Engelbrecht-museum, wat tans op die Oostelike en Noordelike galerye van  die Kerkgebou ingerig is, te besoek \u2013 en die betekenis van di\u00e9  kulturele sieraad, soos dit in \u2018Kerkstraat\u2019 weerklink, ontdek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek sien uit na u besoek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met dank,<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dr Christo Pretorius<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Pastor loci<\/em><\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Ned Herv Gemeente Pretoria<\/div>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/63384-harkov-v-cifrah-i-delah.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0438\u0433\u043e\u0440\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In \u2018n berig deur die dagblad \u2018Beeld\u2019 29 Maart 2012, \u2018DA stem nie oor name\u2019 het mnr Johan Jansen volgens die berig gestel: \u2018Mnr. Johan Jansen (DA) het ges\u00ea hy sou wou sien dat Kerkstraat eerder na Nelson Mandela-rylaan verander word.\u2019 Die uitlating of standpunt kan nie sondermeer gelaat word nie en die Kerkraad van [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86],"tags":[],"class_list":["post-12351","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c77-briewe"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12351","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12351"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12351\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12351"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12351"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12351"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}