{"id":12350,"date":"2012-04-01T08:27:03","date_gmt":"2012-04-01T08:27:03","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12350"},"modified":"2012-04-01T08:27:03","modified_gmt":"2012-04-01T08:27:03","slug":"die-dutch-mark-om-die-nek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12350","title":{"rendered":"Die &#8216;Dutch Mark&#8217; om die nek"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\" id=\"internal-source-marker_0.6453533169630749\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"'n Moderne weergawe van die 'Dutch Mark'\" alt=\"'n Moderne weergawe van die 'Dutch Mark'\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/04\/steve_donkey.jpg\" width=\"251\" \/>Van  die 1860jare af het die verengelsing in die Kolonie toegeneem, veral  deur middel van die skole. Selfs op die speelterrein moes die kinders  Engels met mekaar praat om straf vry te spring. In party skole is  gebruik gemaak van &#8216;n sleutel, blokkie of hartvormige plank waarop iets  geskryf is soos: &#8220;I am a donkey&#8221;. Hierdie &#8220;Dutch Mark&#8221; is om die nek  gehang van iemand wat Afrikaans praat, en die een wat dit gedra het as  die skool die middag sluit, moes as straf honderde re\u00ebls uitskryf soos:  &#8220;I must not speak Dutch and ought to know it by now&#8221;. Langham Dale, wat  in 1859 superintendent-generaal van onderwys geword het, het met &#8216;n  besoek aan &#8216;n skool die kennisgewing &#8220;It is forbidden to speak Dutch&#8221; aangetref  en het sulke verbiedinge belet. Hy was nie teen Hollands as vak nie &#8212;  maar wou Afrikaans of Hollands tog nie as die medium van onderrig  toelaat nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Die Kaapse onderwyswet van 1865 het bepaal dat die onderwysmedium in  alle eerste- en tweedeklasskole Engels moes wees en dat in  derdeklasskole (plattelandse skole) die medium sover moontlik Engels sal  wees binne &#8216;n jaar n\u00e1 die oprigting. In die sendingskole, ook van die  NG Kerk, moes die onderwys sover moontlik in Engels geskied.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Daar was min verset teen die verengelsingsproses. Die skryfster M.E.R.,  wat gebore is in 1875, beskryf hoe dit verloop het. Afrikaanse meisies  het veral weens die onderwys en die aansien van Engels graag onder  mekaar Engels gepraat. &#8220;Vanaf gedwonge Engels en strafbare moedertaal  het ons meisies gekom tot gewillige en gladde hantering van Engels in  die skool, op straat en onder mekaar. Nie die seuns nie. Engels praat  was vir hulle &#8216;n meisie-agtige aanstellery. Die volgende stap was dat  die dogters, as hulle trou, die ou huistaal wat hulle nog met hulle eie  ouers moes praat, nie met hulle kinders gepraat het nie; ook nie meer na  ou gewoonte die kinders na vaders- of moederskant laat heet het nie,  maar &#8216;fancy names&#8217; gegee en oneindige plesier daaraan gehad het. Hulle  het &#8216;calling cards&#8217; en &#8216;at home&#8217; days&#8217; ingestel.&#8221; Sy skryf ook dat goeie  ouers na goeie onderwys vir hul kinders gesoek het wat loopbane  toeganklik sou maak. En daarvoor was Engels onmisbaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Name is verengels, veral van die dogters &#8212; maar ook die name van  plase, huise en huisdiere; dis omtrent net osse wat verengelsing  vrygespring het! Ouers en kinders, of kinders onderling, het van 1875 af  in die Kaapkolonie toenemend in Engels met mekaar gekorrespondeer.  Afrikaners het in gesprekke al meer Engelse uitdrukkings oorgeneem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Kinders is in &#8220;Cape History&#8221; geleer hoe ondankbaar hulle voorouers was  (daarom, glo, dat daar iets was soos die Slagtersnek-opstand en die  Groot Trek) of hoe wreedaardig (deur slawe aan te hou &#8212; iets wat die  Engelse egter ook gedoen het). Onderwysers het Afrikaanse kinders  probeer skaam maak vir hul voorouers, en bewerings van mense soos John  Philip teen die Boere opgedis. G.R. von Wielligh skryf: &#8220;So moes die  kind dag na dag in die skool hoor: Ons Afrikaners is geen volk nie,  onvertroubaar, besit nie eers &#8216;n beskaafde taal nie, is gedurig teen  mekaar verdeel, daarom kan ons onsself nie regeer nie.&#8221;<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/politics\/3895972\/\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Van die 1860jare af het die verengelsing in die Kolonie toegeneem, veral deur middel van die skole. Selfs op die speelterrein moes die kinders Engels met mekaar praat om straf vry te spring. In party skole is gebruik gemaak van &#8216;n sleutel, blokkie of hartvormige plank waarop iets geskryf is soos: &#8220;I am a donkey&#8221;. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":12349,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[124],"tags":[],"class_list":["post-12350","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c116-geskiedenis"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12350","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12350"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12350\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/12349"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12350"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12350"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12350"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}