{"id":12343,"date":"2012-03-31T11:43:04","date_gmt":"2012-03-31T11:43:04","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12343"},"modified":"2012-03-31T11:43:04","modified_gmt":"2012-03-31T11:43:04","slug":"gustav-4","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12343","title":{"rendered":"Rugby: Haaie skraap deur teen Brumbies"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><em><span style=\"text-decoration: underline;\"><strong>Haaie 29, Brumbies 26<\/strong><\/span><\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ag, sal iemand tog met die Haaie, veral hulle agterste driehoek, hulle voorspelers en hulle losskakel praat? En ek bedoel, praat stadig met groot gebare en, indien nodig, teken prentjies. Want blykbaar verwar die regstreekse uitskopre\u00ebl hulle. Telkens, wanneer hulle die bal met die afskop ontvang, dryf die voorspelers waaghalsig tot net oor die kwartgebiedstreep, gee die bal terug tot in die kwartgebied en dan moet die arme ontvanger die bal binneveld hou. Dit beteken dat hulle sekondes later hulle doellyn met mag en mening moet verdedig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie eenvoudige wanbegrip het vanoggend (Boeretyd) hittete veroorsaak dat die Haaie verkleineer is met een van voetbal se vernuftigste Houdini-toertjies. Die Natallers was 29-19 voor met minute op die stophorlosie oor. Riaan Viljoen, heelagter, ontvang \u2019n diep bal in sy eie kwartgebied. Hy moet: A) Die bal terugsool, regstreeks oor die kantlyn naby of oor die middellyn skop waar die Haaie die lynstaan kan betwis, of B) Hy moet die bal gryp en terwyl daar geen druk op hom is nie tot buite die kwartgebied storm en die bal luglangs oor die buitelyn skop. So wat doen Riaan, hmm? haa? Nat\u00fa\u00farlik! Hy B verskriklik en nou is daar \u2019n Brumbie-lynstaan net buite sy kwartgebied. Die Wildeponies val uitgelate aan, die Haai-verdediging stotter en die skrumskakel Nick White glibber deur vir \u2019n drie wat sy span binne vyf punte van die Haaie bring. Te midde van die jubelinge gryp iemand die bal en vervyf dit sommer met \u2019n skepskop. Oomblikke later tjank die sirene en die Haaie m\u00f3\u00e9t afskop en m\u00e1g nie die bal regstreeks uitskop nie. Die Brumbies val van 85 meter af aan en op die ou end is dit net \u2019n diep aanslaan in die Haaie se kwartgebied wat die eindfluitjie laat lawaai. Maar dit was net te naby&#8230;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Haaie se taktiese skopwerk was, om presies te wees, van meet af pateties. Veral Frederic Michalak het die Haaie se verlange na die beseerde Patrick Lambie baie akuut gemaak. Of hy gejaag is en of hy tyd het, Michalak het die een bisarre skop na die ander met \u2019n boepensboog die middelveld in gepos. Die Brumbies het die bal gul ontvang en het met die een diep aanval na die ander losgebrand. Dit was net hardekwasverdediging deur veral die voorspelers en \u2019n paar keer wat die Haaie die Brumbies se bal op die grond vervreem het, wat die Natallers se aanspraak in die wedstryd lewend gehou het. Hieruit het hulle twee interkontinentale drie\u00eb gedruk, die een regoor die maksimum afstand toe hulle die balle uit Brumbie-hande oor die Haaie-doellyn geruk het. Slot Sykes het langs die kantlyn afgerammel en is uitasem gejag deur die buitesenter en Jesse Mog, die heelagter. Hy het kop en bal gehou totdat die verdedigers se hande omtrent om hom was voordat hy met \u2019n netjiese aangee vir Lwazi Mvovo gevind het. Di\u00e9 het gehardloop asof twintig Dobermanns agter hom aan was en het \u2019n drie gedruk wat die Brumbies swaar gekwes het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vroe\u00ebr het Odwa Ndungane \u2019n mog\u2019t-troffe aanslag op die bal tussen twee Brumbie-aanvallers geloods en dit onderskep. \u2019n Jonger Ndungane sou net daar ontvlam het om die resies na die hoekvlag te wen, maar die 2012-model het binnekant toe gedryf en vir Riaan Viljoen gevind wat genoeg ratte gehad het om deur te spaander vir \u2019n drie. \u2019n Derde van die Haaie se vier drie\u00eb is gedruk toe Speight, die Brumbies se vleuel nie \u2019n tollende, wippende bal in sy eie kwartgebied bymekaar kon maak nie en Willem Alberts van alle mense, soos \u2019n seekoei wat ballet, hom van agter bekruip het, die bal met \u2019n delikate toon vorentoe geknikker en toegeval het. Drie van die Haaie se vier drie\u00eb dan, was nie oorwegend die resultaat van goeie afronding van skrander planne nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Brumbies self het net twee drie\u00eb gedruk; die een di\u00e9 van Nick White en dan \u2019n \u00a0skitterende skop-, jaag- en vangpoging deur heelagter Jesse Mogg, \u2019n \u00a0drie wat nog merkwaardiger sou gewees het as hy nie die bal met \u2019n \u00a0blatante vorentoe-aangee ontvang het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Haaie maak meer staat op hulle brekers soos Bismarck du Plessis, Willem Alberts en Marcel Coetzee as op \u2019n \u00a0goedingestudeerde wedstrydplan. Die Brumbies, daarenteen, is goed afgerig en planmatig, veral vinnig en akkuraat op die aanval. Dit is net die Haaie se verbetenheid wat die Canberra-span in toom gehou het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Haaie het nog nie hulle persoonlikheid as span ontdek nie. Is hulle \u2019n \u00a0aanvallende span of is hulle een wat beter toegerus is om \u2019n \u00a0telling te verdedig? Dis moeilik om vas te stel. Hulle het nie die Vrystaat se flair op die aanval, die vermo\u00eb om soos die Bulle die vyand met skoppe en offensiewe verdediging in hulle eie kwartgebied onder kwarantyn te hou of om soos die Stormers hulle lyn onbepaald te verdedig nie. Hulle gaan bitter gou hulle sterkpunte moet ontdek en uitwerk hoe om \u2019n \u00a0wedstryd rondom dit te smee.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tog, met die twee Du Plessis\u2019s, \u2019n \u00a0Willem Alberts, \u2019n \u00a0Marcel Coetzee en \u2019n \u00a0paar ander spelers wie se baarde begin hard word, sal geen span hulle as sawwe prooi beskou nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vraag is of die Haaie bestendig genoeg goeie voetbal oor lang periodes kan speel. Vandag het hulle dit net met tye reg gekry en dit het gewerk. Maar tans lyk dit nie goed genoeg om \u2019n \u00a0ferm aanspraak op die titel te h\u00ea nie.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/odessamedia.net\/obzor-druzei\/pochemu-v-harkove-doveryayut-mestnoi-vlasti-i-gordyatsya-svoim-gorodom\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u043f\u043e\u043b\u0438\u0442\u0438\u043a<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Haaie 29, Brumbies 26 Ag, sal iemand tog met die Haaie, veral hulle agterste driehoek, hulle voorspelers en hulle losskakel praat? En ek bedoel, praat stadig met groot gebare en, indien nodig, teken prentjies. Want blykbaar verwar die regstreekse uitskopre\u00ebl hulle. Telkens, wanneer hulle die bal met die afskop ontvang, dryf die voorspelers waaghalsig tot [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[87],"tags":[],"class_list":["post-12343","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c78-rugby"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12343","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12343"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12343\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12343"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12343"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12343"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}