{"id":12340,"date":"2012-03-31T07:07:41","date_gmt":"2012-03-31T07:07:41","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12340"},"modified":"2012-03-31T07:07:41","modified_gmt":"2012-03-31T07:07:41","slug":"malema-loods-hernude-zuma-aanval","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12340","title":{"rendered":"Malema loods hernude Zuma-aanval"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die ANC-Jeugliga is getraumatiseer en word onderdruk deur president Jacob Zuma se leierskap, het Julius Malema Vrydag voor &#8216;n volgepakte saal by Wits ges\u00ea.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Onder president Zuma, het ons die jeug van die ANC getraumatiseer en uit hul huis uitgejaag,&#8221; het &#8216;n vurige Malema tydens &#8216;n ANC-eeufees lesing in Johannesburg ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met sy stem wat geleidelik in volume toegeneem het, het Malema ges\u00ea Zuma se leierskap het die stem van die jeug onderdruk en demokrasie vervang met diktatorskap.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons het onverdraagsaamheid gesien. Mense is ongeduldig met die jeug, mense waardeer nie nuwe menings nie. Hulle onderdruk nuwe opinies,&#8221; het hy ges\u00ea onder dawerende applous van &#8216;n volgepakte saal by die Universiteit van die Witwatersrand.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Malema het weer die stryd vir &#8220;ekonomiese vryheid&#8221; opgehaal, en gewaarsku teen die risiko om bestuur te word deur ongeletterdes.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons kan nie ekonomiese vryheid bestuur met ongeletterdes sodat die regering in duie stort nie &#8230; Dit sal wees soos outomatiese stuur omdat jy nie weet waarheen om hierdie regering te neem nie,&#8221; het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons het gesofistikeerde mans en vroue nodig, en dit is die rede waarom onderwys baie belangrik is.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die toekomstige leierskapsdebat sal nie oor prestasies gaan nie maar oor of &#8216;n persoon kan verstaan wat \u200b\u200binflasie beteken, het Malema ges\u00ea onder applous en &#8216;n dawerende gelag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy beskuldig die ANC van selektiewe besluite, veral met betrekking tot die dissiplin\u00eare prosedures wat ingestel is teen Jeugligaleiers.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Malema het ges\u00ea die liga word geprys as militant wanneer hulle sekere individue kritiseer, maar weer veroordeel as swak gedissiplineerd wanneer hulle kritiek oor ander uitspreek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit kan nie wees dat een gekritiseer kan word en &#8216;n ander kan nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Malema het ges\u00ea nie al die ANC-leiers was progressief nie, met verwysing na diegene soos John Dube, die stigtingsvergaderingspresident van die African National Congress wat uiteindelik uitgeloop het en &#8216;n ander organisasie gevorm het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Malema het ges\u00ea menings van die jeugligaleierskap is moontlik gesien as &#8216;n bedreiging deur die moederliggaam.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit is ons waarneming. Dit is dalk nie heeltemal korrek nie. Ander mense kan verskil,&#8221; het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verwysende na die ANC se tesourier Mathews Phosa, het Malema ges\u00ea dit is niks persoonliks nie, maar die leierskap moet kritiek aanvaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons moet eerlik wees en nie voorgee nie. Ons moet &#8216;n ware weerspie\u00ebling van wat gebeur wees,&#8221; het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;As jy &#8216;n rol wil speel, dan het jy die verkeerde loopbaan gekies.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Malema het ges\u00ea leierskap moet altyd oop wees vir kritiek, want dit bou hulle as sterk leiers.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Pasop kameraad Mathews, wanneer mense ophou kritiseer, moet jy bekommerd wees, maar wanneer hulle jou kritiseer, beteken dit dat hulle omgee.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Malema bevraagteken die logika agter die dissiplin\u00eare prosedure teen hom en ander ligaleiers.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Wat is so swak-gedissiplineerd aan denke? Kom ons debatteer daaroor. Jy het die reg om te dink selfs al dink ons aan die verkeerde dinge,&#8221; het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Jy hoef nie toestemming te kry om te dink nie, jy is gebore met dit. Dit is jou geboortereg en jou eie baba om te versorg.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Malema het ges\u00ea dat die liga nie gestraf kan word vir denke nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Alhoewel die liga uitsprake gemaak het om Botswana se regering omver te werp, het hulle dit nie gedoen nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit was net &#8216;n gedagte, het hy ges\u00ea, en bygevoeg dat die leierskap van die African National Congress hulle liewer tot orde moes roep in plaas van skors.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Malema is skuldig bevind aan die saai van verdeeldheid binne die party, deels oor sy verklarings ivm Botswana.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Phosa, wat sit en luister het na die Malema-aanval op Zuma se leierskap, het saam met Malema &#8216;n uur laat opgedaag by die Universiteit van die Witwatersrand se Great Hall waar groot opgewondenheid en &#8216;n karnavalatmosfeer geheers het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy sou saam met die nasionale uitvoerende komiteelid en sportminister Fikile Mbalula optree, wat gekanselleer het weens ander verpligtinge.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Phosa het beklemtoon dat dit net regverdig is dat ANC-lede die vryheid om menings te deel sonder vrees behoort te geniet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die ANC moet op die voorpunt wees om ander se regte te beskerm, en dit is deel van die beweging om waar nodig is, te verskil.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Situasie waar daar onwilligheid is om te verskil, selfs in die openbaar, stel die bevryding en die Grondwet in gevaar, het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Idees is spiese van m\u00f4re. Ons moet nie di\u00e9 spiese stomp maak nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oor leierskap, het Phosa ges\u00ea die krag l\u00ea n\u00earens anders as by die takke van die organisasie nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Malema het Phosa geprys vir sy behandeling van die jeugliga wat verskil van &#8220;diegene wat dink dat ons aan politieke melaatsheid ly&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Mense is bang om te assosieer met ons. So wanneer iemand uit die leierskap kom wanneer dit versoek word, dit inspireer hoop,&#8221; het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit vertel ons nie almal is verlore nie en dat ons nog steeds &#8216;n dapper leierskap het.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Hele aantal studente kon nie sit- of staanplek in die Great Hall kry nie want dit was stampvol.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 groep studente moes met die portaal tevrede wees waar hulle verrigtinge op monitors wat aan die mure gemonteer is, kon volg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vroe\u00ebr, het jeugliga-ondersteuners gesing en gedans op die maat van strydliedjies terwyl hulle gewag het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sommige liedjies was ter ondersteuning van Malema, met &#8216;n paar wat spot met Zuma as &#8216;n &#8220;lastige stortmens&#8221; en die ANC-sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, as die &#8220;lastige bokbaardjie&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die liga het voortdurend hul voorkeur vir adjunk-president Kgalema Motlanthe uitgespreek om Zuma te vervang en Mbalula om Mantashe te vervang.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/www.obozrevatel.com\/crime\/90724-v-harkove-prokuratura-zavela-delo-o-krazhe-konfiskata-na-15-millionov.htm\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die ANC-Jeugliga is getraumatiseer en word onderdruk deur president Jacob Zuma se leierskap, het Julius Malema Vrydag voor &#8216;n volgepakte saal by Wits ges\u00ea. &#8220;Onder president Zuma, het ons die jeug van die ANC getraumatiseer en uit hul huis uitgejaag,&#8221; het &#8216;n vurige Malema tydens &#8216;n ANC-eeufees lesing in Johannesburg ges\u00ea. Met sy stem wat &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12340\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Malema loods hernude Zuma-aanval&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-12340","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12340","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12340"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12340\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12340"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12340"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12340"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}