{"id":12339,"date":"2012-03-31T07:30:59","date_gmt":"2012-03-31T07:30:59","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12339"},"modified":"2012-03-31T07:30:59","modified_gmt":"2012-03-31T07:30:59","slug":"gustav-3","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12339","title":{"rendered":"Rugby: Cheetahs vang die Hurricanes"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Dis nou maar eenmaal hoe \u2019n jagluiperd jag: Hy laat die prooi glip en dan haal hy hom van agter af in. Die gevolglike ho\u00ebspoedbotsing is so ontsenuend dat die slagoffer verdwaas en verwilderd gelaat word, reg vir die finale wurgslag. Wel, dit \u00eds \u2019n metode, maar die sukseskoers is wisselvallig want soms as die prooi voor is, bly hy voor. Maar vanoggend (Boeretyd) kon die Hurricanes nie lank genoeg, ver genoeg voor die Cheetahs bly nie en het hulle tot hulle groot skok getuimel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Vrystaters het deesdae hulle eie eenvoudige wedstrydplan \u2013 wat ontsaglike vaardigheid en finesse vat om uit te voer: Hulle val bloot aan. Hulle is soos Genghis Kahn se ruitery. Van orals kom hulle, vinnig en dodelik, uit verrassende hoeke, met skokgeweld. Die Vrystaters het \u2019n onweerstaanbare vermo\u00eb om die verdediging heen en weer tot op die uiterste te rek asof dit kougom is en dan, wanneer die gate daarin val, klop hulle daardeur. Hulle het ook die behendigheid om keer op keer te hamer teen \u2019n verdedigingsmuur totdat daar \u2019n sagte plek in ontstaan en dan wen hulle meters veld.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is \u2019n totale aanslag, maar met voluitaanval is daar een risiko: Verloor die bal en jou eie verdediging is uit posisie en ongestruktureerd. Johan Goosen het vir \u2019n sekonde afgewyk van die plan en het die bal veldop geskop waar die regtervleuel Corey Jane dit gevang het. Die Hurricanes is een van die beter spanne op die teenoffensief en binne sekondes was hulle op volle vaart diep in die Cheetah kwartgebied en die terugskarrellende Cheetahs kon nie Polyfilla gou genoeg in al die krake smeer nie. Die Hurricane-haker, Dane Coles, elke vierkante sentimeter \u2019n moderne nommer twee, het gestorm, gepypkan en gedruk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Cheetahs het nie die kop gekrap nie; net die tande gekners, die bal afgerokkel en van vooraf aangeval. Hennie Daniller se strooptogte teen die linkerflank af het die Hurricanes se verdediging daar gekonsentreer en hulle yl aan die regterkant gelaat en toe die bal daarheen is na \u2019n losgemaal voor die pale, was dit eenvoudige, skoon, vernuftige hand-tot-hand sake en Andries Strauss het oor die laaste verdedigers getuimel vir \u2019n drie (wat, as dit nie vir kykweertegnologie was nie, waarskynlik nie toegeken sou wees nie.)<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Strafskoppe gewissel tussen losskakels Goosen en Barrett het die Hurricanes op \u2019n 10-8 voorsprong gelaat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Cheetahs het met hulle manier van dinge voortgegaan, eenvoudig beslag op die bal gel\u00ea en van bakboord na stuurboord en terug na bakboord gedryf en toe, net so eenvoudig, die bal in die vyandelike kwartgebied aangeslaan. Die Hurricanes het die sneller getrek en het deur die flarde van die Cheetah-verdediging gehardloop en dit was die vroomgesiglosskakel Beauden Barrett wat op \u2019n uitgerekte kurktrekkerlopie gegaan en self gaan druk het. Die Hurricanes het die bal skaars twee keer in besit geneem, maar was nou 17-3 voor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die terugslag het binne minute \u2019n noodtoestand geword. Na nog twee langafstandaanvalle wat gelanseer is na hanteerfoute van die Cheetahs, het die Hurricanes drie\u00eb deur heelagter Andr\u00e9 Taylor en Peranara, die skrumskakel, gedruk. In teenkanting was daar slegs \u2019n Goosen-strafskop en met tien minute in die helfte oor, was die Cheetahs se prooi doer, ver voor hulle met die telling 32-11 in die Hurricanes se guns.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit het nie gevorderde calculus geverg om te besef dat die Vrystaters 21 punte en dus drie doele agter was nie. Maklik. Druk drie drie\u00eb en laat Goosen hulle vervyf. En jou wragtag, dis toe presies wat hulle nog voor die halftydfluitjie doen. Met die eerste aanval waarin hulle nie die bal afgestaan het nie, is genoeg ruimte vir Hennie Daniller geskep om sy lang lyf deur te dryf vir \u2019n vyfpunter. Dit kon nie iemand meer verdienstelik toegekom het nie. Die groot heelagter was die hele eerste helfte vernietigend op die aanval. Hy het meters ruimte in verkeersknope gevind en het die vermo\u00eb om die aanvalshoek vinnig en venynig te verander. Dis veral aan die linkerkantse steelkant wat hy die Hurricanes oorbluf het en na hartelus diep tot in hulle gebied gehardloop het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Minute later was dit die Hurricanes wat nie gou genoeg sandsakke in die rivierwal kon kry nie en Rayno Benjamin het laag gevlieg en hard gedruk vir nog \u2019n drie wat Goosen vervyf het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Weer het die wit golf gekom en verstommend genoeg het die Cheetahs nogmaals \u2019n front op die Hurricane-doellyn opgestel. Hulle keuse vir die deurslaggewende aanvaller was die kolossale Coenie Oosthuyzen en die loskop het sy direkte verdediger met al die grasie van \u2019n Bariesjnikof gepypkan en oorgedonder vir die Cheetahs se vierde en gelyktrekkende drie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Na die frenetiese harwar van die eerste helfte, sou die tweede helfte aansienlik makker wees. Die Hurricanes sou nie weer in die Cheetahs se doelgebied teenwoordig wees nie. Sonder afrokkelbesit het hulle niks gehad om die Vrystaters mee te kasty nie en die Cheetahs het die bal onbeskaamd gemonopoliseer. Hulle het nog twee drie\u00eb gedruk, een elk vir die stutte, en met Goosen se strafskopbydrae was hulle met tien minute oor 47-38 voor. Hulle het doeltreffend verdedig en dit was uiteindelik die finale telling.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Vrystaat is nou eenmaal die Frankryk van Suid-Afrikaanse rugby. Hulle kan toor op die aanval en dan verstom met die onge\u00ebrgdheid waarmee hulle punte afstaan. Die opponerende span kan nooit seker wees dat hulle gewen het of dat hulle verloor het nie. Die Cheetahs kan groot agterstande uitwis, maar ook ewe maklik groot voorspronge laat vaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Coenie Oosthuyzen het die volkome wedstryd vir \u2019n stut gespeel. Hy het die verdediging telkens met kort, harde lopies verskuif, goed geskrum en kop gehou vir twee drie\u00eb. In die laaste minute het hy sy lyf Heinrich Br\u00fcssow gehou en \u2019n onheilspellende Hurricane-aanval ontlont toe hy die bal by hulle geroof het. Br\u00fcssow self bewys nou elke naweek dat hy, benewens sy besitafrokkelry, sy werk as flank baie goed verstaan. Hy het \u2019n onverbeterlike instink vir die verwisselinge in die spel. Hy verdedig dodelik en is altyd \u2019n faktor naby \u2019n bal op die grond. Wat werklik be\u00efndruk is die skakelwerk wat hy tussen voorpak en agterhoede vorm. Hy is die een wat dikwels die rathefboom van dryfaanval tot agterlynoffensief stoot. Hy is vinniger as wat hy lyk en hy ken die kortpaaie op die veld en is daarom gedurig in die hoogoond van die aksie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om die jagluiperd in volle vaart op die jag uit te sien, is altyd opwindend. Die Cheetahs, as hulle vir die grootste deel van \u2019n wedstryd dinge reg doen, kan enige span klop. Maar hulle speel ho\u00ebrisikovoetbal en wanneer dinge verkeerdloop kan hulle teen enige span verloor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Watter Cheetah-span gaan in hulle volgende wedstryd opdaag? Weet nie, maar ek kan nie wag om te sien nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/lawyersunion.org.ua\/vidbulysya-urochysti-zbory-z-nagody-dnya-konstytutsiyi\/\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dis nou maar eenmaal hoe \u2019n jagluiperd jag: Hy laat die prooi glip en dan haal hy hom van agter af in. Die gevolglike ho\u00ebspoedbotsing is so ontsenuend dat die slagoffer verdwaas en verwilderd gelaat word, reg vir die finale wurgslag. Wel, dit \u00eds \u2019n metode, maar die sukseskoers is wisselvallig want soms as die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[125],"tags":[],"class_list":["post-12339","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c117-algemeen"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12339","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12339"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12339\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12339"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12339"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12339"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}