{"id":12338,"date":"2012-03-31T06:55:53","date_gmt":"2012-03-31T06:55:53","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12338"},"modified":"2012-03-31T06:55:53","modified_gmt":"2012-03-31T06:55:53","slug":"vf-veg-voort-teen-e-tol","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12338","title":{"rendered":"VF+ veg voort teen e-tol"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" title=\"Adv. Alberts onderhandel met die polisie\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/03\/antonalberts.jpg\" \/>Die Vryheidsfront Plus se protes-aksie teen die tolstelsel het binne ure so uitgekring dat mense wat die nuus oor die radio gehoor het, spontaan na die vergaderplek gery het om ook hul ontevredenheid uit te spreek.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mnr. Jaco Mulder, Gauteng leier van die VF Plus, het by die Ultra City op die N1-hoofweg tussen Johannesburg en Pretoria ges\u00ea die protes-aksie teen die aktivering van die Gauteng se tolstelsel het daarin geslaag om die ontevredenheid van die publiek opnuut onder die aandag van die regering te bring.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die grootskaalse ontplooiing van lede van die SAPD en Johannesburg Metro polisie met voertuie, getuig daarvan dat die owerhede die proeflopie as &#8216;n groot bedreiging beskou.  &#8220;Vandag se aksie was slegs die eerste van &#8216;n reeks wat gaan volg&#8221;,  s\u00ea Mulder.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die aandag van die publiek is opnuut op die kwessie gevestig en die VF Plus gaan voort met die organisasie van &#8216;n reeks optogte op die snelwe\u00eb van Gauteng totdat die e-tolstelsel gestaak word.&#8221; Die VF Plus het reeds in 2010 die aksie teen die tolstelsel begin deur meer as 130 000 handtekeninge met &#8216;n aanlynpetisie te werf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Adv. Anton Alberts, organiseerder en VF Plus LP, het kort voor die spontane optog met motorfietse, motors en woonwaens sou begin, in &#8216;n hewige argument met die polisie betrokke geraak. Ho\u00eb offisiere van die polisie het adv. Alberts beveel om nie voort te gaan met aksie planne nie waarop Alberts ges\u00ea het dat die regering se oor regulering van die wet nou mense se regte strem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Adv. Alberts s\u00ea die polisie sal nie sy party se entoesiasme stuit nie. &#8220;Die VF Plus veg lank al reeds vir die afskaffing van die e-tolstelsel en sal binnekort weer &#8216;n protes aksie reel.&#8221; Die VF Plus was gesteun deur die SA Woonwavereniging, die Nasionale belastingbetalers vereniging en verskeie motorfiets klubs.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Selfs Johan van der Merwe, alias &#8220;Mal Jan&#8221; van Jacaranda 94.2 se ontbytsessie was daar geklee in &#8216;n Arabiese uitrusting en vals baard. Aan sy sy was &#8216;n kameel, gereed vir aksie. Die regering beplan om die e-tolstelsel op 30 April te aktiveer.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/62744-chto-delat-s-neraskrytymi-prestupleniyami-peredovoy-opyt-i-mneniya-ekspertov.html\">\u0434\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u044e\u0440\u0456\u0439 \u0431\u0440\u043e\u043d\u0456\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Vryheidsfront Plus se protes-aksie teen die tolstelsel het binne ure so uitgekring dat mense wat die nuus oor die radio gehoor het, spontaan na die vergaderplek gery het om ook hul ontevredenheid uit te spreek. Mnr. Jaco Mulder, Gauteng leier van die VF Plus, het by die Ultra City op die N1-hoofweg tussen Johannesburg &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12338\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;VF+ veg voort teen e-tol&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":12337,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[],"class_list":["post-12338","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12338","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12338"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12338\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/12337"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12338"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12338"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12338"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}