{"id":12330,"date":"2012-03-29T20:23:24","date_gmt":"2012-03-29T20:23:24","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12330"},"modified":"2012-03-29T20:23:24","modified_gmt":"2012-03-29T20:23:24","slug":"mtn-glo-in-wapen-en-omkoopnes","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12330","title":{"rendered":"MTN glo in wapen- en omkoopnes"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">MTN, Afrika se grootste voorsiener van koordlose telekommunikasiedienste, (wireless operator) het amptenare omgekoop, gesprekke tussen Iranse en Suid-Afrikaanse leiers gere\u00ebl en selfs wapens en steun vir Iran by die VN beloof in pogings om &#8216;n lisensie te bekom om &#8216;n mobiele foondiens (selfoondiens) in Iran te bedryf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die bewerings is Donderdag in &#8216;n Amerikaanse hof gemaak deur Turkcell Iletisim Hizmetleri AS (TCELL) wat aanvanklik die lisensie in Iran gekry het maar dit toe skielik ontneem is. Turkcell eis skadevergoeding ten bedrae van $4.2 miljard van MTN in &#8216;n saak wat in Washington aanhangig gemaak is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Getuienis wat glo deur die Turkse maatskappy voorgele sal word, sluit in &#8216;n groot aantal interne memo&#8217;s van MTN waarin in die Suid-Afrikaanse maatskappy se pogings om die kontrak te bekom in groot detail uiteengesit is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die tender vir die diens in Iran is toentertyd bestempel as die grootste nuwe internasionale telekommunikasie geleentheid in die w\u00eareld.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">MTN het laat Donderdag aangedui dat hulle die eis sal teenstaan. In &#8216;n verklaring s\u00ea MTN dat daar geen basis vir die eis is nie en geen wetlike gronde om dit in &#8216;n Amerikaanse hof aanhangig te maak nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">MTN se aandeelprys op die JEB het gister op 137.40 gesluit wat 1.5% laer is as die van die vorige dag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens die memo&#8217;s wat by die hof ingedien is, het MTN sy poging om die kontrak te bekom &#8220;Project Snooker,&#8221; gedoop. In die stukke word betalings aan Javid Ghorbanoghli, destyds Iran se adjunk-minister van buitelandse sake en ook aan Yusuf Saloojee, Suid-Afrika se ambassadeur in Teheran destyds, uiteengesit. Hulle is glo onderskeidelik $400,000 en  $200,000 betaal<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In &#8216;n memo op 21 September 2005, bestempel MTN se destydse uitvoerende hoof, Phuthuma Nhleko, die lisensiekontrak as een van die belangrikste telekommunikasie geleenthede in die w\u00eareld.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens hom het MTN &#8220;signed agreements with Iran that week &#8216;under duress&#8217; in order to &#8216;book our place at the foot of the mountain'&#8221; het hy glo geskryf. (Nhleko het Donderdag nie dadelik kommentaar gelewer op &#8216;n navraag na sy kantoor nie.)<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens die eisers het MTN die Suid-Afrikaanse regering oorreed om by drie geleentheid in 2005 en 2006 buite stemming te bly tydens besluite deur die Internasionale Atoomkragagentskap. Die Iraniers het glo toekenning van die lisensie teruggehou om te sien hoe Suid-Afrika stem en drie dae nadat Abdul Minty, SA se verteenwoordiger by die agentskap op 24 November 2005 buite stemming gebly het, is die lisensie toegeken.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die eisers beweer ook dat MTN &#8216;n aktiewe rol gespeel het om wapentoerusting, insluitende Rooivalk-helikopters, G5-kanonne, sluipskuttergewere, pantsertroepedraers en ander gesofistikeerde toerusting, aan Iran gelewer te kry. Die toerusting is egter toe nooit aan Iran verkoop nie en dit het die Irannese woedend laat reageer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bewerings word ook gemaak oor gesprekke wat gere\u00ebl is tussen hoogeplaasde Iranese amptenare en Suid-Afrikaanse politieke leiers, insluitende die destydse president Thabo Mbkei en die minister van verdediging, Patrick Lekota.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In een stadium is Iran se destydse minister van buitelandse sake glo na Suid-Afrika gestuur om regstreeks by Mbeki &#8216;n duidelike antwoord te kry oor SA se belofte om wapens aan Iran te verkoop.Nog meer opspraakwekkende bewerings kan in die verloop van die saak na vore kom, berig internasionale nuusagnetskappe.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti_partnerov\/12.10.2017\/aviadostavka_gruzov_spetsifika_preimuschestva_i_tovary\">topcargo<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>MTN, Afrika se grootste voorsiener van koordlose telekommunikasiedienste, (wireless operator) het amptenare omgekoop, gesprekke tussen Iranse en Suid-Afrikaanse leiers gere\u00ebl en selfs wapens en steun vir Iran by die VN beloof in pogings om &#8216;n lisensie te bekom om &#8216;n mobiele foondiens (selfoondiens) in Iran te bedryf. Die bewerings is Donderdag in &#8216;n Amerikaanse hof &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12330\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;MTN glo in wapen- en omkoopnes&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-12330","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12330","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12330"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12330\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12330"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12330"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12330"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}