{"id":12290,"date":"2012-03-26T15:08:12","date_gmt":"2012-03-26T15:08:12","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12290"},"modified":"2012-03-26T15:08:12","modified_gmt":"2012-03-26T15:08:12","slug":"gustav-venter-6","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12290","title":{"rendered":"Rugby: Die Laastekwartierbewerasies en hoe om dit te voorkom"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Oor die naweek is daar sewe Super Rugby-wedstryde gespeel en ses van die verloorspanne het \u2019n bonuspunt vir \u2019n goeie nederlaag gekry. Dit wil s\u00ea, hulle het met sewe punte of minder verloor. In hierdie ses wedstryde was die gemiddelde punteverskil net meer as vier per wedstryd. Suid-Afrikaanse spanne het in vier wedstryde meegeding, insluitende \u2019n binnelandse tweegeveg tussen die Leeus en die Stormers. Drie van di\u00e9 spanne \u2013 Die Cheetahs, Haaie en Leeus \u2013 het verloor, met die Kolletjieskatte van Bloemfontein wat die ergste loesing op die lyf geloop het, en dit was met sewe punte.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die punt is, Suid-Afrikaanse spanne is net te geneig om verwoed vir die uitslag van \u2019n wedstryd in die laaste vyftien minute te moet spook. Dikwels het hulle die geleenthede gehad om die wedstryd alreeds teen hierdie tyd toegerits te h\u00ea. Dis asof die Suid-Afrikaners gerieflik voel om die uitslag in die loopgraaf van die Laaste Kwartier uit te baklei. As daar strategieverskille onder die spanne is, dan is dit vir die Leeus, die Stormers en die Haaie om skraal voorspronge te probeer beskerm en vir die Cheetahs om in die pylvak aan te val om hulle snoete net voor die eindsirene voor te kry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die een span wat regtig moes gewen het, maar tekort geskiet het, was die Haaie teen die Waratahs in Sydney. Die Haaie was vir lang grepe van die wedstryd behoorlik in beheer. Hulle vaste vyf, met Bismarck du Plessis heel vooraan, het die Aussie Ligbloues behoorlik verdruk en op losskakel het Patrick Lambie die balvloei knap gereguleer om sy snellers gereeld in posisie te kry. Dit was net asof hulle telkens die voet van die keel gelig het. Die probleem is miskien die oudste onbesonnenheid van Suid-Afrikaanse voetbal: Die voorliefde om in puntebeskermingsmodus in te gaan deur die bal te probeer diep skop en om dan \u2019n verdedigingslinie regoor die veld te span in \u2019n poging om die teenstanders in te hok.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Saterdag het die Haaie, met tien minute om te speel, nadat Patrick Lambie drie punte met \u2019n strafskop gemaak het, 30-27 voorgeloop. Dit wat gevolg het, was alte voorspelbaar. Hulle het eenvoudig die bal aangegee na die Waratahs en as\u2019t ware daarmee ges\u00ea: Doen julle bes. Dis tyd dat die Haaie besef hulle het nie die verdedigingspotensiaal om \u2019n verbete inbreker onbepaald uit die spens te hou nie. Die probleem is dat hulle verdedigingslyn net te buigsaam is. Die spelers bly in posisie ja, en dis nie dat onnodige gate daarin val nie, maar wanneer vinnige of swaar aanvallers die linie tref, buig dit terug tot agter die oorpronklike skermutselingslyn. Die verdedigers ontvang die aanvaller, eerder as om hulle te gaan jag. Die gevolglike momentum is dus aan die kant van die indringers en as hulle geduldig is, dryf hulle die Haaie met snelherlaaifases terug tot in die kwartgebied waar die uitslag oor die laaste vesting, die doellyn self, beslis word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Haaie is nie die beste span in hierdie soort uitmergelende stryd vir die laaste paar sentimeters nie en Saterdag het die laaste linie onvermydelik gevou en \u2019n laaste, noodlottige drie ingelaat. Die Haaie het \u2019n wedstryd uit die hounet laat glibber. Hulle sal moet leer om die laaste kwart van die wedstryd soos die eerste driekwart daarvan te benader. Hierdie is \u2019n span wat gevaarlik op die aanval is. Die voorspelers hersirkuleer die bal behendig genoeg, voor- en agterhoede skakel vloeiend en hulle het genoeg knal om drie\u00eb uit die agterste driehoek te druk. Die grootste dividend is natuurlik dat wanneer hulle knaend aanval, hulle nie knaend hoef te verdedig nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Cheetahs voorkom die noodsaak om \u2019n klein voorsprong vir die laaste kwartier te verdedig deur te sorg dat hulle nie net-net voor is nie, maar net-net agter. Dan is dit hulle wat wild en woes vir \u2019n deurbraak aanval. In hulle vorige wedstryd, teen die Rebels, het hulle die wendrie \u2013 \u2019n ware mirakelpoging \u2013 met die kwynende eggo\u2019s van die laaste sirene in hulle ore gedruk. Saterdag, teen die Crusaders kon hulle nie dieselfde knoop deurhaak nie. Die Jagluiperd is \u2019n jagdier en die gedagte inspireer die gelyknamige span blykbaar om die teenstander voor hom te laat uitkom en hom dan agterna te sit en plat te trek. Soms is hulle net te ambisieus en laat hierdie voorsprong net te groot word. Die Cheetahs het hierdie keer die Crusaders amper oor die kim sien verdwyn met \u2019n 18-punte gaping.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie week gaan Todd Blackadder se span hulle kop krap en dinge wat nie stukkend is nie, probeer regmaak. Die Vrystaters het eenvoudig deur gapings gehardloop wat nie bestaan nie om drie\u00eb te druk wat nooit moes gewees het nie. In sekerlik een van die jaar se beste drie\u00eb tot nog toe, het hulle uit hulle eie kwartgebied weggebreek en Johan Goosen, Andries Strauss en Willie le Roux het een-twee, een-twee met mekaar teen die linkerkantlyn af gespeel, die verdedigers se koppe dronk gedraai en net nog \u2019n paar meter gewen waar daar niks beskikbaar was nie, totdat Goosen dit agter die kalk afgerond het. Daar is niks fout met Crusader-verdediging nie. Hierdie was net \u2019n onweerstaanbare drie. Op 21 elk het die Cheetahs die Crusaders egter een keer te veel toegelaat om voor te trek en di\u00e9 keer kon hulle nie die agterstand uitvee nie. Wanneer hulle moes verdedig, het die Cheetahs dit venynig volgens die ou beproefde metode gedoen: Hulle val die bene van die aanvallers aan. Hulle het net nie die strukturele hegtheid in verdediging nie en daarom ontstaan daar soms ontoestopbare skeure in hulle keerlyne.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die een Suid-Afrikaanse span wat \u2019n voorsprong in die laaste kwartier kan verdedig, is die Stormers. Hulle voorspelers werk hard saam om die opponerende vaste vyf se dryfaanslae te smoor, die losvoorspelers is doeltreffende verdedigers om die buitewyke van skrum, losskrum of losgemaal en die agterlyn is goed georganiseer. Saterdag het hulle binne 25 minute \u2019n speling van 18 punte teen die Leeus se nul gehad. Vir hulle was dit heel aanvaarbaar om nie die voorsprong nie net vir die laaste kwartier nie, maar vir die hele tweede helfte te verdedig. Die Leeus het geslaan en geslaan en geslaan maar die naaste wat hulle aan die Kapenaars kon kom was 16 punte teenoor 18. Twee laat strafskoppe het hulle \u2019n onuitwisbare agt punte voor geplaas, en steeds het hulle die Leeus uit die doelgebied gehou. Die Transvalers moes uiteindelik tevrede wees om \u2019n bonuspunt met \u2019n skepskop te smee. Die Stomers het die wedstryd hoofsaaklik aan 120 suksesvolle lakke te danke.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is een ander benadering tot hierdie laastekwartierkonundrum: Sorg dat jy voor, ver voor, is en dan teken jy nog meer punte aan. Die Bulle het gewys hoe om aggressiewe verdediging as aanvalsmetode te gebruik. Hulle het in die eerste deel van die wedstryd die Reds eenvoudig pap geduik. \u2019n Red wat die bal op die aanval gedra het, is nie geabsorbeer soos wat die Haaie dit doen, of by die enkels afgesny op die Cheetah-manier nie, nee, hy is oombliklik gestuit, gelig en agtertoe geblaas asof deur \u2019n toegespitsde orkaan, en dan is met sy liggaam \u2019n duik in die speelveld geslaan. Daarmee het nie net hulle harte op die aanval gefaal nie, hulle het ook alle smaak vir die verdediging verloor. Hulle kon dit eenvoudig nie in hulleself vind om elke sentimeter grondgebied met durf en daad te beding nie. Die Bulle het hulle eenvoudig eers moeggedryf en toe kis gehardloop. \u2019n Wentelling van 61-3 is \u2019n sterk aanduiding dat daar nie erg aan Pretoriase naels in die laaste kwartier gekou is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die gevolgtrekking wat hieruit gemaak kan word is: Die beste manier om die laastekwartierbewerasies te voorkom is om vroeg in die wedstryd baie punte aan te teken en, wanneer die laaste vyftien minute van die wedstryd aanbreek, nog meer punte te kry.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti_partnerov\/12.10.2017\/aviadostavka_gruzov_spetsifika_preimuschestva_i_tovary\">\u0442\u043e\u043f\u043a\u0430\u0440\u0433\u043e \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Oor die naweek is daar sewe Super Rugby-wedstryde gespeel en ses van die verloorspanne het \u2019n bonuspunt vir \u2019n goeie nederlaag gekry. Dit wil s\u00ea, hulle het met sewe punte of minder verloor. In hierdie ses wedstryde was die gemiddelde punteverskil net meer as vier per wedstryd. Suid-Afrikaanse spanne het in vier wedstryde meegeding, insluitende [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[87],"tags":[],"class_list":["post-12290","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c78-rugby"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12290","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12290"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12290\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12290"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12290"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12290"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}