{"id":12280,"date":"2012-03-26T06:32:38","date_gmt":"2012-03-26T06:32:38","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12280"},"modified":"2012-03-26T06:32:38","modified_gmt":"2012-03-26T06:32:38","slug":"vier-keer-meer-psigopate-in-bestuursposte","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12280","title":{"rendered":"Vier keer meer psigopate in bestuursposte"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Psigopate floreer in bestuursposte teen &#8216;n koers van vier keer ho\u00ebr as die normale bevolking. Nuwe navorsing toon dat die aantal styg as gevolg van swak ekonomiese tye, en hulle teenwoordigheid sal waarskynlik ook verhoed dat vroe\u00eb oplossings vir die globale finansi\u00eble krisis gevind word.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">S\u00f3 s\u00ea Liza van Wyk, uitvoerende hoof van nasionale bestuursopleiding by die maatskappy AstroTech vandag in Johannesburg. &#8220;Die onlangse ho\u00ebprofiel bedanking van &#8216;n Goldman Sachs-handelaar, die Suid-Afrikaanse Greg Smith, wat sy afgryse uitgespreek het oor praktyke wat kli\u00ebnte minag, is &#8216;n voorbeeld van hoe traumaties sulke &#8220;base&#8221; kan wees vir hul personeel.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nuwe navorsing uit Brittanje wat diagnostiese toetse vir psigopatie in 1980 ontwikkel het, toon dat die 2007-2008 finansi\u00eble krisis gelei het tot &#8216;n toename van psigopatiese persoonlikhede in die hoekkantoor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kanadese navorsers het bevind dat sowat vier persent van senior bestuurders in die w\u00eareld nou psigopatiese neigings toon, van die een persent wat die norm onder die algemene bevolking is, s\u00ea van Wyk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Daar is tekortkominge in emosionele intelligensie, goeie mensebestuursvaardighede, en empatie of werklike spangees &#8211; nie net lawaaierige clich\u00e9s nie &#8211; in die werkplek &#8220;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy het bygevoeg: &#8220;Die goeie nuus is dat maatskappye dit weet. Hulle word deurgaans getref deur bedrog, swak verdienste, trae groei en &#8216;n ongelukkige werkmag.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Novemberverslag van Pricewaterhouse Coopers toon &#8216;n 13%-verhoging in werkplekmisdaad sedert 2009, met &#8216;n gemiddelde koste van $5 miljoen per maatskappy: 56 persent van maatskappye s\u00ea die oortreders was werknemers.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En in die Verenigde Koninkryk woed kontroversie oor die opleiding van die Britse bestuurders volgens die Financial Times. Daar word ges\u00ea dat byna die helfte van Britse bestuurders dink hulle onmiddellike hoof is oneffektief. Dit het gewaarsku dat &#8216;n &#8220;kultuur van swak bestuur&#8221; die Britse ekonomie is skade berokken.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die FT het ges\u00ea slegs &#8216;n vyfde van die Verenigde Koninkryk bestuurders het &#8216;n professionele kwalifikasie, &#8216;n laer persentasie as in Duitsland of Frankryk. &#8220;Ons het aansienlik laer vlakke van bestuurskundigheid in Suid-Afrika en dit is geen wonder dat hulle onderpresteer en rebelse personeel kweek nie,&#8221; het Van Wyk ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die reaksie van baie swak opgeleide bestuurders, het Van Wyk ges\u00ea, was om personeel te boelie. Dit maak werknemers uiteindelik fisies siek, het sy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van Wyk het ges\u00ea psigopate is besonder suksesvol in die werkplek, want hulle is sjarmant en sonder gevoelens. &#8220;Hulle sal lieg, steel, en omkoop om te kry wat hulle wil h\u00ea. Hulle het geen empatie of gewete nie. Hulle sal iemand anders as die sondebok uitwys terwyl hulle base met sjarme verblind. Probleem is dat by nadere ondersoek is hierdie mense nie regtig van enige waarde nie. Hulle praat &#8216;n storm los, maar kan niks skep nie. Hulle is swak implementeerders. Hulle raak verveeld en beweeg aan.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Onlangse CNN-ondersoek het uitgewys: &#8220;Hulle steel krediet vir prestasies en verplaas skuld vir foute. Psigopate het oppervlakkige, korttermyn seksuele verhoudings, dikwels in die werkplek, en word maklik verveeld. Hulle neem risiko&#8217;s sonder kommer vir die gevolge.&#8221; Dit is &#8216;n speletjie, s\u00ea van Wyk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n New Yorkse bedryfsielkundige Paul Babiak, wat die w\u00eareldwye topverkoper geskryf het oor psigopate in die werkplek, <em>Snakes in Suits<\/em>, s\u00ea psigopate voel aangetrokke tot invloedryke mense en posisies . &#8220;Hulle speel kopspeletjies met mense en maak goeie geld daaruit,&#8221; s\u00ea Babiak, &#8220;Hulle is nie dom nie. Hulle kan ontsyfer wat van hulle verwag word en die rol speel.&#8221;<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/advocat-cons.info\/index.php?newsid=45664#.WeUPwit1uVo\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Psigopate floreer in bestuursposte teen &#8216;n koers van vier keer ho\u00ebr as die normale bevolking. Nuwe navorsing toon dat die aantal styg as gevolg van swak ekonomiese tye, en hulle teenwoordigheid sal waarskynlik ook verhoed dat vroe\u00eb oplossings vir die globale finansi\u00eble krisis gevind word. S\u00f3 s\u00ea Liza van Wyk, uitvoerende hoof van nasionale bestuursopleiding &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12280\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Vier keer meer psigopate in bestuursposte&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[134],"tags":[],"class_list":["post-12280","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c126-algemeen"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12280","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12280"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12280\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12280"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12280"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12280"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}