{"id":12278,"date":"2012-03-26T05:53:49","date_gmt":"2012-03-26T05:53:49","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12278"},"modified":"2012-03-26T05:53:49","modified_gmt":"2012-03-26T05:53:49","slug":"motlanthe-vra-jeugliga-om-by-rewolusie-plan-te-bly","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12278","title":{"rendered":"Motlanthe vra Jeugliga om by rewolusie-plan te bly"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Julius Malema en adjunkpresident Kgalema Motlanthe het altwee by &#8216;n byeenkoms van die Jeugliga opgetree ter viering van die ANC se honderdjarige bestaan in die Nkowankowa-stadion buite Tzaneen.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Motlanthe het ges\u00ea rewolusie is met opset en planmatig, nooit lukraak nie.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy kon skaars gehoor word bo rumoer van die skare in die stadion.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die ANC het nie nut vir &#8216;n passiewe jeugliga nie. Ons het nodig dat ons jeugliga militant, kreatief en gedetermineerd moet wees. Wanneer die oproep gemaak word, moet die jeug vinnig antwoord,&#8221; het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die jeug moet ruimte gegun word om nuwe idees te genereer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ANC verwag van die ANCJL om jeugdiges te werf en om relevant vir die jeug te bly.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit is die ANC se plig om die ANCJL te lei as daar van die pad af gedwaal word. Ons moet hulle die hele tyd lei. Hulle kan nie van die pad af dwaal en op hul eie aangaan nie,&#8221; het Motlanthe ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ANCJL is deur die ANC gevorm om die jeug voor te berei om ANC-lede te word, het Fikile Mbalula, minister van sport en voorheen president van die Jeugliga, by die saamtrek ges\u00ea.<\/p>\n<p>&#8220;Niemand sal die ANCJL vernietig nie,&#8221; het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p>&#8220;Julle is hier om nuwe idees te skep. Sodra die ANCJL ophou dink, is ons in die moeilikheid. Sodra hulle aan politieke verdwerging begin ly, sal die rewolusie in gevaar wees.&#8221;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Malema, het Sondag ges\u00ea hy sal hom tot die hof wend as hy uit die party geskors word. Hy is steeds president van die Jeugliga, hangende sy app\u00e8l teen &#8216;n besluit deur die ANC se nasionale tugkomitee (NTK) om hom te skors.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tot nou toe het hy die idee daarvan om die ANC hof toe te sleep, verwerp.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ek het ges\u00ea ek sal nie hof toe gaan nie, maar nou het ek besluit om dit wel te doen,&#8221; het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ek het geen mandaat nodig nie en tree op as &#8216;n individu wie se regte geskend is.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het &#8216;n beroep op die skare gedoen om nie die ANC te verlaat nie en het ges\u00ea die ANC is die enigste hoop vir die land se armes.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het die skare herinner dat individue sal kom en gaan, maar dat die ANC sal aanhou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ek sal nooit in die ANC verwelkom word nie. Ek is afgedank in die ANC. Maar ek het geen probleem daarmee nie,&#8221; het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy is nie spyt oor enigiets wat hy gedoen het nie, het Malema ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ek het gedoen waarin ek geglo het en ek het dit op my eie gedoen. Ek is nie deur enigiemand opgesteek om enigiets te doen nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ek is nie uit die hemel uit gejaag nie, maar uit die ANC deur &#8216;n faksie wat alleen so kan optree omdat hulle nou die mag het.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ANCJL word deur sy eie leiers geviktimiseer, het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hulle probeer enigiemand wat met die liga assosieer straf asof dit &#8216;n onwettige assosiasie is.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy sal dit nie aanvaar om deur enigiemand geviktimiseer te word nie, het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 wat veronderstel is om die ANCJL te ondersteun en te beskerm, is bang om dit te doen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons is weeskinders wat alleen staan. Ons leiers is bang. Hulle verkies hul poste bo om op te staan vir wat reg is,&#8221; het hy aan die skare ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Daar is nie meer &#8216;n jeugliga van die ANC nie. Hulle het daarin geslaag om ons dood te maak.&#8221;<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/podrobnosti.ua\/2017855-prokuror-harkova-uvolilsja-po-sobstvennomu-zhelaniju.html\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Julius Malema en adjunkpresident Kgalema Motlanthe het altwee by &#8216;n byeenkoms van die Jeugliga opgetree ter viering van die ANC se honderdjarige bestaan in die Nkowankowa-stadion buite Tzaneen. Motlanthe het ges\u00ea rewolusie is met opset en planmatig, nooit lukraak nie. Hy kon skaars gehoor word bo rumoer van die skare in die stadion. &#8220;Die ANC &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12278\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Motlanthe vra Jeugliga om by rewolusie-plan te bly&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-12278","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12278","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12278"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12278\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12278"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12278"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12278"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}