{"id":12261,"date":"2012-03-23T07:26:59","date_gmt":"2012-03-23T07:26:59","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12261"},"modified":"2012-03-23T07:26:59","modified_gmt":"2012-03-23T07:26:59","slug":"gustav-venter-3","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12261","title":{"rendered":"Skandvlek en Hoop: Die Weste en Suid-Afrika"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\"><em>Nog nooit was daar \u2019n vuriger, meer lojale, meer waardevolle vennoot van die Westerse w\u00eareld as Suid-Afrika nie, en nog nooit is \u2019n&nbsp; land met meer venyn verraai, verstoot en verneder nie. Nou is die Weste besig om self in \u2019n&nbsp; krisis te verval, die soort wat hulle vir Suid-Afrika voorberei het. Ironies genoeg is dit juis in Suid-Afrika, in die gedaante van die Afrikaner, wat die gety kan draai wat tot herlewing van die Westerse Beskawing sal lei.<\/em><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">A, wat \u2019n&nbsp; vriend het die Weste nie in Suid-Afrika, die Suid-Afrika onder die ferm beheer van die Afrikaner, gehad nie. Nadat die twee Boererepublieke in 1902 verslaan is, en nadat die Afrikaner aanvanklik vies en steeks in die dampkring van die Westerse aardbolhelfte, en spesifiek in die Engelssprekende kant daarvan, ingesleep is, het di\u00e9 land \u2019n&nbsp; entoesiastiese bondgenoot vir die Weste geword. Sy ontsaglike mineralerykdom is prim\u00ear vir Westerse gebruik ontgin en \u2019n&nbsp; standvastige Afrikanerdom het die allerbelangrike handelsroete in die seehoofweg om die Kaap beveilig teen ongure invloede. Die Anglo-Amerikaanse Ryk se oorlo\u00eb was Suid-Afrika se oorlo\u00eb en die Geallieerdes het die voordeel van hardnekkige, vindingryke, aggressiewe Boerekrygers in twee W\u00eareldoorlo\u00eb en in \u2019n&nbsp; deurslaggewende walgooiery teen Kommunisme in Korea gehad. Daarna was dit Suid-Afrika wat vir dertig jaar die toerniket teen die Kommunistiese gif in die sensitiewe streek van Suidelike Afrika toegepas het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die stank wat Suid-Afrika hiervoor ontvang het was om binne die Westerse gemeenskap ge\u00efsoleer te word, maar dit was meer as isolasie, meer as verwerping, meer as onderwerping aan verdagmakery. Die Weste, meer as enige ander magsblok, het aktief gewerk om die Suid-Afrikaanse regering te ondermyn. Hulle het daarmee volhard al het dit beteken dat hulle daardeur daadwerklike ondersteuners van \u2019n&nbsp; venynige, anti-Westerse, pro-Kommunistiese organisasie geword het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie onherstelbare verbrokkeling in die verhouding tussen die Weste en die pro-Westerse Suid-Afrika het uit die Weste se wispelturigheid ontstaan, en dit spesifiek met die verskyning en groeiende invloed van sosio-politieke liberalisme. In die naloop van die Tweede W\u00eareldoorlog het die VSA Brittanje as die toonaangewende moondheid in die Weste verplaas. Die nuwe jong beskawingsleier was energiek en het&nbsp; welig gedy in die massiewe geldelike meevaller wat dit as die \u201carsenaal van demokrasie\u201d ontvang het. Selfs die nuwe tegnologie wat die massiewe Amerikaanse ekonomie gestook het, was hoofsaaklik uit die innoveringe van oorlog geput. Die Oorlog het die Amerikaners die rykste land in die geskiedenis gelaat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aan die anderkant was Brittanje, Suid-Afrika se mentor in die internasionale gemeenskap, op dun rieme na die oorlog. Hulle was die grootste klant van die demokrasie-arsenaal en moes van hulle w\u00eareldryk afstand doen omdat die rekening so groot was. \u2019n&nbsp; Empaaier bring sy eie laste, en toe Brittanje eers di\u00e9 juk van die nek begin afhaal het, kon hulle nie gou genoeg hulle kolonies lossny nie. Om die gewete jeens hulle voorouers te streel, het baie rasionalisering geverg. Nie net is skuld aanvaar nie, maar skuldgevoelens is&nbsp; verwelkom. Daaruit het hulle gegryp na die beeld van die onskuldige, edele barbaar wat onderdruk is deur die geldgierige Westerse kapitalis. Geen ander Westerse volk het homself herontwerp en soveel gedoen vir die opheffing van hierdie \u201cedele barbaar\u201d as die Boer nie, maar dit het die Britte nie gekeer om hulle eie kam te gebruik om die Afrikaner oor te skeer nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Intussen is Amerika se \u201cGrootste Geslag\u201d vervang deur die \u201cBaby Boomer\u201d-geslag. Die nuwe generasie se ruggraat het in voorspoed opgelos. Hulle was skepties oor hulle voorouers se deelname aan twee groot en \u2019n&nbsp; paar minderwaardige internasionale oorlo\u00eb in net vyftig jaar, en hulle was ook glad nie gediend met die dissipline, opoffering en nougesetheid waarmee hulle ouers depressie en stryd oorleef het nie. Die Boomers wou in die eerste plek losbreek uit die greep van konserwatisme en het daarop aangedring om die potensi\u00eble vreugdes van die lewe te smaak sonder om daarvoor te betaal. Dit het \u2019n&nbsp; opstand teen nasionalisme \u2013 wat die verantwoordelikheid van die individu en die voorrang van die gemeenskap beklemtoon het \u2013 ontketen. Dit het hulle vatbaar gemaak vir die opvattings van gemeenskaplike liberalisme. Die gevolg was die sosiale rewolusies van die sestigerjare.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hulle het die dekke skoongevee van enige oorblyfsels van hulle voorouers se opvattings en daarmee saam die Amerikaner se voorafgaande beginsels rakende ras \u2013 en so ook die skanse waarmee die Westerse Beskawing vir millennia behou is. Vir hulle was enige gedagte aan konflik afstootlik. Hulle nuwe liberalisme het die staat gesien as die gedienstige uitdeler van gunste en gawes. Vir hulle sou daar voortaan geen biologiese of sosiale verskil tussen rasse wees nie, en waar een ras sou terugval, sou die regering ingryp om gelykheid te herstel. Hierdie oppervlakkige beskouing van rasseaangeleenthede het Suid-Afrika \u2019n&nbsp; noodsaaklike en maklike teiken van hulle verontwaardiging gemaak. Hulle het maklik eers die Britte en toe die liberale Europa op sleeptou in hulle haatveldtog geneem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrika, intussen, was besig met die dapperste en eerlikste eksperiment om rasse van wyduiteenlopende aard in een land te huisves. Apartheid was sekerlik nie sonder gebreke nie, en die implementering daarvan was nog meer gebrekkig. Niemand het meer begrip gehad vir die uitdagings van die stelsel as die Suid-Afrikaners nie, en sedert die middelsestigs, strak afgemerk deur die dood van H.F. Verwoerd, was hulle voortdurend in \u2019n&nbsp; resies om die haakplekke uitgestryk te kry. Wat hulle allermins nodig gehad het was om internasionaal uitgeskuif te word. Maar die Nuwe Weste, met \u2019n&nbsp; fatale bewondering vir almal wat vreemd is, het \u2019n&nbsp; infatuasie vir die Bantoe ontwikkel. Die grondslag van hulle politiek was dat alle rasse dieselfde is, met dieselfde vermo\u00ebns en gesindhede. Daarom was daar geen rede dat die Bantoe nie net oor homself nie, maar in hierdie geval die hele Suid-Afrika, sou heers nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die gevolglike nyd waarmee hulle hulle rug op hulle eie rasgenote gedraai het, is \u2019n&nbsp; skandvlek wat nooit uit die huid van die Westerse Beskawing geskrop kan word nie. Terwyl hulle in \u2019n&nbsp; beswyming van bewondering die voetsole van massamoordenaars, diktators, volkskofferstropers en onderdrukkers gesoen het, het hulle swart gal op Suid-Afrika uitgegiet. Verontwaardigde blankes het w\u00eareldwyd woedend betoog teen Suid-Afrika, hulle van die internasionale sportvelde verban, handelsgoedere van hulle weerhou, hulle op openbare verho\u00eb verneder&#8230; Swede het selfs geld onder die Anglikaanse tafel vir \u2019n&nbsp; terroristebende aangegee om Suid-Afrikaanse vrouens en kinders mee te vermoor. Die ontwerper van hierdie doodslag, Nelson Mandela, is as w\u00eareldheld voorgehou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hulle het, soos gereeld in die vorige drie eeue, die vasberadenheid van die Boere onderskat. Die Suid-Afrikaanse ekonomie het die poging om dit te smoor oorleef. Suid-Afrikaanse entrepreneurs het die lugleegtes in die sanksies gebruik om&nbsp; industrie\u00eb te ontwikkel, terwyl die mynboubedryf onmisbaar op die internasionale markte was en die Boere se landboubedryf \u2019n&nbsp; hele kontinentale streek gevoer het. Die w\u00eareldorde is geherrangskik met die skeuring van die ystergordyn. Liberalisme is \u2019n&nbsp; Westerse krankheid en Suid-Afrika was goed geposisioneer om nuwe, gretige handelsvennote in Rusland en \u2019n&nbsp; ontwakende Sjina te vind, terwyl Japan nog altyd ongeduldig met die hele sanksieveldtog teen Suid-Afrika was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Weste se rugstekery het wel \u2019n&nbsp; onbeskermde gleufie in die Suid-Afrikaanse pantser gevind: Die papbroekige regering van F.W. de Klerk. Daardeur het die blankes van die VSA, van Brittanje en Europa, van Kanada en Nieu-Seeland en Australi\u00eb uiteindelik dit reg gekry om die Boer o\u00ebnskynlik finaal onder te sit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En wat het hulle in ruil gekry? As hulle verwag het dat die ANC Bantoeregering \u2019n&nbsp; sweempie van dankbaarheid sou wys, sou hulle gou leer. Dankbaarheid is nie \u2019n&nbsp; Afrika-begrip nie. Die nuwe regering was virulent anti-Westers, baie meer tuis in die vrot kol van diktators en die oorblyfsels van kommunisme. Die kosbare minerale, wat eers so deur handel vir hulle toeganklik was, het buite die Westerse moondhede se greep verskuif, nie omdat die ANC dit nie aan hulle sal verkoop nie \u2013 die ANC sal hulle spreekwoordelike oumas aan enige iemand met \u2019n&nbsp; paar pennies verkoop \u2013 maar omdat die Nuwe SA se regering onmagtig is om die ferm strukture vir die behoorlike ontginning daarvan te verskaf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die filantroop sou wil redeneer dat dit alles steeds \u2019n&nbsp; aanvaarbare offer is vir die bevryding van die swartmense van Suid-Afrika. Maar dit is juis hier wat die Weste se mistasting die grootste verdriet gebring het. Tans is die gemiddelde Bantoe van Suid-Afrika volgens elke aanwyser erger daaraan toe as in die laaste jare van Apartheid \u2013 en die hele land word geleidelik, maar al hoe vinniger, in die swartkolk van anargie, hongersnood en ellende ingesuig en dit is die Bantoe wat die weerloosste is en die genadelose prys vir onbesonne liberale ideale sal moet betaal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar die Weste moet dit alles stip dophou, want in hierdie verval is die voorbode van hulle eie verval te sien. Liberalisme het die behoudende grense van elke Westerse land weggekalwe. Elkeen van hierdie state is \u2019n&nbsp; drukkoker waarin botsende elemente ergeloos saamgestrooi word. Die stoompotdeksel word tans in posisie gebring en vasgeskroef. Die \u201cminderhede\u201d in al hierdie lande beloop miljoene mense, en hulle is ingewortel en onwillig om verskuif te word. O, wanneer liberalisme onvermydelik wegval vir die Westerling se nasionalisme van oorlewing, gaan ongekende geweld en grootskaalse omdolwing van die Westerse lande die noodwendige gevolg wees. Westerse liberale het die springstof van multikulturalisme in hulle eie lande gemeng en versamel en hulle politieke kortsigtigheid is die vlam teen die lont.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tot dusver is net een blanke volk aan die genade van \u2019n&nbsp; ander ras oorgegee en dit is die Afrikaner. Maar die Boer, al is hy platgestoot, is nie dood nie; hy is nie eers uitgetel nie. Terwyl swart gemeenskaplikheid losrafel, is die Afrikaner besig om sy eie eensgesindheid te herontdek. Swart mag kan net kwyn en Afrikanermag kan net verstewig. Omdat dit die enigste \u2013 \u00e9nigste \u2013 werkbare bestel is, s\u00e1l daar \u2019n&nbsp; Afrikanerland tot stand kom. Vir die heel eerste keer in sy geskiedenis sal hy werklik smaak waarvoor hy homself al vir drie-en-\u2019n-halfeeue beywer: Die reg en die geleentheid om&nbsp; homself sonder inmenging te regeer; sonder om verantwoordelikheid vir ander rasse op homself te moet neem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wanneer die Nuwe Anargie in die VSA en Europa kom, sal die blankes met \u2019n&nbsp; nuwe waardering vir die Westerse Kultuur hulle o\u00eb wend in die rigting van die Suide van Afrika waar \u2019n&nbsp; klein maar omgesukkelde, fier jong volk die bewakers van daardie Beskawing geword het. En dan sal die Afrikanerland nie \u2019n&nbsp; verstoteling van die Weste wees nie \u2013 maar die hoop daarvan.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/politics\/3876186\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0444\u043e\u0442\u043e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Nog nooit was daar \u2019n vuriger, meer lojale, meer waardevolle vennoot van die Westerse w\u00eareld as Suid-Afrika nie, en nog nooit is \u2019n&nbsp; land met meer venyn verraai, verstoot en verneder nie. Nou is die Weste besig om self in \u2019n&nbsp; krisis te verval, die soort wat hulle vir Suid-Afrika voorberei het. Ironies genoeg is [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[],"class_list":["post-12261","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c27-gustav-venter"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12261","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12261"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12261\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12261"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12261"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12261"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}