{"id":1226,"date":"2008-01-10T12:39:58","date_gmt":"2008-01-10T12:39:58","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=1226"},"modified":"2008-01-10T12:39:58","modified_gmt":"2008-01-10T12:39:58","slug":"kenia-afrika-se-volgende-demokrasie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=1226","title":{"rendered":"Kenia: Afrika se volgende demokrasie"},"content":{"rendered":"\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die eerste les is dat die vasteland van Afrika altyd &ldquo;&#329; volgende demokrasie&rdquo; oplewer. Op &#329; stadium was dit die Ivoorkus wat aan almal voorgehou is as &ldquo;model&rdquo; vir die res van die kontinent, met &#329; stabiele regering, ekonomiese voorspoed en beduidende getalle blankes wat tegniese poste in die land beklee het. Maar die Ivoriaanse demokrasie het sedert 1998 toenemend in etniese konflik en uiteindelike burgeroorlog verval met Laurent Gbagbo wat tans die septer swaai. Intussen het buitelanders, veral blanke Franse, die land uit gevlug en die ekonomie het grotendeels in duie gestort.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Wat vir die Ivoorkus geld, geld ook vir die sogenaamde Demokratiese Republiek van die Kongo wat omtrent so &ldquo;demokraties&rdquo; is soos die voormalige Duitse Demokratiese Republiek. Slegs enkele maande gelede het die EU die eerste verkiesing in 40 jaar in di&eacute; land ten bedrae van 500 miljoen euro geborg. Enkele weke lank was die Kongo Afrika se &ldquo;volgende demokrasie&rdquo; totdat burgeroorlog in die strate van die hoofstad, Kinshasa, uitgebreek het. Die stamgeweld wat reeds vier miljoen lewens ge&euml;is het, duur onverpoos voort.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Dit word dikwels ges&ecirc; dat Afrikane nie toekomsgerig leef nie. Mense op die kontinent bestaan van dag tot dag, daar vind nie veel beplanning plaas nie, vervoerstelsels word nie onderhou nie, boerdery word verwaarloos en vroe&euml;r of later breek daar &#329; krisis uit. Dan is dit tyd vir die VN en Westerse hulporganisasies om in te gryp.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">In 1980 was Zimbabwe Afrika se &ldquo;volgende demokrasie&rdquo;. Britse kommentators het lofprysinge aan Robert Mugabe geskryf en die historikus Thomas Pakenham het die land in die laat negentigerjare nog as &#329; model vir die w&ecirc;reld voorgehou deur te verwys na Mugabe se &ldquo;verdraagsaamheid teenoor etniese en rasseminderhede&rdquo;. Sedertdien het Mugabe in &#329; diktator ontaard wat etniese minderhede soos die Matabeles (hy behoort self tot die Sjona-stam) vervolg het, alle blankes uit sy land verdryf, hul eiendom gekonfiskeer en sy land se ekonomie vernietig het.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Desnieteenstaande is Mugabe &#329; maand gelede met volle eerbewys deur die EU te Lissabon by &#329; spitsberaad ontvang en word daar deur wyd gespekuleer oor Zimbabwe se &ldquo;terugkeer na demokrasie&rdquo; &ndash; asof daar ooit werklik demokrasie in daardie land geheers het. Maar in Afrika is daar altyd &#329; volgende demokrasie; hetsy die Ivoorkus, hetsy Kenia, hetsy die Kongo, hetsy Zimbabwe.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Ook Suid-Afrika, die mees ontwikkelde land in Afrika, is in die vroe&euml; negentigerjare voorgehou as die kontinent se volgende demokrasie. Mandela, &#329; eertydse kommunis en &#329; middelmatige prokureur wat tot die Xhosastam behoort, is deur die w&ecirc;reld opgehemel as die grootste leier sedert John F. Kennedy, Charles de Gaulle of selfs Julius Caesar.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Tans verkeer Suid-Afrika in die vroe&euml; fase van &#329; etniese magstryd tussen die magtige Xhosas en hul historiese mededingers, die Zoeloes, wat angstig deur die Afrikaners en die res van die land se blanke bevolking dopgehou word. Die kanse dat Suid-Afrika binne die afsienbare toekoms dieselfde paadjie as Zimbabwe gaan loop, is meer as vyftig persent.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Stamgebondenheid, asook &#329; tradisionele waardestelsel wat haas onversoenbaar met Westerse demokrasie is, verteenwoordig &#329; gegewe in Afrika. Nogtans sien bemoeisieke Westerse waarnemers, wat op die vasteland met sonbrandroom en muskietweerder toesak, telkens &#329; volgende demokrasie raak en is bereid om miljoene euro daarop te verwed.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Sedert die einde van die Koue Oorlog het demokrasie, asook verkiesings wat met buitelandse geld gefinansier word, een van die vernaamste oorsake van oorlo&euml; en stamgeweld in Afrika geword. Niks gaan egter die Westerse safarigangers met hul verkykers en veldgidse keer om demokrasie aan die naturelle te bring nie.<\/span><\/p>\n<p>  <!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/igrushki-93\">\u0434\u0435\u0442\u0441\u043a\u0438\u0438 \u0438\u0433\u0440\u0443\u0448\u043a\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/events\/3895974\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0434\u043e\u0447\u044c<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/danr0000.jpg\" width=\"70\" height=\"90\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>Gedurende die onlangse Keniaanse verkiesings is daar 600 mense dood. In Afrika waar miljoene mense soms omkom in etniese oorlo&euml;, volksmoord of hongersnood, is dit nie &#329; getal wat vir &#329; lang tyd onthou gaan word nie. Nogtans bevat die Keniaanse verkiesings wat met groot fanfare aangekondig is en ook deur waarnemers van die EU bygewoon is vir ons vele lesse.<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[154,1160,21092],"class_list":["post-1226","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt","tag-dan-roodt","tag-kenia-afrika-se-volgende-demokrasie","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1226","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1226"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1226\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1226"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1226"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1226"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}