{"id":12249,"date":"2012-03-22T07:47:51","date_gmt":"2012-03-22T07:47:51","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12249"},"modified":"2012-03-22T07:47:51","modified_gmt":"2012-03-22T07:47:51","slug":"franse-skieter-uitgerook","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12249","title":{"rendered":"Franse skieter uitgerook"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/03\/raid.jpg\" \/>Die Franse polisie het laat Woensdag &#8216;n aanval geloods op &#8216;n woonstel waar die vermeende moordenaar van sewe mense in die naam van Al-Kaida geskuil het, het amptenare ges\u00ea.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Drie harde ontploffings is gehoor in die suidwestelike stad Toulouse net voor middernag, het &#8216;n polisie-bron ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ek bevestig dat die aaval begin het,&#8221; het &#8216;n polisie-bron aan Reuters ges\u00ea. Die adjunk-burgemeester van Toulouse, Jean-Pierre Havrin, het ook bevestig dat die onderhandelinge ge\u00ebindig het en die aanval begin het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" title=\"Mohammed Merah\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/03\/merah.jpg\" \/>Die polisie het probeer om eers die 24-jaar-oue Mohammed Merah te oorreed om oor te gee, nadat hy deur die deur op hulle geskiet het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Merah is deur Frankryk se elitekommando RAID in sy skuilplek omsingel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Polisieversterkings het daarna op die toneel aangekom en owerhede het straatligte in die straat afgeskakel, &#8216;n gewisse teken dat optrede beplan word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit sal nie vir dae aanhou nie, as gevolg van fisiese en geestelike moegheid. Al die ervaring met waansinnige gewapende mans soos hierdie is dat hulle op &#8216;n sekere punt stop,&#8221; het die minister van verdediging, Gerard Longuet op TF1 televisie ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Wat ons wil h\u00ea, is om hom lewendig te vang, sodat ons hom voor die reg kan daag, weet wat sy motiverings is en hopelik uitvind wie sy makkers is, indien daar enige is,&#8221; het hy bygevoeg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Merah, wat aan die polisie-onderhandelaars ges\u00ea het hy is opgelei deur Al-Kaida op die grens van Pakistan, het ges\u00ea hy het drie Franse soldate doodgemaak verlede week en vier mense by &#8216;n Joodse skool in Toulouse Maandag, om die dood van Palestynse kinders te wreek en as gevolg van die Franse le\u00ebr se betrokkenheid in Afghanistan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Franse burger van Algerynse oorsprong, het Merah gespog dat hy die land op sy knie\u00eb gebring het en s\u00ea sy enigste spyt is dat hy nie in staat was om sy planne vir meer moorde uit te voer nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hy het geen berou nie, behalwe dat hy nie meer mense doodgemaak het nie en hy spog dat hy Frankryk op sy knie\u00eb gebring het,&#8221; het &#8216;n aanklaer, Francois Molins, wat deel is van die anti-terrorisme-eenheid wat die ondersoek lei, tydens &#8216;n nuuskonferensie ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Merah het reeds nog &#8216;n soldaat en twee polisiebeamptes ge\u00efdentifiseer wat hy wou doodmaak, het Molins ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hy het verduidelik dat hy nie selfmoord wil pleeg nie, dat hy nie die siel van &#8216;n martelaar het nie en dat hy verkies om dood te maak, maar om self te bly lewe,&#8221; s\u00ea die aanklaer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vroe\u00ebr, tydens &#8216;n seremonie by le\u00ebrbarakke in Montauban, naby Toulouse, het president Nicolas Sarkozy hulde gebring aan die drie soldate wat vermoor is. &#8216;n Vierde soldaat is steeds in &#8216;n koma.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;&#8216;n Franse soldaat ken die dood en weet dat dit hom in die gesig staar. Maar&#8230;dit was nie &#8216;n dood op die slagveld nie, maar &#8216;n terroriste-aanslag,&#8221; het hy ges\u00ea, voor die drie kiste waaroor die Franse driekleur gedrapeer was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die regse Marine Le Pen, &#8216;n mededinger vir die presidensi\u00eble kandidaatskap, het ges\u00ea Frankryk neem nie die oorlog teen Islamitiese fundamentalisme ernstig genoeg op nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar die leiers van die Joodse en Moslem-gemeenskappe het ges\u00ea die aanvaller was &#8216;n eensame ekstremistis en het &#8216;n oproep om kalmte en eenheid gedoen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sarkozy se hantering van die krisis kan &#8216;n deurslaggewende faktor in presidensi\u00eble verkiesing in April en Mei wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Immigrasie en Islam is die twee groot temas van Sarkozy en Le Pen, terwyl Hollande, die linkse kandidaat, &#8216;n anti-EU-veldtog voer om Moslemstemme te probeer wen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Frankryk se milit\u00eare teenwoordigheid in Afghanistan verdeel ook die twee hoofkandidate in die verkiesing. Hollande het ges\u00ea hy sal hulle teen die einde van hierdie jaar laat onttrek, terwyl Sarkozy die einde van 2013 in die oog het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Minister van binnelandse sake, Claude Gueant, het ges\u00ea die polisie het die IP-adres wat Merah gebruik het, ge\u00efdentifiseer want hy was reeds onder verdenking vir Islamitiese oortuigings. Merah wou ook die GPS van die YamahaTmax-motorfiets deur &#8216;n handelaar laat verwyder. Die handelaar het die polisie gekontak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons het geweet, en dit is waarom hy dopgehou is, dat hy na Afghanistan en Pakistan gereis het,&#8221; het die minister ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Merah se broer Abdelkader (27) is ook gevang. Hy word daarvan verdink dat hy &#8216;n netwerk van insurgente na Irak bedryf het, en dat hy kandidate gewerf en oorgestuur het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Plofstof is in die broer se motor gevind. Drie polisielede is tydens die skermutseling gewond.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Merah se prokureur, Christian Etelin, wat hom in verskeie klein misdade verdedig het, het ges\u00ea sy kli\u00ebnt het &#8216;n neiging tot geweld gehad n\u00e1 &#8216;n verblyf in die tronk en reise na Afghanistan en Pakistan wat dit vererger het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Daar was sy godsdienstige betrokkenheid, &#8216;n toenemende haat teen die waardes van &#8216;n demokratiese samelewing en &#8216;n begeerte om daarteen op te tree.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die minister, Gueant, kon vroe\u00ebr nie bevestig of Merah dood of lewendig is nie. Dit blyk dat die terroris by die woonstel se venster uitgespring het na sy dood.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" title=\"Joodse slagoffers Sandler, kinders en Miriam Monsonego\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/03\/miriam.jpg\" \/>Die Joodse slagoffers van die Ozar Hatorah-skool is Woensdag in &#8216;n aandoenlike seremonie in Jerusalem begrawe.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Leopoldt Scholtz het in Beeld sy linkse teorie van wit rassisme en &#8220;<a href=\"http:\/\/www.beeld.com\/In-Diepte\/Nuus\/Die-instinktiewe-afkeer-van-ander-20120321\">onverdraagsaamheid<\/a>&#8221; weer afgestof in &#8216;n artikel waarin hy suggereer dat &#8220;ver-regses&#8221; soos Breivik vir die voorval in Toulouse verantwoordelik sou wees.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti_partnerov\/17.05.2017\/aktsiya_za_chiste_dovkillya_startovala_v_harkove_i_oblasti\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Franse polisie het laat Woensdag &#8216;n aanval geloods op &#8216;n woonstel waar die vermeende moordenaar van sewe mense in die naam van Al-Kaida geskuil het, het amptenare ges\u00ea. Drie harde ontploffings is gehoor in die suidwestelike stad Toulouse net voor middernag, het &#8216;n polisie-bron ges\u00ea. &#8220;Ek bevestig dat die aaval begin het,&#8221; het &#8216;n &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12249\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Franse skieter uitgerook&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":12246,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-12249","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12249","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12249"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12249\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/12246"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12249"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12249"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12249"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}