{"id":12229,"date":"2012-03-20T05:21:55","date_gmt":"2012-03-20T05:21:55","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12229"},"modified":"2012-03-20T05:21:55","modified_gmt":"2012-03-20T05:21:55","slug":"bruin-en-swart-raak-slaags-in-grabouw","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12229","title":{"rendered":"Bruin en swart raak slaags in Grabouw"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>Die polisie sal voortgaan om Grabouw te monitor n\u00e1 rassebetogings oor onderwys uitgebreek het vroe\u00ebr in die dag, het die Wes-Kaapse polisie ges\u00ea.<\/p>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>Swart en bruin inwoners het mekaar gepak in &#8216;n <a href=\"http:\/\/www.iol.co.za\/news\/crime-courts\/cape-s-day-of-race-shame-1.1260118\">rassestryd<\/a> oor skole. Die swart inwoners kla hulle skool is oorvol en het gedreig om die bruin skool af te brand. Bruin inwoners het op hul beurt swartes gejag en waar hulle een te\u00ebgekom het, aangerand.<\/p>\n<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ao. November Filander het ges\u00ea die situasie in Grabouw is tans stil en geen voorvalle is aangemeld Maandagaand nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die polisie sal daar wees die hele nag en more die hele dag sal ons daar wees totdat alles uitgesorteer is.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maandagoggend is die N2-hoofweg by Grabouw gesluit nadat betogers die vloei van verkeer ontwrig het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kaptein Frederick van Wyk, het ges\u00ea &#8216;n groep mense het klippe in die oggend gegooi en die pad versper.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;N SABC-span is met klippe bestook, terwyl hulle op die toneel was vir die oggend se radionuus. Skokgranate en rubberkoe\u00ebls is gebruik om die skare uiteen te jaag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van Wyk het ges\u00ea byna 2000 mense het opgeruk na die Groenbergho\u00ebrskool.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die provinsiale departement van onderwys het ges\u00ea die betogers was lede van die Elgin Grabouw Civic Organisation, wat die optog beplan het in Grabouw Maandag, om &#8216;n memorandum van griewe aan die LUR vir onderwys Donald Grant te oorhandig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Organisasievoorsitter John Michels is aangehaal in die Cape Times: &#8220;As hy nie hier is om dit te ontvang nie, sal ons opmars na Kaapstad.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Umyezo Wama Apile gekombineerde skool in Grabouw is verlede week gesluit tot April as gevolg van onderrigonderbrekings. Die Xhosaleerlinge dring daarop aan om na die bruin Afrikaanse skool te gaan, omdat hulle skool te vol is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Civic organisasie-lede het by die skool twee weke gelede ingestorm om te eis dat &#8216;n nuwe skool gebou word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Grant het ges\u00ea die organisasie tree nie in die belange van die gemeenskap en sy kinders op nie. &#8220;Inteendeel, hulle streef die beskerming en bevordering van hul eie politieke belange na&#8221;, het hy ges\u00ea in &#8216;n toespraak wat voorberei is in Kaapstad.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Lede van die organisasie ontwrig skole, besighede en die algemene gemeenskap onder die dekmantel dat hulle die regte van leerders beskerm by Umyezo Wama Apile skool.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit was ten spyte van &#8216;n resolusie deur die provinsiale regering om &#8216;n nuwe skool teen 10 April te open.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Grant het ges\u00ea hy het ingestem om voorsitter Michels te ontmoet Sondag om &#8216;n plan en die pad vorentoe te bespreek, maar die vergadering het nie plaasgevind nie omdat Michels dit vir ure vertraag het, en toe op nuwe voorwaardes aangedring het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Wes-Kaapse regering s\u00ea &#8216;n permanente skool sal in Grabouw in die Overberg opgerig word sodra &#8216;n geskikte perseel beskikbaar raak. Die provinsiale minister van onderwys, Donald Grant s\u00ea hulle het &#8216;n stuk grond van die nasionale regering gevra, en wag nog op &#8216;n antwoord.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Geweld het gister uitgebreek toe die inwoners van die Slanghoeklokasie betoog het vir &#8216;n nuwe skool.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Wes-Kaapse minister van onderwys, Donald Grant s\u00ea sy departement gaan intussen agtien mobiele klaskamers oprig om verligting te bring aan die tekort aan klaskamers by die Umyezo Wama Apile gekombineerde skool.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/gordonua.com\/news\/localnews\/v-harkove-religioznaya-organizaciya-nezakonno-uderzhivala-narkozavisimyh-prokuratura-194121.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die polisie sal voortgaan om Grabouw te monitor n\u00e1 rassebetogings oor onderwys uitgebreek het vroe\u00ebr in die dag, het die Wes-Kaapse polisie ges\u00ea. Swart en bruin inwoners het mekaar gepak in &#8216;n rassestryd oor skole. Die swart inwoners kla hulle skool is oorvol en het gedreig om die bruin skool af te brand. Bruin inwoners &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12229\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Bruin en swart raak slaags in Grabouw&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-12229","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12229","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12229"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12229\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12229"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12229"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12229"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}